Skip to main content

Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?

Woensdag hierdie week op die 9de September kom ons aan die einde van ’n besondere reis.

Sedert 22 Desember 2025 het ons saam deur die Psalms gebid. Dag vir dag het ons probeer om nie net die Psalms te lees en beter te verstaan nie, maar dit ook ons eie gebede te maak.

Ek wil graag by jou hoor: Het “Bid die Psalms” vir jou ’n verskil gemaak?

Dit sal vir my baie waardevol wees as jy net kortliks in die kommentaar hieronder op een of meer van die volgende vrae reageer:

  1. Het “Bid die Psalms” jou gebedslewe gehelp? Indien wel, hoe?
  2. Het dit jou verhouding met die Here of jou geestelike lewe op enige manier verdiep?
  3. Het dit jou gehelp om jou stiltetyd meer gereeld of meer sinvol te maak?

Jy hoef nie op al drie vrae te antwoord nie. Selfs net ’n sin of twee sal waardevol wees.

As jy iets uit hierdie reis deur die Psalms kan uitlig wat vir jou besonder betekenisvol was, sal ek ook baie graag daarvan wil hoor.

Baie dankie aan elkeen wat hierdie reis meegemaak het. Vir my was dit ’n voorreg om dag vir dag saam met julle die Psalms te lees, te oordink en te bid.

My gebed is dat die Psalms nie nou bloot aan die einde van ’n leesplan sal kom nie, maar steeds deel van ons gebede en ons daaglikse wandel met die Here sal bly.

Deel gerus jou ervaring hieronder in die kommentaar. Ek sal dit baie waardeer.

Ek sien ook uit na die reis met Matteus wat Donderdag begin. As jy die bydraes elke week in jou Inbox wil ontvang, kan jy hier inskryf: Skryf in op Bybelskool.com. As jy dit eerder per WhatsApp wil ontvang, kan jy hier aansluit: Sluit by die WhatsApp-leesplan aan.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Bid die Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar