Skip to main content

1 Tessalonisense 1

Geloof, liefde en hoop energeer

Die eerste brief aan die Tessalonisense kom van Paulus, Silvanus (Silas se Latynse naam) en Timoteus wat so pas in Korinte aangekom het, soos ons in Handelinge 18 gelees het. Hulle het nuus gebring van die gemeente saam met vrae oor sekere aspekte van die evangelie. Paulus kon op sy medewerkers staatmaak om die gemeente – wat nog nie ‘n jaar oud was nie! – te versorg, maar daar was sekere dinge waaroor hulle ook raad en leiding nodig gehad het.

Teks en konteks

Paulus reageer in sy brief deur die gemeente te beskryf as een: “wat aan God die Vader en die Here Jesus Christus behoort”. In die oorspronklike Grieks staan daar letterlik “wat IN God …is”. En in hulle verbintenis aan God is hulle ook verbind aan alle ander gemeentes wat aan God behoort.

Dit is die eerste ding wat Paulus wil beklemtoon, want God is die spil waarom gemeentewees draai.

Paulus raak tweedens die tema van geloof, liefde en hoop aan en gebruik dit as beskrywing van ‘n Christelike lewe wat die moeite werd is (vgl 1 Tess. 5:8; Rom. 5:2-5; 1 Kor. 13:13; Gal. 5:5-6; Kol. 1:4-5)

Interessant is dat die orde van die woorde in die onderskeie briewe verskil, na gelang van die omstandighede van die mense waarvoor geskryf word. Hier is die klem van Paulus op die hoop, waaroor hy in verband met die wederkoms verder sal uitbrei. Die drie woorde word ook deur ander skrywers in die NT gebruik (Hebr. 6:10-12; 10:22-24; 1 Pet. 1:21-22).

Dit is ook een van die mees fundamentele beskrywings van die Christelike lewe. En wat spesifiek interessant is, is dat dit so aksievol en konkreet beskryf word:

  1. die werk van julle geloof,
  2. die inspanning van julle liefde en
  3. die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus.

Let verder op hoe vers 5-6 met die werk van hulle geloof te make het, vers 7-8 met die inspanning van hulle liefde, en vers 9-10 met die volharding van hulle hoop. Voorwaar nie net ’n kunstige manier om te skryf nie, maar ’n uitstaande samevatting van wat die Christelike lewe behels.

En deur hulle geloof, hoop en liefde word die Tessalonisense ’n voorbeeld vir al die gelowiges van Griekeland (vanuit die getuienis van die gelowiges in die provinsies Masedonië waar Tessalonika geleë is, en Agaje waar Korinte geleë is). Daarvoor dank Paulus God, omdat dit ’n kragtige getuienis is van die werk van die Heilige Gees.

Dit alles word verbind aan die wyse waarop die evangelie tot hulle gekom het:

  1. met woorde,
  2. met krag en die Heilige Gees, en
  3. met volle oortuiging.

Dit legitimeer dus ook Paulus-hulle se eie bediening, al was hy daar net vir drie weke. Gelukkig kon Silas en Timoteus verder in die gemeente bedien.

Soos die spreekwoord lui in Afrika: “jy kan nie met een vinger ’n vlooi knyp of ’n drom speel nie”. Die bediening is ’n gesamentlike onderneming. En hulle was nodig om daar Paulus se hande en voete te wees.

Op die koop toe het die gelowiges se reaksie bevestig dat God hulle liefhet en uitverkies het vir dié lewe.

Let op hoe die uitverkiesing hier aan God se liefde verbind word, en nie aan sy oordeel nie. Die uitverkiesing word sigbaar in die gelowiges se ontvanklikheid vir die evangelie, soos ons in Handelinge 13:49 gesien het: “Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.”

Die uitverkiesing is dus iets waaroor jy juig as jy dit sien, nie iets waaroor jy spekuleer as jy dit nog nie sien nie.

Let ook op dat daar ’n duidelike verandering in hulle lewens plaasgevind het. Hulle het hul afgode gelos om die lewende God te aanbid. Geen wonder dit het tot vervolging aanleiding gegee nie, want hulle bekering plaas ander mense voor ’n keuse.

Dit Trinitariese beskrywing van God regdeur die gedeelte val ook op. Soos Paulus-hulle saamwerk, doen God dit ook (of is dit juis andersom!).

Boodskap en betekenis

Die gloeiende beskrywing van hierdie gelowiges se ywer motiveer my in my eie volharding in geloof. As hulle so drasties en dramaties tot bekering kon kom en vir die Here kon begin lewe – na net drie weke se bediening! – dan spoor dit my aan om meer te doen met wat ek oor die jare van die Here (en ander gelowiges) ontvang het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.