Skip to main content

Rut 3

God werk deur Naomi se strategie

Teks en konteks

Waar in die vorige hoofstuk Rut die inisiatief geneem het om kos op die lande te gaan optel, is dit nou Naomi wat verantwoordelikheid neem vir haar skoondogter. Sy werk ‘n fyn strategie uit om Rut se behoefte aan ‘n losser onder die aandag van Boas te bring.

Wanneer Boas die nag by die dorsvloer wakker word met Rut by sy voete, vra sy hom dan ook om haar onder sy beskerming te neem. En hy is onmiddellik gereed om sy deel te doen. Hy waarborg dit met die groot geskenk van gars wat hy met haar saamstuur huis toe.

Die spanning neem toe met die vermelding van ‘n familielid wat die eerste verantwoordelikheid het om as losser op te tree. Maar Naomi lei die volgende hoofstuk in met haar fyn waarneming dat Boas ‘n man met ‘n plan is en nie sal rus voor die saak afgehandel is nie.

Wat my tref is hoe hierdie fyn uitgewerkte strategie van Naomi, die uitvoering daarvan deur Rut en die reaksie van Boas alles meewerk om God se werk tot uitvoering te bring.

Boodskap en betekenis

Die tema van God se getrouheid en voorsiening word nou verder ontwikkel om in die rigting van ‘n omvattende verlossing te beweeg. Let op hoe Naomi binne die wetlike vereistes bly, maar Rut ook aanmoedig om haar beskikbaarheid vir ‘n huwelik op geen onseker wyse aan Boas te toon. Die feit dat sy by Boas se voete gaan lê, getuig aan die een kant van haar gewillige onderwerping aan sy besluit oor haar en aan die ander kant van ‘n sterk pleidooi vir sy beskerming en voorsiening.

Alhoewel haar optrede dalk vir ons riskant kan lyk, vorm dit deel van haar onwrikbare vertroue in God se plan vir haar lewe. Boas se reaksie op Rut se optrede openbaar sy onkreukbare karakter. Let op dat hy haar nie net prys dat sy nie jonger mans nagejaag het nie, maar veral dat sy eerder skuiling onder die vleuels van die God van Israel gesoek het. Haar toenadering het dus ‘n geestelike karakter gehad.

Dit is belangrik om daarop te let dat Rut se optrede met integriteit en reinheid van hart uitgevoer is. Hulle het nie iets onbehoorlik gedoen op die dorsvloer nie. In ‘n kultuur waar die suiwerheid en reputasie van vroue hoog aangeslaan is, is Rut se gedrag ‘n voorbeeld van haar toewyding om God se gebooie te eerbiedig, ook in haar verhouding met Boas.

‘n Mens kan in hulle interaksie ook iets sien van ons verhouding met die Here Jesus Christus. Net soos Boas Rut intrek in sy beskerming, doen die Here Jesus dit ook met almal wat by Hom skuiling soek. Boas se rol as ‘n bloedverwant-verlosser is ook ‘n voorafskaduwing van die uiteindelike verlossing wat deur Jesus Christus aan die kruis bewerkstellig is, waar Hy die prys vir ons sondes betaal het en ons verlos het uit die slawerny van sonde en dood.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…