Skip to main content

Psalm 37

Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe

Hierdie Psalm is weer ’n akrostiese Psalm, soos Psalm 34 (kyk in die Ou Afrikaanse vertaling vir die Hebreeuse alfabet letters aan die begin van elke vers). Dit beteken dat elke opeenvolgende vers met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin. Dit is ook interessant dat vers 27-40 eintlik ’n uitbreiding van die gedagtes in vers 1-26 is, eintlik ’n herhaling, om die wysheid van die Psalm inhoud te beklemtoon.

Teks en konteks

Twee maniere van leef word in hierdie wysheidsPsalm met mekaar gekontrasteer, dié van die goddelose wat hom of haar nie aan God steur nie en dié van die gelowige wat dit wel doen – soos ons reeds in Psalm 1 gesien het. Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe. Dwaasheid is om Hom te probeer vermy en ignoreer, en God-loos te probeer lewe.

Dit is duidelik dat hierdie wyse woorde gerig word aan mense wat dit nie maklik het in die wêreld nie. Hulle lei onder skelms en skurke (vers 1, 7, 9), het te kampe met onregverdige beskuldigings (vers 6, 33), en ly onder verdrukking (vers 11). Goddeloses soek die regverdiges se ondergang en bedreig hulle lewe (vers 12, 32). Hulle wil die hulpelose en armes dood maak, dié wat die regte pad loop vermoor (vers 14). En die regverdiges ly gebrek (vers 19), en het nie baie om van te lewe nie (vers 16).

Daarom is dit een van die groot versoekings vir gelowiges – wat onder druk verkeer, en dan sien dat dit lyk asof dit goed gaan met die goddeloses, veral as hulle na hulle eie lewe kyk en moet rekening hou met die lyding wat soms gepaard gaan met getrouheid aan die Here – om self in opstand te kom en die reg in eie hand te neem (vgl Ps 73 wat diepsinnig voortborduur oor die donker versoeking hiervan).

Dit is in dié situasie wat die Psalm die wyse weg aandui.

En daar is vier hoofsake wat hy uitlig.

En die eerste boodskap is: VOLHARD – Getrouheid kos altyd baie … maar goddeloosheid kos volgens die Psalm uiteindelik meer – “Hy sien hulle dag kom (vers 13)! Volhard dus om die Here te dien en moenie van Sy pad afdwaal nie.

Die tweede boodskap is: VERTROU – Die wyse weg is om jou werk rustig te doen en die Here te vertrou (vers 3-4) wat belowe dat Hy jou die begeertes van jou hart sal gee (vers 5). Só ’n lewe sluit in om die kwaad te vermy (die weg van die goddeloses) en die goeie te doen (vers 27 en verder).

Eksterne faktore moet nie lei tot ’n versaking van die pad van die Here nie. Eerder ’n meer nougesette fokus op die handhawing nie net van die innerlike verbintenis aan die Here nie, maar ook die lewenstyl wat Hy van ons vra.

En die derde boodskap is: KOM TOT RUS – Bring jou hart tot rus voor die Here. Die groot gevaar volgens die Psalm is die emosies wat in jou opgewek word as jy jou lewe vergelyk met dié van die goddeloses. Daarom dat “in stilte” die Here vertrou moet word (vers7), nie kwaad en ontsteld geraak moet word nie (vers 7-8), omdat dit uiteindelik net ellende bring.

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend, en die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:6-7).

Die vierde boodskap is: GOD IS BESIG MET JOU – Die belydenis van die Psalmis is daarby dat die Here die koers bepaal van die mens met wie se pad Hy tevrede is, en dat Hy sulke mense ondersteun (vers 23). Dit is die Psalmis, Dawid, se persoonlike ervaring en ook sy waarneming van die ervaring van ander gelowiges.

Boodskap en betekenis

’n Hoogtepunt vir my in die Psalm is een van die redes wat Dawid uitspel, waarom die Here dit kan regkry om die regverdiges se pad te bepaal. En dit is dat die openbaring van sy God in sy hart is – dit is waarom sy koers nie onseker is nie (vers 31). Die Hebreeus lui eintlik dat die “wet van sy God in sy hart is”, dws dat dit die geskrewe Woord van God is wat ’n woonplek in sy hart gekry het, sodat dit uiteindelik sy hele lewe bepaal. Ons kan nie genoeg beklemtoon die sentrale rol wat die Woord speel in die geestelike weerbaarheid en koersvastheid van gelowiges nie. Die rol van die Bybel kan nie oorskat word nie!

Daarom kan God vertrou word, selfs al is daar teëstand van die goddeloses (vers 34). Hy gee eerbares ’n toekoms (vers 37), deur onder andere die toekoms van die goddeloses af te sny (vers 38).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda