Skip to main content

Hooglied 4:12-5:1

Kom ons word dronk van die liefde

Hooglied 4:12-5:1 is ‘n “tuingedig” wat hulle seksuele eenwording vier. Dit word in drie dele verdeel: 1) sy bewondering van haar – Hooglied 4:12-15; 2) haar uitnodiging tot die liefde – Hooglied 4:16; 3) sy aanvaarding daarvan – Hooglied 5:1. Hoewel dié gedig die eerste seksuele ervaring tussen dié man en vrou beskryf, bly dit van betekenis vir hoe die liefde tussen ‘n man en vrou werk: bewondering, uitnodiging, genot.

Bewondering – Hooglied 4:12-15

Die man vergelyk die vrou, sy suster-bruid, hier met ‘n tuin (toegemaak) en ‘n waterbron (afgekamp). Dit dui op haar begeerlike kosbaarheid vir hom sowel as haar eksklusiewe afsondering vir haar man. Sy is sy private tuin, wat ommuur is, ‘n fontein wat afgekamp is teen onbeheerde toegang. Sy is dus net bedoel vir haar man, en hy vir haar. En hy verseker haar daarvan, laat haar veilig, gekoester, en waardevol voel.

Haar liggaam is vir hom ‘n lushof. Die struike wat hier genoem word, was almal bekend vir hulle geure, hoewel meesal uitheems: nardus (Indië), saffraan (Griekeland), kalmoes (Indië – die wortels van dié plant is gebruik in geregte, en het ‘n bedwelmende uitwerking, met ‘n effe bitter smaak – vgl ook Jer 6:20; Eks 30:23 wat ‘n kultiese gebruik daarvan aandui), en kaneel (Sri Lanka). Dit word saam met die lekkerruik-kruie, mirre en aalwyn (soos mirre, ook gebruik vir sy genesende eienskappe), gebruik om die aantrekkingskrag van haar liggaam vir die man te beskryf.

Let op dat die vrou nou nie net ruik soos en na parfuum nie. Sy ís nou die parfuum vir hom. Die verwysing na die borrelende fontein dui waarskynlik op haar gereedheid vir seksuele verkeer.

Uitnodiging – Hooglied 4:16

Die woord vir “wakker word” is dieselfde woord waarmee sy die vroue van Jerusalem gewaarsku het om nie die liefde aan te wakker voordat albei partye daarvoor gereed is nie. Sy is egter nou gereed daarvoor. Die wind van die noorde en suide wek die liefde op en maak hulle gereed vir mekaar. Die skrywer gebruik doelbewus nie die ander woord vir wind, ruach, wat ook vir die Gees van God gebruik kan word nie. Daarmee word gekommunikeer dat seks nie ‘n goddelike of sakramentele daad is nie, maar die vervulling van die huweliksverbintenis.

Genot – Hooglied 5:1

Die afwagting vir en begeerte na die vervulling van hulle liefde bereik nou ‘n hoogtepunt. Die man pluk die kosbare kruie, eet sy lekker vars heuning, en drink sy wyn en melk – pragtige metafore vir die seksuele eenwording tussen die man en sy vrou. Dit is vir die man so lekker dat hy sy vriende aanraai om dit self te probeer: “word dronk van die liefde”.

Wat verkeerd gegaan het in die tuin van Eden, loop nou reg in die tuin van die liefde. Waar Adam en Eva van die verbode vrugte geëet het, kan hulle die vrugte van die liefde sonder skaamte en in oorvloed geniet.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda