Skip to main content

Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan

Lees die Bybel deur saam met my op ‘n kronologiese wyse!

Eerstens, dankie aan almal wat gereageer het op my my 365 belofte reeks, beide met waardering en met voorstelle vir die toekoms.

Tweedens, die volgende onderwerpe en reekse is voorgestel en ek gee in hakies ‘n paar opsies wat julle kan uitoefen as julle iets anders wil doen as wat ek gaan voorstel:

  • Gebed
  • RCL teksrooster met geestelike gewoontes
    • (hier is ‘n reeks daaroor)
  • WAT is God se wil vir my lewe?
  • Hoe om te vas?
  • Waardestelsels
    • (ek sal dit deurlopend aanspreek)
  • Geloofsgroei
  • Spreuke
    • (ek publiseer binnekort by YouVersion ‘n 365 dag leesplan oor Spreuke; ek sal skakel stuur)
  • Openbaring
  • Beloftes vervleg met breër tema
    • (ek gaan hierdie roete volg)
  • Weer dieselfde beloftes doen
  • Kronologiese lees van die Bybel
    • (ek gaan hierdie roete volg)
  • Weer die Bybel van vooraf deur te lees met behulp van jou bydraes
    • (julle kan dit reeds hier doen of my nuwe reeks volg)
  • Jesaja (of Jeremia) behandel op dieselfde wyse as die beloftes
    • (ek het reeds begin met my beplanning daarvan, maar gaan dit eers later klaarmaak)
  • Wie is God?
    • (julle kan dit reeds hier bestudeer, ook oor ‘n jaar tydperk)
  • Die Ou Testament beter ontdek
    • (my nuwe reeks sal daarmee help)
  • Aktuele onderwerpe hanteer
    • (ek sal deurlopend aandag gee daaraan)
  • Wandel in die Woord, onderskeiding, meditasie en ‘n paar Ignatius praktyke neerlê
  • Reeks oor manne in die Bybel
  • Reeks oor vroue in die Bybel
    • (hier is ‘n paar artikels – ek sal dit in gedagte hou vir die toekoms))
  • God se karakter
    • (Ek gee reeds hier aandag daaraan)
  • Die storie agter die storie, dws meer historiese agtergrond
    • (ek sal in gedagte hou)

Derdens, ek het na lang oorweging besluit om weer die Bybel deur te lees saam met dié wat wil. Ek gaan dit hierdie keer kronologies doen, dws ons lees bv Job tussen Genesis 11 en 12, want dit is min of meer die tyd wat Job geleef het. Ek gaan die Bybel weer hoofstuk vir hoofstuk deurlees, een hoofstuk ‘n dag. Dit beteken die leesplan sal min of meer drie en ‘n half jaar neem, DV.

Laastens, ek oorweeg om van tyd tot tyd ‘n kort video te maak om op Sondae die week se leeswerk in te lei en vrae te beantwoord. Dit sal onderworpe wees aan die tyd wat ek beskikbaar het.

Wat jy nou moet doen om in te skakel.

  • As jy jou bydrae kry via die webtuiste bybelskool.com sal jy dit reeds van môre af ontvang. Jy hoef dus niks te doen nie. Dit sal opdaag! Anders kan jy hier inskryf.
  • As jy jou bydrae kry via Whatsapp sal jy via die nuwe community – Bybelskool.com – wat ek op Whatsapp gestig het die bydraes ontvang. Laat weet my as daar probleme is daarmee, want dit is ‘n nuwigheid vir my op Whatsapp. Ek moet dit nog leer ken. Jy kan ook direk daarby inskakel.

Geniet dit en baie seën met hierdie Bybelleesplan!

 

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda