Skip to main content

2 Samuel 14

Die verhouding tussen Absalom en Dawid word herstel, maar sonder werklike berou

Joab, seun van Dawid se suster Seruja, bewerk versoening tussen Absalom en Dawid op ‘n manier wat herinner aan die storie wat Natan gebruik het in hoofstuk 10 met Dawid se sonde met Batseba. Hoewel Dawid aan die versoek toegee dat Absalom weer mag terugkom, neem dit twee jaar voor hy met die verdere bemiddeling van Joab voor sy pa mag verskyn. Let op hoe berekend Absalom optree met die verbranding van Joab se stuk land om hom te dwing om op te tree.

Teks en konteks

Absalom was die derde oudste seun van Dawid en Maäga, dogter van koning Talmai van Gesur. Weens die moord op die oudste seun, Amnon, en die feit dat die tweede oudste, Kilab (2 Sam 3:3; hy word Daniël in 1 Kron 3:1 genoem), nooit ‘n rol speel in die verhaal nie – vermoedelik omdat hy gesterf het – was Absalom nou die volgende in die ry om sy pa op te volg.

Absalom het egter vir drie jaar by sy oupa, Talmai, in Gesur gaan woon wat die opvolging in die wiele sou ry. Joab het besef dat Dawid na sy seun verlang en beraam ‘n plan om Dawid te oorreed om Absalom terug te laat kom.

Sy plan herinner nogal aan Natan se gelykenis. Hy het ‘n vrou na Dawid gestuur met ‘n opgemaakte storie oor haar twee seuns waarvan die een die ander in ‘n stryery doodgemaak het. Sy vra toe dat Dawid tussenbeide tree, wat hy wel bereid was om te doen.

Toe sy al hoe dieper in die opgemaakte storie inbeweeg, kom Dawid agter dat dit eintlik op hom betrekking het, en dat Joab daaragter is. Hy laat dus wel toe dat Absalom kan terugkom, maar lê hom ‘n beperking op dat hy nie in Dawid se teenwoordigheid mag kom nie.

Die skrywer brei dan uit oor Absalom se aantreklikheid en die aansien wat hy onder die volk gehad het. Die verwysing na sy groot bos hare laat ‘n mens natuurlik besef dat die detail nie om dowe neute verskaf word nie, want dit alles sal later ‘n rol speel in die ontvouende verhaal.

Dit neem egter nog twee jaar voor Absalom met die verdere bemiddeling van Joab voor sy pa mag verskyn nadat hy op berekende wyse Joab se stuk land aan die brand gesteek het om hom te dwing om op te tree.

Absalom is dus uiteindelik met sy pa Dawid versoen, maar die basis is reeds geskep vir sy toekomstige rebellie.

Boodskap en betekenis

Aan die een kant kan ‘n mens hierdie verhaal lees uit die hoek van die belang van vergifnis en herstel van gebroke verhoudings. Joab probeer sy bes om dit te bewerk, en slaag uiteindelik daarin. Dit kan ons aanmoedig om dieselfde in ons eie verhoudings te doen, soos Jesus ons in die NT ook aanspoor, sewe maal sewe keer op ‘n dag (Luk 17:1-10).

Aan die ander kant is dit ook duidelik dat Absalom ‘n berekende rol speel en eintlik net sy kans afwag om teen Dawid op te tree, soos ons in die volgende hoofstuk gaan sien. ‘n Mens moet dan raaksien in die lering van Jesus oor vergifnis dat daar berou moet wees, anders bly die vergifnis eensydig en herstel dit nie die verhouding nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…