Bybelskool

Geen Ander Evangelie – Pinkster 2017 Blancogemeente George

Blancogemeente in George het my genooi om Pinkster te hou aan die hand van die oorhoofste tema: “Kyk na die Woord“. In my voorbereiding het ek begin fokus op die brief aan die Galasiërs. Groot was my opgewondenheid toe ek agterkom dat die sentrale boodskap van die Reformasie rondom die vyf solas duidelik in die brief van Galasiërs ingebed lê:

Daarom gaan ek dit as uitgangspunt gebruik vir die prediking vir Pinkster 2017 soos in my preektemas hieronder gesien kan word. My gebed is dat ons almal saam Paulus se boodskap hierdie Pinkster goed sal hoor. Daar is geen ander evangelie nie. Solum Euangelium.

GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie – Solum Euangelium
GALASIËRS 2 – Christus leef in my – Solus Christus
GALASIËRS 3 – Ons is kinders van God deur geloof – Sola Fide
GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura
GALASIËRS 5 – Ons leef deur die Gees – Sola Gratia
GALASIËRS 6 – Ons dra mekaar se laste – Soli Deo Gloria

Jy kan my boekie hier aflaai wat ek daar gaan gebruik.

Hier volg die preke:

     

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Neels Hubinger

    |

    Pragtig…

  • Avatar

    Crafford

    |

    Die een oor die “dip your pens” gaan ek hou! Baie dankie.
    Louisa C

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek sou sê fokus op God is die doelwit van hierdie gedeelte, eerder as om op jou eie insig van wat reg en verkeerd is in die lewe staat te maak.

  • Avatar

    Dries Weideman

    |

    Balans is die doelwit van hierdie gedeeltes?

  • Avatar

    Phillip van den Berg

    |

    Baie dankie Chris. Ek gaan so bietjie kyk na Evernote ook. Die meeste van die e joernale het maar n jaarlikse koste as jy van die meer gevorderde funksies wil gebruik.

    Groetnis…

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Phillip. Ek gebruik tans Evernote wat uitstekend werk (R400 ‘n jaar – die gratis opsie het ‘n paar beperkinge, maar jy kan steeds jou inskrywings aanvul wanneer jy aflyn is). Ek het ook al ‘n WordPress installasie op Wamp gedoen op my rekenaar wat eintlik nog beter is, maar daarvoor moet jy ‘n bietjie weet wat jy doen. Omdat ek Evernote ook vir navorsing gebruik – jy kan verskillende Notebooks gebruik – is dit tans my keuse.

  • Avatar

    Phillip van den Berg

    |

    More Chris,
    Ek is opsoek na n basiese e joernaal/dagboek, een wat ek lokaal op my rekenaar ook kan stoor in tye wat internet toegang nie moontlik is nie. Miskien het jy al so iets gebruik en of kan jy my adviseer.
    Voorbaat dankie en vriendelike groete

  • Avatar

    dederik Robbertse

    |

    More Chris. Kan n wedergeboorte christen watmet die heilige gees gedoop is, terselfde tyd deur n bose gees of dimoon of die leviathan gees beset wees of word?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Calvyn het drie doelstellings aan die vas gekoppel:

    1. lewensdissipline,
    2. gebedsvoorbereiding,
    3. skuldbelydenis.

    Vas was vir Calvyn meer ‘n saak vir die geloofsgemeenskap as ‘n persoonlike saak, en dit gaan daarom met openbare gebed saam (bv die voorbeeld van Antiogië in Handelinge 13). Vas is ook nie net weerhouding van kos nie, maar kan ook beteken dat jy min en lig eet, om te kan bid.

    Calvyn het ook op drie gevare van vas gewys:

    1. uiterlike vertoon,
    2. verdienstelikheid,
    3. gewetensdwang.