Skip to main content

1 Kronieke 4:24-5:26

Verspeelde verhouding met God lei tot wegvoering

Hierdie een en ‘n half hoofstukke beslaan die volgende geslagsregisters wat fokus op die feit dat dié stamme nie in Israel voortbestaan het nie, onder andere omdat hulle nie hulle verhouding met God in ere gehou het nie.

Teks en konteks

Die stam Simeon – 1 Kronieke 4:24-43

Die geslagsregister van Simeon word afgewissel met ’n paar opmerkings oor die feit dat hulle nie so getalryk was as die Judeërs nie en veral met kleinvee geboer het, onder andere deur mense van Gam te verslaan. Hulle is uiteindelik as stam opgeneem in Juda.

Die stam Ruben – 1 Kronieke 5:1-10

Ruben se bloedskande word as motivering aangedui vir sy verlaagde posisie in die rangorde binne die nageslag van Jakob. Die voorrang van Josef as oudste (via die nageslag van Efraim en Manasse) en Juda as leier word pertinent genoem.

Let op dat van die internasionale rolspelers in hierdie lys genoem word: Tiglat-Pileser III van Assirië – vers 6. Die stam van Ruben was ook betrokke in die oorlog teen die Hagareërs wat later weer genoem sal word.

Die stamme van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse het aan die oostekant van die Jordaan gebly wat hulle veral aan die impak van die Assiriërs blootgestel het en uiteindelik tot hulle wegvoering gelei het.

Die stam Gad – 1 Kronieke 5:11-17

Min ekstra inligting word in hierdie lys aangegee, behalwe dat die lys gefinaliseer is in die middel van die tyd van die verdeelde ryk, koning Jotam van Juda en Jerobeam II van Israel.

Die oorlog van God teen die Hagareërs (nakomelinge van Ismael) – 1 Kronieke 5:18-22

Die oorlog teen die Hagareërs (nageslag van Hagar, d.w.s. Ismaeliete of Arabiere) word vermeld om aan die een kant die rol van God se hulp te beklemtoon, maar ook aan die ander kant die ondergeskiktheid van die verowerdes te verklaar. Hulle verbintenis aan God sou egter nie die toets van die tyd deurstaan nie, soos binnekort deur die Kronis uitgewys sal word.

Die halwe Manassestam – 1 Kronieke 5:23-24

Een deel van die nageslag van Josef word hier genoem en spesifiek uitgespel dat hulle vermoënde en gesiene mense was, hoewel die volgende perikoop hulle gebreke sal uitlig.

Die wegvoering van die stamme oos van die Jordaan – 1 Kronieke 5:25-26

Dit bly hartseer dat mense wat eksperte in een deel van die lewe is – ekonomies en sosiaal – baie keer in die belangrikste van alles – die verhouding met God – in gebreke bly. Die stamme van Ruben en Gad sowel as die halwe Manassestam, wat deur die loop van hoofstuk 5 genoem is, was ontrou aan die God van hulle voorvaders en het oorgeloop na die gode van die landsbevolking wat juis ter wille van hulle deur God uitgeroei is. Daarom, sê die Kronis, is hulle as krygsgevangenes weggevoer deur die Assiriërs en afgesny van die land van hulle voorvaders (Vgl. 2 Kon. 17:6 en 18:11).

Dat God hulle aanvanklik teen die Hagareërs gehelp het, het nie ’n blywende indruk op hulle gemaak nie. Hulle illustreer dus die tragiek van verspeelde kanse.

Boodskap en betekenis

Kronieke onderstreep met hierdie deel van die geslagsregister dat die verhouding met God ten alle koste in ere gehou moet word. Dit is die groot les wat die ballingskap hulle geleer het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…