Skip to main content

Hooglied 4:1-5:1

In die tuin van liefde

Vandag lees ons ‘n aantal gedigte – veral van die man oor sy bruid, behalwe vers 16 wat die vrou se uitnodiging aan die man verwoord – wat uitmond in hulle seksuele eenwording.

  • Vers 1-7 is ‘n loflied (wasf) van die man op die skoonheid van sy lieflingbruid.
  • Vers 8 verwoord sy uitnodiging tot saamwees aan sy bruid, maar wat net op haar uitnodiging kan gebeur.
  • Vers 9-11 besing die bruid se impak op die man: “Jy het my hart gesteel”.
  • Vers 12 tot hoofstuk 5 vers 1 is die sogenaamde tuin-gedig wat op intieme wyse hulle seksuele eenwording beskryf.

Hooglied 4:1-7 – Jy is onweerstaanbaar mooi, my liefling

Die eerste sewe verse van Hooglied 4 vorm ‘n wasf. Dit is ‘n tipe Arabiese lofgedig waarin die fisiese eienskappe van ‘n geliefde beskryf word (soos Thousand and One Nights byvoorbeeld). Wasf in Arabies beteken dan ook beskrywing.

Daar is 5 van hierdie tipe gedigte in Hooglied, 4 oor die vrou en 1 oor die man:

  • Hierdie wasf – Hooglied 4:1-7 – beskryf die vrou van haar kop af ondertoe. Elke liggaamsdeel word met iets moois vergelyk.
  • In Hooglied 5:10-16 is ‘n wasf oor die man waar sy eienskappe ook van die kop af ondertoe, amper soos dié van ‘n god, beskryf word.
  • In Hooglied 6:4-9 is nog ‘n wasf oor die vrou, wat baie ooreenkomste met hoofstuk 4 s’n vertoon.
  • In Hooglied 7:1-5 is weereens ‘n wasf oor die vrou, wat haar van onder na bo beskryf.
  • In Hooglied 7:6-9 is die laaste wasf oor die vrou, wat haar ook van onder na bo beskryf.

Boodskap en betekenis

Let op dat die man haar skoonheid besing – haar hele lyf van bo na onder – om sy liefde vir haar te bevestig, asook om haar gerus te laat oor haarself: “aan jou is niks verkeerd nie” (vers 7). Telkens word ‘n liggaamsdeel van haar met iets moois of indrukwekkends vergelyk:

  • Haar is soos duiwe agter haar sluier, wat kan dui op die opregtheid van die liefde wat uit haar straal.
  • Haar hare is soos ‘n trop bokke wat waarskynlik dui op die golwende karakter daarvan. Die Gileadberge is oos van die Jordaan waar die stamme Ruben en Gad groot veetroppe aangehou het (Num 32:1).
  • Haar tande is so wit soos ‘n dubbele ry skoongewaste pasgeskeerde skape. Sy het nie net mooi tande nie, maar almal is nog daar!
  • Haar lippe is soos skarlakenrooi lint (vgl Ragab se bloedrooi tou in Jos 2:18), wat waarskynlik dui op grimering.
  • Haar voorkop (of wange) en nek word geaksentueer deur juwele (vergelyk met granaatpitte en skilde). Die Dawidstoring was blykbaar baie bekend in daardie tyd, hoewel ons nie vandag weet waarna dit verwys nie.
  • Haar borste is soos lammers wat tussen die lelies wei.

Haar aantreklikheid is vir hom soos ‘n bedwelmende geur, soos dié van ‘n mirreberg of ‘n wierookheuwel (wat ook metafore vir haar borste kan wees), wat hom onweerstaanbaar na haar toe trek.

Hooglied 4:8 – Kom ons wees saam

Hier word sy die eerste keer bruid genoem. Die hoë berge wat hier genoem word (Libanon, Amana, Senir, Hermon – almal in die noorde van Israel), is simbole van onbereikbaarheid, plekke wat leeus en luiperds uitkies waar hulle nie deur ander bereik kan word nie. Deur haar uit te nooi om saam met hom te kom, nooi hy haar uit tot die vervulling van hulle huwelik. Let op dat hy uitnodigende oorredende taal gebruik, en haar nie probeer dwing vanweë hulle verbintenis nie. Sy moet hom uit vrye keuse innooi.

Hooglied 4:9-11 – Jy het my hart gesteel

In hierdie gedeelte praat die man letterlik van haar as “my suster bruid” wat in die NAV met “my beminde bruid” vertaal is. Daarmee bedoel hy dat hulle liefde hulle nou familie maak, nie met bloedbande nie, maar met liefdesbande.

Sy het sy hart gesteel, wat aandui dat sy hom seksueel geroer het, met net een kyk van haar oë. Hy wil hom oorgee aan haar liefkosings, want dit is beter as wyn; haar lippe proe soos heuningstroop, haar tong soos heuning en dikmelk (vir baie ‘n lekkerny, hoewel dit nie presies in my smaak val nie!)

Die woord wat met parfuum vertaal is, dui eintlik op parfuum van die balsembos, ‘n plant uit Suid-Arabië, waarvan die duurste soort parfuum gemaak is. Dit het ‘n speseryagtige geur. Dat haar klere ruik na die Libanon is waarskynlik ‘n verwysing na die geur van sederhout, bome waarvoor die Libanon bekend was.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda