Skip to main content

Psalm 123

Ons oë is gerig op God totdat Hy ons genadig is

Psalm 123 pas in ’n tyd waar worsteling oorgegaan het in ’n tyd van regstelling en herrangskikking. Die fokus op Jerusalem pas ook goed by 2 Samuel 5 se verhale. Dit is uiteindelik as een van die Pelgrimsliedere geklassifiseer. Daarom hanteer ek dit hier.

Teks en konteks

Hierdie Psalm gebruik die metafoor van ‘n huishouding waar daar ‘n eienaar en eienares is saam met slawe (meervoud) en slavinne (eintlik enkelvoud, want daar was waarskynlik minder vroulike slawe as manlikes) en plaas die geloofsgemeenskap in die skoene van die slawe. Hulle is volledig afhanklik van die genade van hulle eienaars. Hulle oë is gerig op die geringste beweging van die hand van hulle eienaars om bv. vir hulle kos te gee of in ander behoeftes te voorsien.

BELYDENIS: Só is ons ook totaal afhanklik van die genade van die Here, ons God, wat in die hemel heers. Dit is die geloof wat die pelgrims voor mekaar bely het. Dit is die erkenning waarin hulle almal hulle hoop vind in hulle verhouding met die Here.

GEBED: Maar, dit is nie net ‘n belydenis nie. Dit is ook hulle gebed. As ‘n mens weet dat jy van God afhanklik is, soos Jesus in die Bergrede ons ook geleer het, dán verander die kwaliteit van jou gebede. Dán weet jy dat goeie dinge altyd en alleen uit God se hand na jou toe kom.

Soos Psalm 145:15-16 later die prentjie van God sal inkleur: “15Die oë van almal is op U gerig, en U gee hulle kos op hulle tyd. 16U maak u hand oop en skenk u guns in oorvloed aan al wat leef.” Dit is die God wat ons dien!

Daarom bid hulle saam – oral op hulle reis, selfs in Jerusalem – dat God se genade oorvloedig sal wees oor hulle, veral waar hulle as gelowiges baie keer uitgelewer is aan mense wat hulle hooghartig minag en selfvoldaan spot: “Wees ons genadig … ons het meer as genoeg gehad van spotlag en minagting.” Presies waaroor dié spotlag en minagting gegaan het, word nie uitgespel nie, maar dit beteken dat elkeen van ons eintlik ons eie situasie daarin kan lees, soos inderdaad die pelgrims ook kon doen. En let op dat die Psalmis sê dat ons oë op God gerig is totdat Hy ons genadig is.

Boodskap en betekenis

Bely daarom jou afhanklikheid voor die Here en stort jou hart uit voor hom oor dié dinge wat ook jou keel vandag wil laat toetrek. En moenie ophou nie. Die Here sal luister en Hy sal jou deur enigiets dra. Laat jou oë gerig wees op die geringste handbeweging van die Here, ons Here, totdat Hy jou genadig is.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…