Skip to main content

Wie is God?

Ek beantwoord hier 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Die antwoorde is gebaseer op die boek Wie is God? Jy kan die boek hier aanskaf.

Die bydraes kom uit my leesprogram in 2019 wat bedoel was vir jou stiltetyd. Jy kan dit dus nou op jou eie tyd deurwerk. Daar is ‘n bydrae vir elke dag van 52 weke, dws vir ‘n jaar. Sien al die skakels aan die onderkant van hierdie bydrae om dit te volg.

Kleingroepe kan die materiaal gebruik vir hulle byeenkomste. Een van die weeklikse bydraes is spesifiek ook bedoel vir kleingroepe.

Meer inligting oor die inhoud van Wie is God?

Die boek Wie is God? beantwoord die mees algemene vrae oor wie God is, sy wese en sy werke. Deur 52 kernantwoorde te gee oor God, Christus en die Gees word die grond beginsels van die Christelike geloof vas gelê. Elke antwoord word aangevul met vier of meer Bybelse aanhalings. Daar is ook verwysings na die belydenisskrifte wat die antwoorde dieper begrond.

Wie is God? is gerig op geloofsgroei en geloofsgesprekke. Dit is bedoel vir mense wat wil “lees om te leef”. Die boek sal jou help om al hoe meer die Bybelse antwoorde op jou lewensvrae te verstaan en vir jouself toe te eien, sodat jy dit kan leef.

Dit is gerig op alle gelowiges, nie net op gelowiges van ’n spesifieke kerk nie. Daarom word die antwoorde só geformuleer dat gelowiges hulle eie materiaal kan gebruik om die antwoorde verder in te kleur.

Daar word in die antwoorde na elke artikel van die drie ekumeniese geloofsbelydenisse verwys: Apostoliese GeloofbelydenisGeloofsbelydenis van Nicea en Geloofsbelydenis van Athanasius. Daar word ook na elke artikel van die Gereformeerde Nederlandse Geloofsbelydenis en die Heidelbergse Kategismus verwys, sowel as die grootste deel van die Dordtse Leerreëls (hier is ‘n kort inleiding daarop) en die Westminster Confession of Faith. Daar is ook ’n paar verwysings na die Westminster Shorter Catechism.

Jy sal dus in die proses kans kry om jou begrip van die ekumeniese en Gereformeerde geloofstradisie te vernuwe en te verdiep.

Die metgesel-boek Wat glo jy?

Wie is God? is ook geskryf in samehang met die metgesel-boek Wat glo jy? (uit druk uit) gerig op agt- tot twaalfjarige kinders (tweens). Dit gee korter antwoorde op dieselfde vrae.  Wat glo jy? word steeds begrond met kort aanhalings uit die Bybel, maar ook met ’n bykomende Bybelse verhaal of gelykenis wat deur ’n kort opsomming meer bevatlik vir kinders sal wees.

Ouers, begeleiers en opvoeders kan dus albei boeke tegelykertyd gebruik in gesprekke sodat kinders aan die gesprekke kan deelneem.

Met dank en erkenning aan CUM

HIER IS AL DIE BYDRAES

View all posts in this series

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda