Skip to main content

Psalm 3

God bring rus en vrede as ons Hom vra

Psalm 3 is duidelik geskryf teen die agtergrond van die hele ongelukkige geskiedenis tussen Dawid en Absalom (2 Samuel 13-15). Trouens, ‘n goeie saak kan uitgemaak word dat Psalm 3-7 klaagpsalms uit hierdie tyd is. Uit die interne gegewens lyk dit asof Psalm 3 een oggend in hierdie tyd gedig is, en Psalm 4 een aand. Let op Psalm 4:9 – “nou sal ek onbesorg gaan lê” – en Psalm 3:6 – “ek word ook weer wakker”.

Teks en konteks

Let op hoe Dawid vasgryp aan God nie net ten spyte van die verlede nie – sy gebrek aan optrede as ouer nie net teenoor Absalom nie, maar ook teenoor Tamar; die dinge het onder andere bygedra om Absalom op die verkeerde pad te plaas – maar ook ten spyte van die opstand van sy ander teëstanders wat sê dat God nie na hom sal luister nie. Dit verg moed en geloofsvertroue!

Hierdie tipe gebed bring God in beweging, wat nie net vir Dawid gemoedsrus gee sodat hy kan slaap nie, maar ook uiteindelik sy omstandighede verander, hoewel dit steeds nie ’n maklike pad was vir hom nie.

Let op hoe sy gebed en die verhoring daarvan uitmond in getuienis wat ook ander mense – dit is nou jy en ek – inspireer om hulp by die Here te soek.

Boodskap en betekenis

Ek dink ’n belangrike perspektief vir hierdie Psalm, is dat ’n mens dié Psalm kan bid, selfs al is jy medeverantwoordelik vir die negatiewe dinge wat in jou lewe gebeur. Soos Hassell Bollock in sy kommentaar sê: Life’s conflicts do not have to become the baseline of our existence. It can be our trust in the Lord (woorde effens aangepas – Psalms 1-71, 2015, 26).

Die Here luister na dié wat in Hom glo en sy teenwoordigheid opsoek, ongeag met watter geskiedenis hulle by Hom opdaag! Gebruik die Psalm as jou gebed vir God se beskerming en voorsiening teen jou vyande.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar