Skip to main content

Psalm 41

Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed

Die onderwerpe van siekte, sonde, vyandigheid en vervreemding verbind Psalm 41 tematies aan Psalms 38-40. Dit fokus op die beproewing van kwaadwilligheid en verraad en die vrymoedigheid wat barmhartig teenoor die swakkes ‘n mens gee in jou verhouding met God.

Teks en konteks

Vers 1-4

Die Psalm begin met ’n saligspreking: “Dit gaan goed met die mens wat omsien na die swakke (of arme)”, waarmee Dawid implisiet daarop staatmaak dat dit van hom geld, hoewel hy dit nie in soveel woorde sê nie. Dit was immers een van die hoofopdragte aan die koning om vir die armes en swakkes om te gee, en Dawid aanvaar dat dit bekend was van hom.

Só ’n persoon – iemand wat omgee vir ander in hulle nood – kan met reg na God gaan in sy eie tyd van nood, en om hulp smeek. Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed.

Dawid spel vier dinge uit waarvoor hy dus met vrymoedigheid bid, wat nie net is 1) dat die Here só ’n mens sal red op die dag van nood nie (vers 2), maar ook dat God só ’n persoon 2) publieke erkenning sal laat geniet, 3) beskerming van vyande sal gee (vers 3), sowel as 4) persoonlike genesing in siekte (vers 4).

En dit is veral met die laaste twee aspekte – die persoonlike en publieke impak van ’n omgee-lewe – waarmee die Psalmis verder in sy gebed worstel en om God se genade vra. Let op dat hierdie vrymoedigheid steeds afhanklik bly van God se genade, soos die res van sy gebed wys.

Vers 5-10

Let op hoe Dawid in hierdie deel van sy gebed belydenis van sy sonde doen, terwyl hy om genesing van sy siekte vra. Hoewel hy nie uitbrei oor sy sonde nie, bely hy dat dit – soos alle sonde – iets is wat sy verhouding met God in gedrang bring. Hy wil nie net genesing hê nie, maar veral dié verhouding herstel hê, terwyl hy ook vra vir verlossing van die venyn van sy vyande, selfs van ’n boesemvriend wat hom in die rug gesteek het.

Vers 11-14

In hierdie deel van sy gebed maak Dawid weer staat op sy onskuld, spesifiek in verhouding met sy vyande. En vra dat die Here hom in staat sal stel om wraak te neem teen sy vyande. Dawid bly getrou aan sy perspektief, dat hierdie vyande nie maar net vir hom wil bykom nie, maar in wese vyande van die Here is. Daarom wil hy teen hulle optree, iets wat natuurlik, soos ons al vroeër gesê het, met Jesus se radikale vyandsliefde verander is.

Boodskap en betekenis

Jesus haal vers 10 aan in sy voetewas gesprek met sy dissipels met verwysing na Judas (Joh 13:18). Waar Dawid dus vir verlossing van hierdie boesemvriend gevra het, het Jesus juis die pyn van verguising en die kruis aanvaar, sodat hy selfs vir die vyandskap van vriende verlossing kan bring. Iets om – aan die einde van die eerste boek van die Psalms (1-41) – oor na te dink!

Die Psalm eindig met ’n doksologie: “Amen, ja, amen” waarmee nie net die Psalm nie, maar ook die eerste Psalmboek (1-41) afgesluit word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda