Skip to main content

Wie is God?

Ek beantwoord hier 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Die antwoorde is gebaseer op die boek Wie is God? Jy kan die boek hier aanskaf.

Die bydraes kom uit my leesprogram in 2019 wat bedoel was vir jou stiltetyd. Jy kan dit dus nou op jou eie tyd deurwerk. Daar is ‘n bydrae vir elke dag van 52 weke, dws vir ‘n jaar. Sien al die skakels aan die onderkant van hierdie bydrae om dit te volg.

Kleingroepe kan die materiaal gebruik vir hulle byeenkomste. Een van die weeklikse bydraes is spesifiek ook bedoel vir kleingroepe.

Meer inligting oor die inhoud van Wie is God?

Die boek Wie is God? beantwoord die mees algemene vrae oor wie God is, sy wese en sy werke. Deur 52 kernantwoorde te gee oor God, Christus en die Gees word die grond beginsels van die Christelike geloof vas gelê. Elke antwoord word aangevul met vier of meer Bybelse aanhalings. Daar is ook verwysings na die belydenisskrifte wat die antwoorde dieper begrond.

Wie is God? is gerig op geloofsgroei en geloofsgesprekke. Dit is bedoel vir mense wat wil “lees om te leef”. Die boek sal jou help om al hoe meer die Bybelse antwoorde op jou lewensvrae te verstaan en vir jouself toe te eien, sodat jy dit kan leef.

Dit is gerig op alle gelowiges, nie net op gelowiges van ’n spesifieke kerk nie. Daarom word die antwoorde só geformuleer dat gelowiges hulle eie materiaal kan gebruik om die antwoorde verder in te kleur.

Daar word in die antwoorde na elke artikel van die drie ekumeniese geloofsbelydenisse verwys: Apostoliese GeloofbelydenisGeloofsbelydenis van Nicea en Geloofsbelydenis van Athanasius. Daar word ook na elke artikel van die Gereformeerde Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus verwys, sowel as die grootste deel van die Dordtse Leerreëls (hier is ‘n kort inleiding daarop) en die Westminster Confession of Faith. Daar is ook ’n paar verwysings na die Westminster Shorter Catechism.

Jy sal dus in die proses kans kry om jou begrip van die ekumeniese en Gereformeerde geloofstradisie te vernuwe en te verdiep.

Die metgesel-boek Wat glo jy?

Wie is God? is ook geskryf in samehang met die metgesel-boek Wat glo jy? gerig op agt- tot twaalfjarige kinders (tweens). Dit gee korter antwoorde op dieselfde vrae.  Wat glo jy? word steeds begrond met kort aanhalings uit die Bybel, maar ook met ’n bykomende Bybelse verhaal of gelykenis wat deur ’n kort opsomming meer bevatlik vir kinders sal wees.

Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat kinders aan die gesprekke kan deelneem.

Met dank en erkenning aan CUM

HIER IS AL DIE BYDRAES

View all posts in this series

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.