Josua
Die boek Josua
Ek beplan om Josua in die eerste kwartaal 2018 hoofstuk vir hoofstuk deur te lees. Ek begin DV 17 Januarie 2018. Daarna beplan ek om Rigters deur te lees vanaf 21 Februarie 2018.
Die eerste bydraes gee vir jou ‘n inleiding op die boek. Daarna volg bydraes oor elke hoofstuk.
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Ek stel voor dat jy die volgende metodiek gebruik:
- LEES – Raak stil voor die Here. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte. Lees die teksgedeelte deeglik deur. Wat tref jou? Let op vir temas in die gedeelte. Wat sê dit van God? Wat sê dit van mense? Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een of meer sleutel gedagtes wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek geskryf het en dink na oor wat jou daarin tref.
- LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur die sleutel gedagte(s) wil sê. Waar raak hierdie gedagte(s) jou lewe in die praktyk? Wat vra dit van jou? Wat belowe dit vir jou? Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe?
- LEEF – Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid. Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.
Die proses sal gou só deel van jou manier van lees word, dat jy dit eintlik outomaties sal kan doen: lees, luister, leef.
View all posts in this series
- Bybelskool oor Josua en Rigters hervat 17 Januarie 2018 - December 6, 2017
- Die vervulling van die belofte - January 17, 2018
- Die leier Josua en die hoëpriester Eleasar - January 18, 2018
- Die viering van die Intog en Vestiging in die Psalms - January 19, 2018
- Twee fases: ‘n “platvee”-veldtog en ‘n “skoonmaak”-veldtog - January 22, 2018
- Die relatiewe waarde van argeologiese en historiese getuienis - January 23, 2018
- Josua in die res van die Bybel - January 24, 2018
- Josua 1 – Wees sterk, wees vasberade, veral in die uitvoering van die wetboek - January 25, 2018
- Josua 2 – Ragab se ontsag vir Jahwe spaar die verkenners se lewe - January 26, 2018
- Josua 3:1 – 5:1 – God lei Israel met ‘n wonder deur die Jordaan - January 29, 2018
- Josua 5:2-12 – Die Godsvolk word bevestig deur die besnydenis en die viering van die paasfees - January 30, 2018
- Josua 5:13-6:27 – Die Here self voer die oorlog teen Jerigo - January 31, 2018
- Josua 7 – Die Here wys met die nederlaag teen Ai dat sy heiligheid ononderhandelbaar is - February 1, 2018
- Josua 8 – Die Here oorwin Ai met leierskap en vernuf - February 2, 2018
- Josua 9 – Die Israeliete tree dwaas op, maar slim vang sy baas - February 5, 2018
- Josua 10 – Josua loop die suide plat in een deurslaggewende veldtog - February 6, 2018
- Josua 11:1-15 – Josua vee die grootste deel van Kanaän plat - February 7, 2018
- Josua 11:16-12:24 – Josua het die hele land ingeneem en as besitting aan Israel gegee - February 8, 2018
- Josua 13 – Josua kry die opdrag om die hele land te verdeel - February 9, 2018
- Josua 14 – Die verdeling van die land wes van die Jordaan begin met Kaleb - February 12, 2018
- Josua 15 – Juda kry hulle erfdeel met besondere vermelding van Kaleb en Aksa sy dogter - February 13, 2018
- Josua 16-17 – Josef kry hulle erfdeel met besondere vermelding van Selofgad se dogters - February 14, 2018
- Josua 18-19 – Die sewe ander stamme kry ook hulle erfdeel - February 15, 2018
- Josua 20-21 – Die asielstede en die stede van die Leviete - February 16, 2018
- Josua 22 – Die volk vind hulle identiteit en eenheid in die wet van God - February 19, 2018
- Josua 23 – Josua roep die leiers op tot gehoorsaamheid aan die Here - February 20, 2018
- Josua 24 – Die leiers en die volk word aan God self verbind in ‘n verbondshernuwing - February 21, 2018
Onlangse kommentaar