Skip to main content

2 Kronieke 31:2-21

Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig

Nog is Hiskia egter nie klaar nie. Die tempel en die feesvieringe kon nie volhoubaar bestaan sonder dat die tempelpersoneel bemagtig word vir die bediening en versorg word in die proses nie. En hy gebruik die voorskrifte van die wet om orde te bring in die godsdiensbeoefening.

Teks en konteks

Daarom neem Hiskia dit op hom om die pligstate van die priesters en Leviete afdelingsgewys saam te stel om vir die funksionering van die tempel verantwoordelikheid te neem. Dit sluit in:

  • die brandoffers (volledig verbrand om versoening te bring),
  • die maaltydoffers (’n deel geoffer vir die Here, ‘n deel geniet deur die tempelpersoneel, en die res deur die familie en vriende van die persoon wat die offer gebring het),
  • die algemene diens (administrasie, skoonmaak, voorbereiding van allerlei en so meer),
  • die belydenis (in die grondteks staan eintlik “diens” wat waarskynlik dus eerder een of ander vorm van “bediening” of “berading” was, in Engels “to minister”) en
  • die lofprysing in die poorte van die “woning van die Here.”

En Hiskia sorg dat die tempelpersoneel versorg word soos die wet dit voorgeskrywe het. Daarvoor dra die koning self uit sy persoonlike besit by, maar roep ook die hele Israel om vrygewig die eerste opbrengste van hulle oeste en die tiendes van alles te bring.

En let op dat die onderhoud gemik was daarop om die priesters en Leviete vry te stel: “sodat dié hulle aandag kon gee aan die uitleg van die wet van die Here.” Presies soos die twaalf apostels dit uiteindelik in die eerste Christelike gemeente van Jerusalem sou reël, met die sewe manne wat deur die gemeente aangestel is om aandag te gee aan die versorging van die weduwees sodat die apostels: “ons aandag aan gebed en die bediening van die woord,” kan bly gee (Hand. 6:4).

Dié beginsel van die vrymaking van die “tempelpersoneel”, die bedienaars van die Woord in Nuwe Testamentiese konteks, kom dus van ver af! Wys ’n mens net weer hoe ’n mens eintlik nie die NT kan lees sonder om die OT telkens by te trek om die NT in konteks te kan uitlê nie.

’n Groot hoeveelheid goedere is oor die 5 maande van die insameling bymekaargemaak, sodat daar hope en hope oorgebly het, om vir ander doelwitte te gebruik. Die groot hoeveelheid gawes uit die eerste opbrengste en die tiendes wat oorgebly het, selfs ná die noodsaaklikhede daarmee bedien is, was ’n getuienis van die seën van die Here: “Die Here het sy volk geseën, daarom is daar so ’n massa goed oor.” Met die groot oorblyfsel is toe kamers aan die tempel aangebou en toewysings gegee aan die ampsgenote op ’n billike manier.

Let op die jong ouderdom waarop kinders al ingetrek is hierby, soos ons reeds met Samuel gesien het.

Met dié groot werk van Hiskia afgehandel, was die tafel gedek vir die hantering van die konflik van die Assiriërs wat regdeur nog ’n bedreiging was. Want met die diens aan God herstel, kon hulle staatmaak op God se hulp.

Hiskia was regtig ’n groot koning wat gedoen het wat goed en reg en eerbaar was in die oë van die Here sy God. Hy het met sy hele hart gevra na die wil van sy God en was daarom voorspoedig. Dít is die oordeel van die Kronis.

Boodskap en betekenis

Daar is ‘n tyd vir ‘n soepel benadering tot die wet om ‘n spesifieke situasie te hanteer, soos ons in die vorige hoofstuk gesien het met die tyd van die viering van die Paasfees en die wyse waarop dit gedoen is. Maar, die vaste voorskrifte is ook daar vir ‘n doel, en dit is om orde en goeie praktyke te vestig in die diens van die Here. Daarom gebruik Hiskia die voorskrifte in die vestiging van die tempeldiens.

Ons sien albei hierdie kante in 2 Kronieke 30-31.

Soos ons dit sien in die NT bedeling waar Jesus aan die een kant sê dat elke stukkie van die wet nagekom moet word (Matt 5:17-20) en Hy eintlik die eise van die wet radikaliseer (begeerte is alreeds ‘n oortreding van die sewende gebod op egbreuk).

Maar, terselfdertyd mense genees op die Sabbatdag, omdat dit geoorloof is om op die Sabbat goed te doen (Matt 12:12).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…