Bybelskool

Jakobus

Hoe om die Bybelboek te lees

Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.

Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.

Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:

LEES

  • Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
  • Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
  • Lees my bydrae oor die gedeelte.

LUISTER

  • Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
  • Antwoord die Here in gebed.
  • Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.

LEEF

  • Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
     

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Marnus

    |

    Dankie.

  • Avatar

    Pietie

    |

    More
    Geseënde dag vir jou en jou gemeente.
    Dankie vir alles wat jy doen.
    Weskus groete

  • Avatar

    hendrik

    |

    more CHRIS , Chris ons huiskerk [ sellgroep ] wil graag die twee boeke van Petrus bestudeer , is daar enige boeke of leestof wat jy sal aanbveel ?

    n Geseende dag

  • Avatar

    Magdel van Tonder

    |

    Dit is vir my ‘n baie groot voorreg om deel van hierdie Bybelskoolfamilie .te wees. Elke boodskap vul my lewe meer en meer met Christus.

  • Avatar

    San-Mari Hattingh

    |

    Goeie Naand, kan ek ook asb die bostaande inligting kry.

Prontuit die Waarheid