Skip to main content

Ngkerksomerstrand.co.za herleef as ‘n webtuiste met hulpmiddels vir gemeentes

NGK Somerstrand het ‘n nuwe webtuiste geskep wat fokus op die bedieninge en aktiwiteite van die gemeente. Jy kan dit bereik by ngkerksomerstrand.com.

Die ou webtuiste by ngkerksomerstrand.co.za het egter baie hulpmiddels wat oor die jare ontwikkel is en in groot aanvraag in gemeentes is. Die gemeente van Somerstrand het daarom aangebied dat ek dit oorneem en in stand hou sodat mense dit steeds kan gebruik.

Ek nooi jou dus uit om die hulpmiddels wat hier is, te benut in jou bediening. Dit is gratis en verniet. Dit sal wel ‘n tyd neem om die webtuiste nuut te organiseer. Gebruik gerus die soekfunksie om na temas of Skrifgedeeltes te soek.

Chris van Wyk

Veritas module 2 aanlyn opleiding – Mei tot Junie 2025

VERITAS FONDASIE OPLEIDING AANLYN OPLEIDING AANLYN

MODULE 2 REGISTRASIE

9 Mei 2025 TOT  17 Junie 2025

VERITAS KOLLEGE FONDASIE OPLEIDING AANLYN MODULE 2 REGISTRASIE
9 Mei 2025 TOT 17 Junie 2025Goeie dag,

Veritas Kollege Suid-Afrika nooi u graag uit om deel te neem aan die Fondasie  Opleiding Module 2 Oggendklasse, wat aanlyn via Zoom in Afrikaans aangebied sal word. Dit begin op 9 Mei 2025 om 09:00.

’n Vereiste vir deelname is die voltooiing van Module 1.

Module 2 dek onder andere die volgende onderwerpe:

  • Inleiding tot die Pentateug
  • Geskiedkundige boeke van die Ou Testament
  • Ou en Nuwe Verbond
  • Bediening aan kinders
  • Etiese besluite
  • Gesinslewe -Familie en Huwelik

Registrasie sluit op 25 April 2025.

• Hier is die Module 2 Deelnemer-Afrikaans Skakel vir registrasie:
Module 2 Oggend klasse aanlyn Registrasie

Opleiding vind weekliks plaas van 9 Mei 2025 tot 17 Junie 2025, elke keer van 09:00 tot 12:00 aanlyn via Zoom. Neem asseblief kennis dat daar in sommige weke meer as een klas kan wees.

’n Zoom-skakel sal voorsien word deur die Fasiliteerderspan (Drr. Chris van Wyk, Tiesie de Coning, Herman Steyn).

Logistieke reëlings vir registrasie:

  1. Voltooi asseblief die aanlyn registrasievorm teen 25 April 2025. (Let wel: Geen registrasies sal ná 25 April 2025 aanvaar word nie.)
  2. Betaling: R550-00 word vereis vir deelname aan Module 2, betaalbaar teen 30 April 2025.
Account Name:  Veritas College SA
Bank: ABSA
Account Type:  Cheque
Account Number: 4054793738
Branch Code: 334410 / Universal code:  632005
Reference for Payment: 800566 and add your Name & Surname
Email Proof of Payment: imundey@veritascollege.org

Prontuit die Waarheid – Die storielyn en boodskap van Jesus in die vier Evangelies

As iemand jou vra: “Wat glo jy van Jesus?” kan jy gemaklik sy storielyn en boodskap oordra? Sy kinderjare. Sy reise. Sy gesprekke. Sy wonders, woorde en werke. Sy boodskap en betekenis. Dit is nie só eenvoudig nie, nê?

Ek het ‘n opeenvolgende sinopsis van die vier Evangelies geskep in 535 perikope om jou daarmee te help. My bydraes fokus op die teks en konteks, sowel as op die betekenis en boodskap daarvan.

Daar is ‘n voorskou van die boek by hierdie skakels as lusmaker:

Delf dieper deur Openbaring

Delf dieper deur Jesus se Openbaring aan Johannes @youversion.

Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Openbaring met insiggewende kommentaar op hierdie kragtige visioene wat steeds relevant is vir vandag. Jesus se boodskap is duidelik: “Ek kom gou!” Die seëls is gebreek, die trompette blaas, en die bakke van God se verlossende oordeel word uitgegiet. Openbaring trek die gordyn oop vir ’n geestelike werklikheid waarin gelowiges geroep word om getrou te volhard as koninkryk van priesters vir God, ten spyte van die bose aanslag op hulle lojaliteit.

Die bydraes sal in November ook deel uitmaak van die kronologiese Bybelleesplan.

Skakel

Almal lees die Bybel anders? Gesprek oor hermeneutiek

Hier is ‘n video van my gesprek met ds Dubois du Toit van NGK Suiderhof in Namibië oor die kern belangrike onderwerp van ‘Hermeneutiek’. Dit is die kuns van hoe ons die Bybel lees en interpreteer.

Ons interpretasie van die Bybel is sekerlik die sentrale brandpunt in die groot gesprekke, frustrasie en sogenaamde ‘vasgelooptheid’ in die NG kerk (en vele kerke globaal).

Inhoudsopgawe:

00:00 Meer oor dr. Chris van Wyk
05:14 Inleiding van onderwerp
07:00 Wat is Bybelse interpretasie (2 Historiese skole van interpretasie)
23:00 Almal lees die Bybel anders?
41:03 Die Jesus van die teks vs. die Jesus van die geloof?
46:02 Stockholm syndrome Christians
47:24 Wat is die rol van die Heilige Gees in Skrifuitleg?
1:00:41 Wat bedoel ons met “onfeilbare Woord van God”?
1:11:22 Die Hermeneutiek van die slang “Het God ‘werklik’ gesê?”
1:13:48 Ons Godsverstaan deur mense geskep?
1:21:25 Waarvoor gebruik ons die Bybel (The book of Eli)

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda