Skip to main content

Psalm 4

Verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!

Psalm 3 sluit duidelik aan by die tragiese verhaal van Dawid se vlug voor sy geliefde seun Absalom. Omdat dit voorkom asof die omstandighede van Psalm 3 en 4 dieselfde is, kan dit goedskiks wees dat Psalm 4 aan die hand van sy ervaring een van die aande na sy vlug uit Jerusalem gedig kon gewees het (vgl Ps 4:9 – “nou sal ek onbesorg gaan lê”) en Psalm 3 een van die oggende (vgl Ps 3:6 – “ek word ook weer wakker”).

Terloops: die woord Sela kom meer as 70 keer voor in ongeveer 40 van die Psalms, waarvan die eerste hier in Psalm 3 en 4 is. Die betekenis van die woord is onbekend, maar dit wil lyk asof dit ’n pouse in die lees of sing van die Psalm aangedui het, waarskynlik ’n teken vir die koorleiers en musikante. Ons moet dit dus eintlik nie lees of sing nie, maar ’n oomblik van stilte gee, as ons by die woord Sela kom.

Teks en konteks

Dawid begin die Psalm deur sy geloof en vertroue in God alleen te stel, al is daar baie teenstand van (naby)-mense wat dié geloof en vertroue bespotlik maak en eintlik hulle ongeloof demonstreer dat God enigsins kan optree. Dawid is oortuig dat die Here steeds wonders doen vir dié wat Hom daarvoor vertrou.

Vers 5 is waarskynlik ’n stukkie lewenswysheid wat Dawid neerpen – midde in sy gebed – wat ons leer dat ’n mens nie self negatief op ongelowige perspektiewe moet reageer nie, en op die Here alleen moet vertrou: “As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!“

Die uitsonderlike uitdagings in die lewe moet ons nie verlei om die normale dinge wat God van ons vra na te laat nie. Ons moet dié dinge bly doen, terwyl ons Hom vertrou vir die uitdagings.

Dan kan ons met oorgawe fokus op wat God gaan gee en bring dit rus in ons gemoed – soos Dawid sê – wat ons rustig laat slaap en veilig laat woon. En dink net – as dit waar sou wees dat Dawid dié gebed bid terwyl hy besig is om te vlug van Absalom – met hoeveel meer oortuiging jy in jou eie krisisse op hierdie vrede-gewende God kan staatmaak.

Boodskap en betekenis

Dit laat my dink aan Fil 4:6-9 wat ons aanmoedig om ons gedagtes te fokus op dit wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is, NADAT ons ons begeertes in alles aan die Here in gebed, smeking en danksegging bekend gemaak het. Dit is dan dat die vrede van God ons gedagtes en gevoelens in die regte rigting sal begelei!

Gebruik die Psalm om die konflikte in jou lewe voor die Here te bring en vir sy “glimlag” te vra, soos ’n mens vers 7 kan verklaar: “verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!” (NAV het “goedgesind”). God se verbond met ons is om selfs in die grootste uitdagings ons belange op die hart te dra en ons te seën. Al wat Hy vra is dat ons Hom sal vertrou.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…