Skip to main content

Romeine 14

Aanvaar mekaar en streef na onderlinge vrede

In hierdie hoofstuk gee twee verdere perspektiewe oor die praktyk van die Christelike lewe om mekaar te aanvaar en na onderlinge vrede te streef. Hy spreek daarmee waarskynlik ’n spesifieke probleem in die gemeente van Rome aan, die konflik tussen die sterkes en swakkes in die geloof. Hy roep gelowiges in die sewende perspektief meer in die algemeen op om nie op mekaar neer te sien of mekaar te veroordeel nie (14:1-12). Hy roep hulle in die agtste perspektief meer spesifiek op om niemand anders te laat struikel oor wat jy eet en drink nie (14:13-23). Aanvaarding is beter as argumentering.

Moenie op mekaar neersien of mekaar veroordeel weens verskillende sienings oor kos en heilige dae nie (14:1-12)

Let op hoe Paulus hom hier hoofsaaklik rig tot die sterkes in geloof, en uitspel dat hulle diégene wat in geloof swak is, moet aanvaar, sonder om met hulle te stry oor opvattings wat van die sterkes s’n verskil. Dit beteken natuurlik nie dat hulle ander gelowiges se opvattings doodgewoon voor die voet moet aanvaar nie, maar dat hulle die swakkes moet aanvaar.

Die swakkes in die geloof waaroor Paulus hier skryf, is mense wat bv. net groente eet (Rom. 14:2), of een dag belangriker as ander reken (Rom. 14:5). Die sterkeres in die geloof, waaronder Paulus natuurlik self tel (vgl. Rom. 15:1), wat alles eet of alle dae as gelykwaardig beskou, moet nie op die swakkes neersien nie, en, die swakkes moet die sterkeres in die geloof nie veroordeel nie.

In 1 Korintiërs 8 en 10:14-33 het Paulus natuurlik oor ’n soortgelyke probleem geskryf, hoewel dit in Korinte meer oor die wyse waarop heidense perspektiewe op feesvieringe en dies meer hanteer moes word. Hier gaan dit eerder oor hoe die Joodse perspektiewe op feesvieringe hanteer moet word, soos gesien kan word uit die vermelding van hoe mense oor die dae van die week gedink het.

Almal moet egter alles wat hulle doen tot eer van die Here doen, en toegelaat word om dit te doen, want ons is aan Hom, en alleen aan Hom, rekenskap verskuldig. Elkeen moet net in sy eie gemoed van sy standpunt oortuig wees tot eer van die Here en met danksegging.

Let op hoe Paulus hier die regterstoel van God as motivering inbring om elkeen op te roep om sy eie doen en late te ondersoek, eerder as om ander s’n met ’n fynkam deur te gaan.

Moenie dat iemand anders struikel oor wat jy eet en drink nie (14:13-23)

Die agste perspektief is dat jy in die proses sorg moet dra dat niemand struikel oor wat jy eet en drink nie, want die belange van medegelowiges moet swaarder weeg as jou eie opvattings.

Veral omdat dit hier spesifiek oor goed gaan wat meer op die periferie lê soos wat jy eet, drink, en vier. ’n Mens moenie aanstoot gee, of ander tot ’n val bring nie, al is daar niks intrinsiek verkeerd met kos, drank en feeste per se nie. So ‘n optrede trek ’n streep deur die liefde.

Let op hoe Paulus die persoonlike lewe voor God en in die Gees koppel aan die gesamentlike lewe in die liggaam van Christus. Deur met oorleg op te tree teenoor ons medegelowiges, terwyl ons ook sonder om te skroom aan ons eie oortuigings mag en moet vashou, sorg ons dat mense gehoorsaam aan God kan lewe en sy vrede en vreugde deur die Gees in die uitbreiding van die koninkryk kan beleef.

Hou dus vas aan die oortuiging wat jy by jouself voor God het, want as jy twyfel, en nie vanuit ‘n geloofsoortuiging optree nie, is dit vir jou sonde.

Boodskap en betekenis

In Romeine 14 moedig Paulus gelowiges aan om mekaar te aanvaar en na vrede in die geloofsgemeenskap te streef, ondanks verskille in opinie oor sekondêre sake soos kos, drank en heilige dae. Hy waarsku die sterkes in geloof om nie op die swakkes neer te sien nie, en die swakkes om nie die sterkes te veroordeel nie, aangesien elkeen rekenskap aan God moet gee. Paulus beklemtoon dat alle dade tot eer van die Here en met danksegging moet geskied. Hy roep almal op om niemand anders te laat struikel deur eie oortuigings op ander af te dwing nie, selfs as dié sake intrinsiek nie verkeerd is nie. Deur liefde en respek vir ander se gewetens en oortuigings te toon, bou gelowiges aan die vrede, vreugde en gehoorsaamheid wat die Gees in die geloofsgemeenskap bring. Persoonlike oortuigings moet altyd met geloof en sonder twyfel voor God gehandhaaf word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.