Openbaring
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Die Openbaring aan Johannes – Jesus Christus se testament en agenda - September 9, 2013
- Inleiding op Openbaring - October 16, 2013
- Openbaring 1 – Jesus Christus maak bekend wat hierna gaan gebeur - October 17, 2013
- Openbaring 2 – Bly getrou tot by die Wederkoms - October 18, 2013
- Openbaring 3 – Fokus op gemeenskap met Jesus - October 21, 2013
- Opsomming van Jesus se boodskap aan sy kerk
- Openbaring 4 – God word as Skepper in die hemelse troonsaal aanbid - October 22, 2013
- Openbaring 5 – Die Lam van God is waardig om God se agenda uit te voer - October 23, 2013
- Openbaring 6 – God se oordeel ontvou met ses seëls - October 24, 2013
- Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskap - October 25, 2013
- Openbaring 8 – God hoor die gebede van die heiliges en verskerp sy verlossende oordeel - October 28, 2013
- Openbaring 9 – God se oordeel bring nie die mense tot bekering nie - October 29, 2013
- Openbaring 10 – Die kerk het die taak om die verlossing en die oordeel van God te verkondig - October 30, 2013
- Openbaring 11 – God beskerm sy mense en vestig sy heerskappy deur hulle getuienis - October 31, 2013
- Openbaring 12 – God beskerm sy kerk teen alle aanslae van die draak - November 1, 2013
- Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloof - November 4, 2013
- Openbaring 14 – Die oes van gelowiges en ongelowiges word ingesamel - November 5, 2013
- Openbaring 15 – Die oordeel breek onafwendbaar aan - November 6, 2013
- Openbaring 16 – God se oordeel tref die hele kosmos en vernietig Rome - November 7, 2013
- Openbaring 17 – Die omvang van Rome se bose invloed op die nasies word ontbloot - November 8, 2013
- Openbaring 18 – Die oordeel oor Babilon-Rome bring bevryding vir die kerk van die eeue - November 11, 2013
- Openbaring 19 – Gelowiges jubel oor die bruilofsfees van die Lam en God se regverdige oordeel en uitwissing van die Bose - November 12, 2013
- Openbaring 20 – Die oordeel oor die Satan baan die weg vir die bekendmaking van die mense in die Boek van die Lewe - November 13, 2013
- Openbaring 21 – God skep hemel op aarde vir sy volk, die Nuwe Jerusalem - November 14, 2013
- Openbaring 22 – God bring lewe en genesing – Die Here Jesus is op pad terug - November 15, 2013
- Opsomming van die boodskap van Openbaring
- Gemeentes in die weegskaal - July 29, 2019
- Pinkster 2020 – “Ek kom gou!” - May 8, 2020
- “Ek kom gou” – ‘n boek oor Openbaring deur Chris van Wyk - May 14, 2020
- Die “see van glas” soos kristal in Openbaring 4 - April 30, 2022
Elna
Hi Chris
Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een eboek te onvang?
Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie
Laat weet asb aspa
Groete
Elna
Chris van Wyk
Hi Elna.
Ek beoog om al die Bybelboeke as eboeke (en ook in gedrukte vorm) beskikbaar te stel. Aanvanklik sal ek self daarmee werk, maar ‘n uitgewer stel belang om dit as ‘n geheel vir my te publiseer. Openbaring is egter nog nie beskikbaar nie. Ek sou in die loop van Julie dié boek kon klaarmaak. Daar sal egter wel ‘n koste daaraan verbonde wees, soos jy met die 6 eboeke wat reeds beskikbaar is, sal sien. Dit sal ongeveer in daardie ordegrootte wees. Vir dié wat belangstel, hier is skakels na die 6 eboeke wat ek al beskikbaar gestel het:
Marie Elizabeth
Hi Chris
Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang?
Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie
Laat weet asb?
Groete
Marelize Van Niekerk
Cell: 083 321 4666
Chris van Wyk
Hi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook ‘n skakel na 9 video’s wat ek gemaak het oor Openbaring vir ‘n Pinksterreeks. Dit is alles gratis.
Engela Lehmkuhl
More. Openbaring 7.17 se “want die Lam wat in die middel van die troon sit, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterstrome lei, en God self sal alle trane afdroog”. My vraag Is daar dan trane in die hemel?
Chris van Wyk
Johannes het voorheen al dieselfde geskryf oor die gelowiges uit die groot verdrukking wie se trane afgedroog is:
“Dit is dié wat uit die groot verdrukking kom. Hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien hulle Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors kry nie; die son sal hulle nie brand nie en ’n hittegloed ook nie, want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog.” (Openb 7:14-17)
Hier skryf hy dat dit met alle gelowiges sal gebeur sodat hulle die ewigheid “traanloos” kan ingaan:
“Toe het ek ’n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” (Openb 21:3-4)
Hierdie geskenk kom natuurlik van Jesus af wat in die aardse lewe sy gebede met baie trane tot God geoffer het, sodat Hy dié wat Hom gehoorsaam, vir ewig kan verlos van hulle trane:
“Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.” (Hebr 5:7-10)
Albert Kemp
Ek wil meer kursus doen omtrent die Saligmaker jesus Christus
Chris van Wyk
Hi Albert. Jy kan hier inskryf om meer oor Wie is God? te leer, sowel as oor Jesus ons Saligmaker.
Dot
Wat beteken “onder die aarde” – Openbaring 5:3 en 13 asb
Chris van Wyk
Johannes gebruik in Openbaring 5:3 ‘n drie-vlak verdeling van die heelal om die punt te maak dat daar nêrens iemand gekry is om die boekrol oop te maak nie. “Onder die aarde” dui hier op die doderyk. In vers 13 word ook van die see gepraat om die punt te onderstreep dat letterlik almal uiteindelik die Lam loof dat Hy in staat was om die agenda vir die wêreld uit te voer – dit is wat die boekrol simboliseer. Paulus sê dieselfde in Filippense 2:10.
Bianca
Goeie dag. Wil net hoor of al die nodige informasie en bespreeking op hierdie blad beskikbaar is om gepos te word ampers soos n gits wat leiding gee en bestudeer kan word
Chris van Wyk
Ja, jy kan skakel vir skakel deur al die stof deurwerk. Dit is gratis.
Willem
Gee my meer inligting oof evangelistiese bediening en genesing
Chris van Wyk
Watter tipe inligting soek jy daaroor?
Ronel
Ds Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid Afrikaans E gemeente een is.
Ons wissel baie agv werksgeleenthede maar hier is ook baie Suid Afrikaners wat glad nie aan n kerk behoort nie. Die vraag was onder bespreking in ons bybelstudiegroep en ons het verskeie menings daaroor gekry. Sou graag u insae wil hoor. .
Byvoorbaat baie dankie
Ronel Havinga Email scphavinga@gmail.com
Chris van Wyk
Hi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar ‘n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer – uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks – dan is kleingroepe ‘n wesenlike deel van só ‘n strategie.