Skip to main content

Psalm 21

Die wens van my hart het U vervul

Psalm 21 is gebruik om die Here te loof vir gebedsverhoring soos dit in die oorwinning in die oorlog gebeur het. Dit pas dus ná ons Psalm 20 gelees het, veral as ‘n mens Psalm 21:3 (“Die wens van sy hart het U vervul”) met Psalm 20:5 vergelyk (“Mag Hy u gee wat u hart begeer”). Maar omdat, soos ek reeds geskryf het, die verwysing na die kroon van fyngoud in Psalm 21 met koning Milkom van die Ammoniete verbind kan word, beteken dit dat Dawid dié Psalm ná die sonde met Batseba geskryf het. Dit gee ‘n heel ander perspektief op die boodskap van die Psalm.

Teks en konteks

Gebedsverhoring oorheers die Psalmis se gedagtes in die eerste deel van dié Psalm: “Die wens van sy hart het U vervul “ en sy hart loop oor van blydskap oor die voorsiening van die Here (vers 2-8). Wat Dawid van God geglo het, dat Hy uitkoms kan gee, het nou inderdaad gebeur (soos met Psalm 20 voor gevra is).

Hy gebruik die beeld van “’n kroon van fyngoud” wat God op sy kop gesit het. Dit is moontlik ’n verwysing na die kroon van Milkom wat in die oorlog teen die Ammoniete gebuit is en deur Dawid oorgeneem is Dit was ‘n besondere kroon wat uit ’n talent goud gemaak is (ongeveer 30 kg swaar) en waarin ’n kosbare steen was (2 Sam 12:26-31; 1 Kron 20:2).

Die Here het dus nie net sy lewe verleng nie – ná die gebed om oorwinning oor die Arameërs én die gebed om vergifnis ná sy sonde met Batseba – maar hom in aansien laat styg by sy eie mense sowel as by sy vyande.

Die belangrike vir Dawid is egter nie soseer die oorwinning, of die lang lewe of al die ander voordele wat sy verbintenis aan die Here vir hom gee nie, maar die nabyheid van die Here self. Dit gaan nie oor die dinge van die Here nie, maar oor die Here van die dinge!

Dit maak Dawid vol vertroue dat God ook in die toekoms sy vyande sal verdelg, soos dit in die tweede deel van die Psalm uitgespel word (vers 9-14). Let op Dawid sy gebed dat die vyande verdelg word nie net gedoen word om Dawid en sy nageslag te beveilig nie, maar om die eer van die Here te beskerm. Selfs waar hy aandadig is daaraan soos met die verhaal van Batseba.

Boodskap en betekenis

Dawid se perspektief op God se eer is nog ’n belangrike rede waarom die vloek- en wraak-gedagtes so skerp geteken word in die Psalm. God se eer is bo alles belangrik (soos ons ook in die laaste deel van Psalm 18 gesien het).

Dink vandag na oor oorwinnings wat die Here in antwoord op gebed vir jou gegee het en loof Hom daarvoor. Dink ook na oor die wyse waarop God geëer word in jou lewe en gebede. Sy eer is belangriker as joune in die konflikte wat jy ervaar.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…