Skip to main content

2 Timoteus 2:1-26

Getrou aan Jesus Christus

Hierdie getrouheid aan die evangelie is ten diepste ‘n getrouheid aan die Here Jesus Christus self. In sy navolging van Hom moet hy ook ander volgelinge van Jesus aanstel wat saam met hom die pad van die evangelies enduit kan stap. Soos Paulus gedoen het met sy “seminarium” in Efese deur medewerkers en opvolgers op te lei, moet Timoteus dit ook in Efese doen.

Teks en konteks

Stel betroubare leiers aan – 2 Timoteus 2:1-2

Die Christelike lewe sentreer om Christus Jesus, nie net in terme van ‘n eie persoonlike verhouding nie, maar ook in terme van ons bediening en publieke betrokkenheid.  Timoteus word dus daaraan herinner dat hy sterk moet wees in die gemeente en gemeenskap deur die genade wat Christus Jesus aan hom verleen (2 Tim.2:1 – vgl. Ef. 6:10).  Daaruit vloei die opdragte wat Paulus aan hom gee voort, waarvan die eerste (2 Tim.2:2), die aanstel van betroubare leraars – nie net vir hom kan bystaan nie, maar ook kan sorg dat die waarheid van die evangelie nie in gedrang kom nie.  Die gemeente is immers die draers van die waarheid.  Let op hoe Paulus vir Timoteus motiveer in sy bediening met twee leidende metafore.

Werk as ‘n goeie soldaat van Christus Jesus – 2 Timoteus 2:3-13

Die eerste leidende metafoor kom uit die militêre wêreld, om sy deel van die ontberings vir die evangelie soos ‘n goeie soldaat van Christus Jesus te doen (2 Tim. 2:3).  Paulus gebruik die beeld waarskynlik omdat hy moet sterk staan in ‘n konteks van dwaalleraars en vastigheid en fokus moet bring vir die gemeente.  Hy vul dit aan met die metafore van ‘n atleet wat volgens die reëls moet meeding en ‘n boer wat ‘n deel van die oes as beloning kry.  Daarmee motiveer hy Timoteus nie net om sterk te wees nie, maar in sy ywer om reg te doen, ook die beloning in gedagte te hou wat God verseker vir hom sal gee.

Let op hoe Paulus dan terugkeer na die hart van die evangelie, Jesus Christus, wat nie net die Messias uit die geslag van Dawid was nie, maar uit die dood opgewek is.  Dit is die boodskap wat verkondig moet word.  Dit is die boodskap waaraan getrou gebly moet word, ten spyte van die ontberings.  Dit is die boodskap wat in die wêreld geglo moet word, sodat ons uiteindelik saam met Christus kan leef en regeer.

Vers 13 het ‘n ongelooflike belofte.  Waar vers 11 en 12 die deelname aan Christus se lewe en regering verbind aan ons volharding en bereidheid om ontberings te dra, sê vers 13 dat God se getrouheid groter is as ons ontrouheid(soos die wagtende vader van Lukas 15).  Selfs al faal ons langs die pad, sal Hy ons nie los nie, en ons nie verloën nie.  Groter liefde as dit, is daar nie!

Werk as ‘n goeie arbeider van God – 2 Timoteus 2:14-26

Die tweede leidende metafoor kom uit die arbeidswêreld, om hom tot beskikking van God te stel as ‘n arbeider wat hom nie vir sy werk hoef te skaam nie (2 Tim.2:15).  Paulus gebruik die beeld waarskynlik omdat Timoteus nie net bewus moet wees van wat die dwaalleraars verkondig nie, om hulle te kan teenstaan nie, maar ook moet weet waarop hy dan wel moet fokus.  Paulus sê dit is om die woord van God suiwer te verkondig, sodat die gelowiges se geloof kan groei en vir die goeie werke van God beskikbaar kan wees.

Vanuit hierdie suiwer verkondiging van die woord van die waarheid moet hy gelowiges help om op te hou stry oor woorde, en verkeerde idees, soos dié idee van Himeneus (1 Tim. 1:20) en Filetus, wat gesê het dat die opstanding (van die gelowiges) al reeds plaasgevind het (2 Tim.2:18).  Deur hulle te help om op die fondament te fokus wat God gelê het, sal hulle dit kan regkry om nie net die ongeregtigheid te vermy nie (2 Tim.2:19), maar om ‘n voorwerp van besondere gebruik in die hande van God te wees (2 Tim.2:20-21).  Paulus gebruik hier taal wat sterk herinner aan sy soortgelyke lering aan die Korintiërs (1 Kor. 3).

Saam met die suiwer verkondiging van die woord van die waarheid moet Timoteus ook let op sy eie lewe, en jongmens begeertes vermy deur te streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede saam met almal wat die Here uit ‘n rein hart aanroep (2 Tim.2:22).  Let op hoe hy steeds vriendelik moet wees met mense van wie hy verskil, hom moet instudeer om ander te kan leer, en bereid moet wees om onreg te verdra, omdat dit doodgewoon deel van die pad van ‘n gelowige is.

Boodskap en betekenis

Paulus gebruik sterk metafore om Timoteus tot aksie op te roep om aan die een kant sterk te staan in die stryd vir die evangelie teen die dwaalleraars (soos ‘n soldaat, atleet, en boer), maar aan die ander kant elke moontlike kans aan te gryp (soos ‘n arbeider) om die evangelie as die woord van die waarheid reg te verkondig. Hy mag nie net bekend staan vir die dinge waarteen hy is nie, maar ook vir die dinge waarvoor hy is. Dit is hoe hy getrou aan die Here Jesus Christus self sal wees.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…