Efesiërs
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Paulus se gevangeniskap – en pastorale briewe – Bybelskool vanaf 12 Januarie 2012 - December 9, 2011
- Handelinge 18:18-19:40 – God doen wonderbaarlike dinge in Efese - January 31, 2012
- Handelinge 20:17-38 – Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang - February 1, 2012
- Efesiërs 1:1-23 – God seën ons om alles in almal te vervul - February 2, 2012
- Efesiërs 2:1-22 – God woon in die gemeenskap van gelowiges - February 3, 2012
- Efesiërs 3:1-21 – God vervul ons met krag, geloof, liefde, insig, ervaring en Sy volheid - February 6, 2012
- Efesiërs 4:1-16 – Om saam in alle opsigte te groei na Christus toe - February 7, 2012
- Efesiërs 4:17-5:20 – Die Heilige Gees vervul ons om heilig en in liefde te leef - February 8, 2012
- Efesiërs 5:21-6:9 – Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek - February 9, 2012
- Efesiërs 6:10-24 – Soek julle krag in die Here en in sy groot mag - February 10, 2012
- Selfopofferende versus selfbevredigende liefde - July 5, 2016
Ronel Pistorius
Chris dit lyk of die link nain die eerste post na “Efese”onaktief is. Kan jy help asb. Obs groep wil graag met die studie begin. Jou Bybelskool is ‘n blessing vir ons.
Chris van Wyk
Hi Ronel. Dankie! Ek het die skakel so pas getoets en dit werk by my. Stuur vir my ‘n screenshot as dit weer gebeur dat ek kan agterkom wat gebeur. Al die skakels is hier: https://bybelskool.com/efesiers/