Skip to main content

Spreuke 24:23-34

Prioriteite bepaal alles

Spreuke 24:23-25

Onthou dat daar 2 bundels van die gesegdes van die wyses in die boek opgeneem is direk na mekaar. Die eerste was Spreuke 22:17-24:22. Die tweede is nou Spreuke 24:23-34.

Die eerste bundel het 30 spreuke gehad van wisselende lengte. Die tweede bundel is ‘n kort addendum tot die eerste een met ‘n inleiding wat die band lê met die vorige bundel (Spr 24:23a) en 5 spreuke bevat. Dit werk veral met sinteses (“Iemand wat eerlik antwoord, is ‘n ware vriend.” – Spr 24:26).

Spreuk 1 – Partydigheid is onregverdig.

Partydigheid kom eintlik in alle verhoudings voor, waarin iemand voorgetrek word bo ‘n ander. Maar die onreg daarvan is veral wreed waar dit in die regshowe gebeur, waar ‘n regter partydig is vir ‘n skuldige en onskuldiges daaronder ly. Dit is nie reg nie, soos Spreuke so sonder ophef, maar helder sê.

Let op hoe só ‘n regter deur die hele bevolking verwens en vervloek word, sonder dat die impak op só ‘n persoon persoonlik uitgespel word. Die teendeel is egter waar van die seën en voorspoed wat regverdige regters sal ervaar. Dit sal vir almal sigbaar wees.

‘n Mens kan nie anders as om aan die partydigheid van Pilatus te dink in die verhoor van Jesus, waar hy die skuldige Barabbas vrygelaat het in plaas van die onskuldige Jesus, omdat hy die Joodse raad se guns wou behou (vgl Matt 27:15-26). Daar was die skare egter aan Pilatus se kant, opgesweep deur die Joodse leiers, en is hy nie verwens en vervloek nie.

Tog, die geskiedenis leer ons dat Pilatus se termyn as goewerneur waarskynlik kort na Jesus se dood beëindig is, hy in ballingskap gestuur is, en in 37 nC selfmoord gepleeg het. Dit is nou volgens die 1ste eeuse Joodse geskiedskrywer Josephus, die 4de eeuse kerkvader Eusebius, asook die 10de eeuse Arabiese geskiedskrywer Agapius van Hierapolis.

Spreuke 24:26

Spreuk 2 – ‘n Ware vriend is eerlik.

In die oorspronklike staan daar dat dié een wat eerlik antwoord, “’n soen op die lippe” is (1933/53-vertaling). Soos dit in die 1983-vertaling vertaal is: “’n ware vriend.” Die NCV vertaal: “An honest answer is as pleasing as a kiss on the lips.”

Herodotos, die Griekse geskiedskrywer uit die 5de eeu vC, vertel van ’n tradisie onder die Perse dat só ’n soen ’n teken van ware vriendskap is. ‘n Mens kan daarom nie anders as om die hele gebeure in Getsemane in herinnering te roep nie, waar die Seun van die mens juis deur so ‘n soen verraai is, waar Judas doelbewus ‘n vriendskapsgebaar gebruik het om Jesus te verraai (vgl Matt 26:49). Saam met die vorige spreuk, vorm dit ‘n interessante agtergrond vir die kruisverhaal van Jesus in die NT.

Spreuke 24:27

Spreuk 3 – Werk volgens die regte prioriteite.

Die ongemaklike waarheid is dat ‘n mens se harde werk ongedaan gemaak kan word, as jy nie met die regte prioriteite werk nie. Jy kan nie beplan om êrens te woon as jy nie eers ‘n werk het om jou daar aan die lewe te hou nie. Die orde is: bewerk eers jou lande, en bou dan jou huis. Dit is ‘n metafoor vir die nakom van die regte prioriteite wat in baie lewensverbande nagevolg kan word.

Spreuke 24:28-29

Spreuk 4 – Wees eerlik selfs al word jy te na gekom.

Weer word ‘n verwysing na die lippe gebruik om oor eerlikheid kommentaar te lewer.“Mag jy met jou lippe mislei?”, soos dit in die oorspronklike Hebreeus staan. Die waarskuwing geld selfs al is ‘n mens te na gekom. Vergelding of wraakgierigheid is nie deel van die wyse manier van lewe nie. Hierdie spreuk wys dus die misleiding met jou lippe – valse getuienis – sterk af.

Spreuke 24:30-34

Spreuk 5 – Armoede volg op luiheid en onverstandigheid.

Spreuke dink redelik baie oor armoede en wyt dit aan verskeie oorsake. Hier word ‘n sterk band tussen armoede en luiheid sowel as onverstandigheid getrek. Armoede is dus nie net aan eksterne invloede te wyte nie, ook aan interne motivering (of dan juis ‘n gebrek aan motivering!) en verkeerde keuses.

In samehang met spreuk 3 sien ‘n mens in die beskrywing van hierdie tipe armoede die gevolg van verkeerde prioriteite. Wanneer jy nie onkruid en bossies bestry nie, en jou wingerd verder beveilig deur ‘n klipmuur nie, dan kom jou armoede metafories aangestap, en oorval gebrek jou soos ‘n inbreker, sonder dat jy dit kan keer.

Vers 33-34 moet ’n mens eintlik vaslê in jou geheue: “Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou om uit te rus; dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos ’n gewapende man.”

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda