Skip to main content

Job 22

Elifas: Jy was onregverdig en onbarmhartig, daarom gaan jy onder

Die derde gespreksrondte tussen Job en sy drie vriende word voortgesit met ‘n toespraak van Elifas (hfst. 22) waarop Job sal antwoord (hfst. 23-24).  Bildad sal nog ‘n kort toespraak lewer (hfst. 25), met Job wat daarop antwoord (hfst. 26-27).  Sofar kom egter nie weer aan die woord nie.

Elifas se argument is eintlik eenvoudig: 1) Job was onregverdig en onbarmhartig, en hy laat Job onder geen illusies daaroor nie, al gee hy geen konkrete voorbeeld nie, en verwys net na dinge wat hy dink moes gebeur het (22:1-20), en 2) Onderwerp jou aan God en jy sal weer vrede en voorspoed belewe (22:21-30).

Jy was onregverdig en onbarmhartig, daarom gaan jy onder – 22:1-20

Elifas draai nie doekies om nie.  Hy val Job nou op sy sterk punt aan, en dit is sy vroomheid.  Hy maak die stelling dat Job se vroomheid geen voordeel vir God inhou nie – heeltemal onbewus natuurlik van die hemelse gesprek waarin Job se vroomheid inderdaad ‘n voordeel vir God in sy gesprek met die Satan ingehou het.

Hy ironiseer ook Job se vroomheid en vra half spottend: “Is dit oor jou diens aan Hom dat Hy jou straf?” Vir Elifas is dit net so duidelik dat Job iets verkeerd gedoen het, al is dit nie vir almal sigbaar nie.  Trouens, hy maak bewerings van wat Job verkeerd sou gedoen het, wat veral op sosiale onreg neer sou kom: onreg teenoor sy familie, diefstal van armes, onbarmhartigheid teenoor dors en honger mense (onthou Jesus se profetiese rede oor die skape en die bokke wat juis oor hulle barmhartigheid aan sy volgelinge die ewige lewe beërwe in Matt. 25!), sowel as teenoor weduwees en wese.

Daarom, sê Elifas, gaan dit so sleg met jou.  God is nie só ver in die hemel dat Hy nie kan raaksien op die aarde nie, dat Hy nie kan sien dat Job op die pad loop wat sondige mense uitgetrap het nie.  Sóós hulle sal Job voortydig uit die lewe weggeruk word en sal sy goed ook soos hulle s’n meegesleur word asof deur ‘n stroom water, omdat hulle geen erkenning aan God se gawes gegee het nie.

Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef – 22:21-30

Elifas hou steeds die moontlikheid van inkeer en omkeer vir Job lewend, en hou eintlik ‘n baie verantwoorde Bybelse beginsel aan Job voor.  God verander mos die lot van mense wat van Hom leer en sy woorde ter harte neem, soos Elifas in vers 22-23 aanvoer: “As jy terugkom na die Almagtige toe, sal jy herstel word.

Hierdie wonderlike waarheid word egter ‘n onwaarheid in die wrede woorde van Elifas, omdat sy beoordeling van die lewe van Job heeltemal van koers af is.  Hy wil hê dat Job sy “goud” in God sal vind, nie in sy eie wysheid nie, want dit sal die verhoring van sy gebede beteken.  Maar dit is ironies genoeg presies wat Job wil doen, maar waarin hy ervaar dat hy gedwarsboom word.  Elifas sê dus die regte goed, maar pas dit op die verkeerde manier in die lewe van Job toe.

Ofir is ‘n plek waar goud gemyn is, en waarskynlik in suid-wes Arabië geleë.  Salomo het bv. goud van daar af laat invoer vir die tempel (1 Kon. 9:26–28).  Dit kan ook in Afrika (Somalië) of selfs Indië gewees het, soos sommige geleerdes voorstel.

In nog ‘n stukkie ironie sê Elifas: “Hy sal die skuldiges laat vrykom, en hulle sal vrykom deur jou onskuld.”  Aan die einde van die verhaal sal die drie vriende juis vrykom, omdat Job vir hulle in opdrag van die Here sal bid!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda