Skip to main content

Hooglied 5:2-8

Verskillende behoeftes bring maklik verwydering

Na die vervulling van die seksuele liefde in die vorige hoofstuk, tref hierdie gedig ‘n mens ‘n bietjie met ‘n skok. Seks kan deur ‘n liefdesmaat as vanselfsprekend aanvaar word of ter wille van eie bevrediging gebruik word, en kan misverstand en verwydering bring. Seks kan ook deur ‘n liefdesmaat geweier word of weens verskillende behoeftes onvervuld bly, en dit kan eweneens misverstand en verwydering bring.

Maar, dit is juis die trefkrag van Hooglied, dat dit nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde besing nie, maar ook van die teleurstellings en verwyderings vertel, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan.

En dit is die essensie van die wysheid, en waarom dié boek in die Bybel ingesluit is – dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou. Liefhê is ‘n kuns wat nie net op ‘n onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook op ‘n emosionele volwasse ontwikkeling van die verhouding in terme van albei partye se behoeftes en begeertes.

Let op hoe ‘n omgekeerde patroon as in die vorige gedig gevolg word. Waar dit daar bewondering, uitnodiging en genot was, is dit nou bewondering, weiering/eie bevrediging, teleurstelling.

Die man kom na haar toe op ‘n tyd wat die vrou nie vir hom gereed is nie – sy het al geslaap. Sommige geleerdes dink sy droom die hele gedeelte van vers 2-8, maar ek dink die gedig dui doodgewoon daarop dat sy reeds in die bed en aan die slaap was. Hy maak haar wakker vol bewondering en begeerte vir haar, maar dit lyk asof sy voel dat hy haar gereedheid as vanselfsprekend aanvaar, en sy is daarom nie lus om haar voete weer vuil te maak nie (5:3). Voete was baie keer gebruik as ‘n verwysing na seksorgane.

Hy druk aanvanklik deur met sy pogings om haar tot die liefdespel op te wek, “steek sy hand deur die opening” (Hoogl 5:4), terwyl hy baie bewus is van sy eie seksuele gereedheid, uitgedruk met die metafoor van “my kop is nat van die dou, my hare is nat van die nag se klammigheid” (Hoogl 5:2 – duidelike seksuele taal), maar neem dan aanstoot aan haar aanvanklike weiering, en draai weg van haar af, ironies genoeg presies op die punt wat sy juis ontvanklik en gereed daarvoor raak, uitgedruk met die metafoor van die druppende mirre. Dit kan ook wees dat die gedig van ongelykheid in hulle seksuele bevrediging praat – dat hy bevredig word, en dan wegdraai, voordat sy volledig bevredig is.

Die vrou voel hoe die dood oor haar spoel – “Ek was so opgewonde …” kan beter vertaal word met: “Die lewe/asem het uit my gegaan” – en gaan om hom te soek. Sy wil die verhouding herstel, of soek ook seksuele vervulling, maar dit blyk nie so maklik te wees nie. Sy ervaar verguising (Hoogl 5:7 – metafoor van die wagte) en verwerping (Hoogl 5:9 – die afwesigheid of onbeskikbaarheid van die man). En sy ervaar die verterende gevoel van onvervulde liefde (Hoogl 5:8).

Die gedig sê dus dat verskillende behoeftes en benaderings tot misverstande en teleurstellings kan lei. Dit is juis in die erkenning hiervan, en die deurgesels en hantering daarvan, wat daar groei moontlik word in ‘n groeiende volwassewordende huweliksverhouding.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…