Skip to main content

1 Samuel 31

Saul vat sy swaard, val daarin en sterf

In vervulling van Samuel se profesie uit die doderyk (1 Sam 28:19) sterf Saul en sy seuns in die oorlog teen die Filistyne. In die nasleep van Saul se dood, berei die verhaal die toneel vir Dawid se monargie voor. Ons lees hierna dieselfde verhaal uit die perspektief van die Kronis ná die ballingskap (1 Kron 10:1-12).

Teks en konteks

Hoe tragies sluit die verhaal van Saul nie af in hoofstuk 31 nie. Die Filistyne agtervolg hulle meedoënloos en maak Saul se seuns dood. Vreesbevange vir wat met hom sal gebeur, vat Saul in sy swaard, val daarin, en sterf. Hy pleeg dus selfmoord, hoewel in 2 Samuel 1 dit blyk dat hy nie suksesvol was nie, en ‘n Amalekiet moes vra om hom finaal dood te maak.

Saul en sy seuns sterf dus in die oorlog, en word vernederend vasgespyker teen ‘n muur. ‘n Koning met baie potensiaal wat nie die mas kon opkom nie, omdat hy nie bereid was om na God te luister nie.

Die Israeliete het hulle dorpe verlaat en gevlug met die Filistyne wat toe daar gaan woon het.

Die Filistyne het Saul se kop afgekap en hom van sy wapens gestroop. Hulle het boodskappers in hulle eie land rondgestuur om die goeie nuus vir almal te bring. Hulle het sy wapens in die tempel van die Astartes neergesit, sy kop aan die tempel van Dagon vasgemaak (1 Kron 10), maar sy lyk, en dié van sy seuns, het hulle teen die muur van Bet-San vasgeslaan.

Die mense van Jabes in Gilead se verbintenis aan Saul, vir wie hy in hoofstuk 11 bevry het, beweeg hulle om in sy dood ‘n laaste eer aan hom en sy seuns te bewys en hulle in Jabes te verbrand en die beendere onder die tamarisk by Jabes te begrawe.

Gewoonlik is lyke nie verbrand nie, hoewel Amos 2:1 daarna verwys as ‘n daad van minagting. In Saul se geval is die lyke verbrand, heel moontlik weens die tydsverloop voordat hulle begrawe is. Die normale gewoonte was om lyke te begrawe, nadat dit gewas en soms met speserye gesalf is.

Die pad was egter nou oop vir Dawid om deur die volk as koning bevestig te word.

Boodskap en betekenis

Die verhaal van Saul herinner ons aan die noodsaak van absolute gehoorsaamheid aan God, aan sy wil en opdragte soos Hy dit in die Woord en deur sy profete bekend maak. Ons mag nooit toegee aan ons eie wil of planne soos Saul nie, maar ons lewens aan God onderwerp, soos Dawid, al kos dit ons baie ontberings.

Saul se verhaal onderstreep ook dat sonde en ongehoorsaamheid gevolge het. Hoe jammer dat Saul nie die pad van bekering en vergifnis kon vind nie. Soos Dawid inderdaad gedoen het, al het hy ook op gruwelike wyse gesondig.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…