Skip to main content

Psalm 32

Vergifnis seën jou met ’n veranderde lewe

Dié Psalm toon ooreenkomste met die wyse waarop Natan Dawid aanspreek oor Batseba. Dit besing die geluk van een wat vergifnis ontvang het, sowel as een wat blaamloos lewe. Hierdie Psalm teken ook die worsteling van Dawid om in sy vertroue op God te volhard, ten spyte van teëstand en teëspoed, selfs waar hy mede-verantwoordelik is daarvoor.

Teks en konteks

Vergifnis oorheers die Psalm. En dit help om die Psalm te lees aan die hand van die Selas. Dit gee vir jou ’n aanduiding van die gedagte eenhede van die Psalm en waar ’n mens as’t ware eers tot stilstand moet kom, voor jy verder lees-bid. Ek het dit só opgedeel met ’n opskrif vir elke beweging van die Psalm.

Psalm 32:1-4 – Daar is groot seën in sonde belydenis

Dawid skets op diepsinnige manier dat sonde belydenis en vergifnis ’n mens regtig gelukkig maak. As jy ervaar dat die boek van jou lewe skoongemaak word van alles wat skadelik en skandelik is, dan lewe jy eers regtig! Dit is waarom die wegsteek of ontkenning van sonde so destruktief is – dit krap jou binneste om (en jou liggaam – die woord “uitgeteer” kan ook “oud-word” beteken) en hou jou gevange.

Psalm 32:5 – Sondebelydenis maak jou vry

Sondebelydenis maak jou vry en bring jou binneste tot bedaring. Selfs al sou jy steeds moet boet vir iets wat jy verkeerd gedoen het, gee vergifnis jou die vermoë om dit kop omhoog te doen.

Psalm 32:6-7 – Vergifnis gee jou vrymoedigheid

Vergifnis gee almal die vrymoedigheid om God as skuilplek op te soek en te ervaar.

Psalm 32:8-11 – God leer dié wat vergifnis ontvang het en omvou hulle met sy liefde

Vergifnis is egter net die poort tot ’n veranderde lewe. God wil vir Dawid leer oor die pad wat hy moet volg, sodat Hy sy oog oor hom kan hou. God wil nie vir hom beheer soos ’n mens ’n perd of muil met ’n stang in die bek moet beheer nie, maar in verhouding met hom lewe.

Vir dié wat ja sê vir só ’n lewe, ervaar dat God hulle met sy liefde omvou (vers 10)! En dit is die aanleiding tot ’n lewe van lof aan God in die byeenkoms van die regverdiges.

Boodskap en betekenis

Psalm 32 inspireer ons met die heerlike belofte van skuldvergiffenis as ons bereid is om ons skuld voor God te bely. Om te swyg oor jou sonde tap jou kragte soos in ’n uitmergelende hittegolf.

Maar, sondebelydenis is nie al nie. God wil ons leer watter pad ons moet inslaan. Vergifnis is net die poort tot ’n veranderde lewe. God wil vir Dawid leer oor die pad wat hy moet volg, sodat Hy sy oog oor hom kan hou. God wil nie vir hom beheer soos ’n mens ’n perd of muil met ’n stang in die bek moet beheer nie, maar in verhouding met hom lewe.

Vir dié wat ja sê vir só ’n lewe, ervaar dat God hulle met sy liefde omvou (vers 10)! En dit is die aanleiding tot ’n lewe van lof aan God in die byeenkoms van die regverdiges.

Wy jou lewe toe aan die Here om net aan Hom en sy Woord gehoorsaam te wees.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda