Skip to main content

Deuteronomium 2

God gee die land vir sy volk soos Hy eeue lank vir ander nasies doen

Teks en konteks

Moses gee ‘n oorsig oor God se geskiedenis met hulle – Deuteronomium 2:1-19

Moses sit sy oorsig van God se geskiedenis met die volk voort in hoofstuk 2 tot 3. Hy begin by die onlangse geskiedenis waar hulle van Seïrberg noordwaarts getrek het in opdrag van die Here om die beloofde land in te neem, ingebed in sy verwysings na God se sorg in die vroeëre geskiedenis van die omswerwinge deur die woestyn (Deut. 2:1-19).

Dit val op dat Moses beklemtoon dat Israel nie in oorlog moet tree met dié nasies wat steeds op sy beskerming in terme van hulle grondgebied kan staatmaak nie. Israel mag net dít in besit neem wat deur die Here self aan hulle gegee is in belofte. Hulle moet selfs konflik oor kos en water vermy ter wille van goeie verhoudinge. Die Here was in staat om vir hulle te sorg soos Hy onomwonde in hulle geskiedenis bewys het. Hy het immers sy oog oor hulle gehou in die groot woestyn.

Moses vertoef nie op die detail van die reis nie. Daarvoor moet Numeri geraadpleeg word. Moses wil net sy punt maak dat Israel op God se sorg kan vertrou en Hom daarom moet gehoorsaam. God se optrede teen die eerste geslag wat Hom nie vertrou het nie moet die tweede geslag motiveer om nie in dieselfde strik as hulle ouers te val deur hulle teen die Here te verset nie.

Jy kan Moses se beskrywing hier vergelyk met die geskiedenis wat opgeteken is in Numeri 20:14-21 en 21:10-20 aan die hand van my vroeë bydraes by bybelskool.com waarin meer inligting oor Edom, Moab, en Ammon verskaf is:

  • Numeri 20 – God se soewereine transformasie troef ongehoorsaamheid en onbarmhartigheid
  • Numeri 21 – God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou

Moses motiveer die gawe van die land as deel van sy sorg vir alles en almal – Deuteronomium 2:20-33

Moses motiveer dié opdrag tot die Intog dus in die wyse waarop God reeds eeue lank met die ander nasies gewerk het. Die verskuiwings en verplasing deur die eeue was telkens God se werk (Deut. 2:20-23). Alle land is dus gawes van God, gawes wat Hy ook kan terugneem waar dit nie in gehoorsaamheid aan Hom hanteer word nie.

Vandag bring Ek skrik en vrees vir jou oor al die volke op die aarde – Deuteronomium 2:24-37

Só het Israel daarom ook die gebied van die Amoriete onder koningskap van Sihon (Deut. 2:24-37; vgl. Num. 21:21-31) deur die leiding van die Here ingeneem wat uiteindelik vir die stamme Ruben, Gad en die halwe Manassestam gegee is oos van die Jordaan (Deut. 3:12-20; vgl. Num. 32:1-42). Dieselfde was die geval met die gebied koning Og van Basan (Deut. 3:1-11; vgl. Num. 21:33-35).

Daarmee sou die Here skrik en vrees vir Israel bring oor al die volke op die aarde. Nie soseer omdat hulle so ‘n magtige volk was nie, maar omdat hulle God so magtig is. Daaroor sal Moses later nog verder uitbrei (Deut. 4:37-38; vgl. Deuteronomium 7:7: “Die Here het jou nie liefgekry en gekies omdat jy groter was as die ander volke nie, jy was die kleinste van almal.”).

Boodskap en betekenis

Moses sal in hoofstuk 4 kom by die punt wat hy hiermee wil maak, dat hulle na die Here moet luister in beide sy openbaring in hulle eie geskiedenis as in die wet, voorskrifte en bepalings wat Moses die afgelope paar dekades aan hulle deurgegee het. Sy belofte word deur gehoorsaamheid in ontvangs geneem.

Hy sal dit alles weer saamvat vir hulle in die herhaling van die Tien Gebooie in hoofstuk 5 waarmee Moses sy tweede preek sal inlui en waarna die wet en sy voorskrifte tot by hoofstuk 11 verder uitgelê sal word. Meer spesifieke bepalings sal in die tweede helfte van daardie preek aan die orde kom word van hoofstuk 12 tot 26.

  • Wat is die kern van die boodskap van dié hoofstuk vir jou dag en lewe – insigte, beloftes, of opdragte?
  • Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda