Skip to main content

Sabbat – Sondag

Continue reading

Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Heidelbergse Kategismus en die Westminster Geloofsbelydenis hieronder. Wat leer jy van wat God van ons verwag in die vierde en vyfde gebod? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Heidelbergse Kategismus 103-104

103 Vraag: Wat gebied God in die vierde gebod?

Antwoord: God wil Ten eerste dat die Woordbediening en die godsdiensonderrig in stand gehou word (a). Ook moet ek veral op die rusdag ywerig met die gemeente van God saamkom (b) om die Woord van God te hoor (c), die sakramente te gebruik (d), die Here openlik aan te roep (e) en die Christelike liefdegawes te gee (f). Ten tweede moet ek elke dag van my lewe van my bose werke rus, en die Here deur sy Gees in my laat werk. So begin ek die ewige sabbat reeds in hierdie lewe (g).

(a) Tit 1:5; 2 Tim 3:14; 1 Kor 9:13, 14; 2 Tim 2:2; 3:15. (b) Ps 40:10, 11; 68:27; Hand 2:42. (c) 1 Tim 4:13;1 Kor 14:29. (d) 1 Kor 11:33. (e) 1 Tim 2:1; 1 Kor:l4:l6. (f) 1 Kor 16:2. (g) Jes 66:23.

104 Vraag: Wat eis God in die vyfde gebod?

Antwoord: Ek moet my vader en moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou bewys. Aan hulle goeie leer en tug moet ek my met die verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp (a). Ook moet ek met hulle gebreke geduld hê (b), omdat God ons deur hulle wil regeer (c).

(a) Ef 6:1, 2, 5; Kol 3:18, 20, 22; Ef 5:22; Spr 1:8; 4:1; 15:20; 20:20; Eks 21:17; Rom 13:1. (b) Spr 23:22; Gen 9:24;1 Pet 2:18. (c) Ef 6:4, 9; Kol 3:20; Rom 13:2, 3; Matt 22:21

Continue reading

Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod?

1. Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod (Eks 20:8-12) Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Ek moet die rusdag vir God en saam met gelowiges vier. Ek moet my ouers en gesagsfigure gehoorsaam. Ek aanbid God persoonlik en in die openbaar, en rus van my normale werksaamhede, soos ek elke dag rus van my bose werke, die begin van die ewige sabbat reeds in hierdie lewe. Ek onderwerp my aan hulle geestelike dissipline en begeleiding.

3. Die vierde en vyfde gebod van die wet fokus op die gemeenskaplike liefde vir God asook die liefde vir mekaar soos dit in die geloofsfamilie sowel as in gewone families tot sy reg kom. Verbeel jou ‘n wêreld waar die geloofsfamilie sowel as gewone families mekaar en die Here liefhet. Hoe sal dit anders wees as nou? Hoe sal dit ‘n werklikheid word?

4. Lees die verhaal van die twee seuns in Matteus 21:28-32. Wat tref jou van hulle reaksie?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Die wet wys vir ons die regte pad aan. Ons wys ons liefde vir God op die rusdag. Ons wys ons liefde vir ons ouers deur hulle te gehoorsaam. Jesus vertel ’n gelykenis van twee seuns. Hulle pa wou hê hulle moes in die wingerd werk. Die eerste was nie lus nie. Later het hy spyt gekry en tog gaan werk. Die ander een het gesê: “Ek maak so, Pa,” maar tog nie gaan werk nie. Wie van die twee was die gehoorsame een? Natuurlik die eerste een! Ons gehoorsaamheid aan ons ouers wys ook of ons God sal gehoorsaam.

6. Jesus wys met hierdie gelykenis die Joodse leiers se onbetroubaarheid en ongehoorsaamheid aan God onomwonde uit. Hoewel die Joodse leiers die boodskap van God in Johannes die Doper sowel as in Jesus, die Seun van God, gesien en gehoor het, het hulle nie sover gekom om berou te hê en te glo nie. Daarom sal tollenaars en prostitute voor die Joodse leiers die koninkryk van God binnegaan, sê Jesus. Dit is die een wat gehoorsaam is, wat die wil van die Vader doen, wat die koninkryk van God sal binne gaan, al gebeur dit ook eers na ’n tyd. Hoe kan jy betroubaar en gehoorsaam reageer op God?

Waarom vier ons nie meer die sabbat soos dit in die wet gebied word nie?

Ek het reeds hieroor geskrywe vanuit die hoek van die historiese ontwikkeling daarvan. Ek wil dit nou uit die hoek van die Tien Gebooie en die NT hantering van die sabbatdag bekyk.

Die vierde gebod word Bybelsgesproke deur twee goed gemotiveer.

  • Israel moes die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat God alles goed gemaak het, soos Hy op die sewende dag gerus het na al sy werk aan die skepping (Eks. 20). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir alles wat Hy gemaak het.
  • Israel moes ook die sabbatdag vier, om hulle te herinner daaraan dat hulle God se volk is, soos God hulle uit die slawerny van Egipte verlos het (Deut. 5). Met die viering van die sabbatdag het hulle erkenning aan God gegee vir die verlossing wat hulle in die regte verhouding met God gebring het.

Die NT beskou die sabbatdag as ‘n skaduwee van wat sou kom. Die werklikheid is Christus. Dié wat dus in Christus is, vier hulle afhanklikheid van God (skepping) elke dag, nie net op een dag nie. Hulle vier ook hulle rus van die sonde (verlossing) elke dag, nie net op een dag nie. Hulle het dus nie meer nodig om een dag bó ‘n ander te vier nie, hoewel hulle welkom is om dit te doen, en dit ‘n gesonde ritme van rus en werk kan skep. Niemand mag Christene egter voorskryf daaroor nie.

Drie NT Skrifgedeeltes dra dié boodskap.

Continue reading

Sabbat

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:6-12Askies u praat van die Rietsee, maar die Bybel praat van die Skelfsee
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:1-5Amen, baie dankie vir hierdie woord, GOD het die mens so lief dat HY nie wil hê dat enige een verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. GOD het ons so lief dat HY SY SEUN vir ons gegee het om ons sonde te vergewe, sal jy as mens dit doen? Ek self sal baie swaar kry, sou GOD dit ooit van my s…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 105:37-45Ek wil ook graag my eie getuienis gee, soos daar staan, vergewe my sonde soos ek ook my skuldenaars vergewe Psalm 6:12 Ek het jare depressie gehad en nie besef dat ek met onvergewing gesit het nie, en dit al die jare in my hart gedra het nie, ek moes pille dring vir depresie, angs en slaaploosheid,…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 105:24-36Goeie môre, ja dit is waar Amen, GOD het net nodig om te spreek en HY kies wie HY wil om SY wil te geskied, ons moet net gehoorsaam wees aan GOD se stem