Skip to main content

Psalm 114

Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte

Psalm 114 is ook ‘n “weeskind-Psalm”, dws sonder titel, maar dit is duidelik dat dit gaan oor die Eksodus vanuit die perspektief van die tyd van Juda en Israel. Daar is verwysings na die tog deur die Rooi See sowel as die Jordaan. Die Uittog word in skeppingsterminologie beskryf. Die outeur is onbekend.

Teks en konteks

Psalm 114 is ‘n uitgelate jubeling oor die Uittog uit Egipte en die Intog in die Beloofde Land. ‘n Mens kan jou goed voorstel hoe dié Psalm responsories gesing is tussen bv die priesters en die volk, of selfs deur ‘n familie by die Paasmaaltyd. Só is nie net die vreugde van die verlossing in die verlede in herinnering geroep nie, maar op ‘n speelse manier die wonder daarvan vir die kinders geleer.

Let op die herhaling van vers 3-4 in vers 5-6 wat goed sou pas in ‘n gesprek tussen ouers en hulle kinders. Omdat die Psalm so kort is, plaas ek dit hier in responsoriese vorm sodat jy die digterlike speelse manier om met hierdie groot gebeure om te gaan, kan waardeer (in my verbeelding ‘n pa en ma en hulle kinders):

Pa:

“Toe Israel uit Egipte weggetrek het, die huis van Jakob weg van die volk met ‘n vreemde taal,

2het Juda God se heiligdom geword, Israel sy magsgebied.”

Kinders:

3Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het teruggedeins.

4Die berge het gebokspring soos ramme, die heuwels soos lammers.”

Ma

5Wat gaan met jou aan, see dat jy vlug, Jordaan dat jy terugdeins,

6berge, dat julle soos ramme bokspring, heuwels, soos lammers?”

Almal saam:

7Krimp ineen, aarde, voor die Heer, voor die God van Jakob,

8wat die rots verander het in ‘n bron van water, die vuursteen in ‘n waterfontein.” (BDV)

Let op hoe die speelse verwysing na die reaksie van die see (Rietsee – Eks 14)), die Jordaan (met die Intog), die berge, en die heuwels die boodskap dra van uitbundige en uitgelate “over-the-top” vreugde.

Let ook op hoe die Psalm die manier is om oor hulle land as God se plek, sy heiligdom, te praat. Meer nog, hoe die wonderwerke in die woestyn ‘n boodskap aan die ganse aarde bring dat die God van Jakob die Heer eintlik van almal is. Die herhaling van die verhaal van die water uit die rots beklemtoon die grootsheid van die wonder.

Boodskap en betekenis

Dié Psalm is ‘n opgewekte speelse manier om met die groot dade van God in die geskiedenis om te gaan. Dit nooi jou eintlik uit om self oor die lewe wat God gee, te bokspring soos ramme of lammers. Dink daarom vandag terug aan die wonders van God in jou eie lewe, en stap die dag in met ‘n huppel in jou stap! Jou wêreld is ook God se heiligdom, want Hy woon in jou!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.