Skip to main content

Eksodus 35:1-36:1

Hulle hart en gees spoor hulle tot vrywillige offergawes aan

Teks en konteks

Die tafel is nou gedek vir die bou van die Tabernakel. Die Here se instruksies is volledig gegee in Eksodus 25-31. Die toorn van die Here oor die afvalligheid van die volk net die goue bulkalf is afgeweer deur Moses se bemiddeling in Eksodus 32-34. In die volgende ses hoofstukke van Eksodus 35-40 sal die uitvoering van God se opdrag dus gegee word, in baie opsigte ‘n herhaling van die gedetailleerde beskrywings in Eksodus 25-31.

Ek gee weer in tabelvorm die ooreenkomste, dié keer aan die hand van die orde van die uitvoering van die opdrag, sowel as die unieke bydraes wat hier geplaas is:

Die herhaling van die opdrag tot die hou van die Sabbat Eks. 35:1-3 Eks. 31:12-18
Die offergawes vir die Tabernakel Eks. 35:4-9 Eks. 25:1-9
Die versoek vir vakmanne en offergawes Eks. 35:10-29
Die hoof vakmanne vir die bou van die tabernakel Eks. 35:30-36:1 Eks. 31:1-11
Die volk bring meer as wat nodig is Eks. 36:2-7
Die bou van die tabernakel Eks. 36:8-38 Eks. 26:1-37
Die maak van die ark van die verbond Eks. 37:1-9 Eks. 25:10-22
Die maak van die tafel vir die offerbrood Eks. 37:10-16 Eks. 25:23-30
Die maak van die kandelaar Eks. 37:17-24 Eks. 25:31-40
Die maak van die wierookaltaar Eks. 37:25-28 Eks. 30:1-10
Die maak van die brandofferaltaar Eks. 38:1-7 Eks. 27:1-8
Die maak van die bronswaskom Eks. 38:8 Eks. 30:17-21
Die bou van die voorhof Eks. 38:9-20 Eks. 27:9-19
Die gebruikte metale Eks. 38:21-31
Die maak van die priesters se klere Eks. 39:1-31 Eks. 28:1-43
Die voltooiing van die tabernakel Eks. 39:32-43
Die tabernakel word opgeslaan en ingewy Eks. 40:1-33
Die teenwoordigheid van die Here vul die tabernakel Eks. 40:32-38

 

Oor die verskille met Eksodus 25-31

Ons lees hier nie van die lampolie offer soos in Eks. 27:20-21 beveel nie. Die uitvoering daarvan word eers in Lev. 24:1-4 aangeroer. Ons lees ook nie van instruksies van die daaglikse offers soos in Eks. 29:38-46 beveel nie. Die uitvoering daarvan word eers in Num. 28:1-8 aangeroer. Ons lees ook nie van die versoeningsoffer tydens ‘n sensus soos in Eks. 30:11-16 beveel nie. Dit word wel in Num. 1 aangeroer toe dit nodig geraak het. Ons lees ook nie van die voorbereiding van die gewyde salfolie en die wierookoffer soos in Eks. 30:22-38 beveel nie. Dit word wel in Num. 4:15-20 uitgevoer. Ons lees wel van die toewyding van Aäron en sy seuns soos in Eks. 29:1-37 beveel, hoewel dit weer in Lev. 8:1-36 herhaal word.

Die herhaling van die opdrag tot die hou van die Sabbat – Eks. 35:1-3

Die instruksies vir die hou van die Sabbatdag is gegee in Eks. 31:12-18 aan die einde van die reeks opdragte wat die Here vir Moses gegee het. Die opdrag om die Sabbatdag te vier funksioneer nou as inleiding tot die uitvoering van al die instruksies vir die bou van die Tabernakel. Selfs die bou van die Tabernakel, die heiligdom van God, mag dié ritme versteur nie. Moses reël dat daar selfs nie vuur gemaak mag word op die Sabbatdag nie, sodat almal kan rus, ook dié wat normaalweg vir kos op die tafel sou sorg.

Die offergawes vir die Tabernakel – Eks. 35:4-9

Op grond van die instruksies wat in Eks. 25:1-9 gegee is vir die tipe materiaal wat vir die Tabernakel nodig sal wees, word die volk nou vir vrywillige offergawes “vir die Here” gevra. Dit het goud, silwer, brons, blou, pers en bloedrooi wolstof, linne, bokhaar, rooigekleurde ramsvelle, gebreide tornynvelle, doringhout, olie vir die lampe, balsem vir salfolie en vir geurige wierook, oniks en die ander edelstene ingesluit.

Die versoek vir vakmanne en offergawes – Eks. 35:10-29         

Volgende aan die beurt was die versoek vir vakmanne wat met die bou van die tabernakel en die voorhof sowel as die maak van die onderskeie toebehore kan help.

Die volk het met oorgawe gereageer en vrywillig gawes gebring. Daar staan in die oorspronklike: “Elkeen wie se hart hom daartoe gebring het, en elkeen wie se gees hom daartoe aangespoor het, het gekom, en hulle het vir die Here ‘n wydingsgeskenk gebring vir die werk aan die Tent van Ontmoeting en vir al die dienswerk daaraan verbonde, en vir die heilige klere.

Die hoof vakmanne vir die bou van die tabernakel – Eks. 35:30-36:1    

Moses voer ook die instruksies van Eks. 31:1-11 rondom die twee hoof vakmanne, Besaleël en Oholiab, uit. Nie net is Besaleël deur die Gees van God toegerus vir sy werk nie, maar hy en Oholiab kon ook onderrig gee en ander oplei. Trouens in vers 34 se begin staan daar letterlik: “En die Here het dit ook in sy hart gegee om te onderrig.” Die kreatiwiteit van hierdie vakmanne was egter steeds onderworpe aan die instruksies van die Here. Alles moes gedoen word soos Hy dit in gedagte gehad het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda