Skip to main content

Job 32

Elihu: My gees dwing my om te praat

Elihu word bekendgestel as die seun van Brakel, ‘n Bussiet uit die familie van Ram.  Dit is moeilik om daaruit veel af te lei.  Die naam Brakel is onbekend.  Die pleknaam Bus word saam met Dedan en Tema (Elifas was ook van Tema) met die Edomiete geassosieer. Ram word weer met die stamboom van Dawid geassosieer (Rut 4:10).  Sy afkoms en woonplek is verder onbekend, hoewel die betekenis van sy naam iets oor sy boodskap sê: “Hy is God.

Dit is duidelik dat Elihu kwaad geword het. Dit word vier keer in die eerste vyf verse genoem.  Hy het kwaad geword vir Job, sowel as vir die drie vriende.  Die redes wat hy uitspel, is as volg.  Eerstens het hy kwaad geword, omdat Job volgehou het dat hy reg het, nie God nie (32:2).  Tweedens het hy kwaad geword, omdat die vriende Job nie reg kon antwoord nie, en nie sy skuld met hulle argumente kon aantoon nie (32:3).

Daarom kon hy nie langer stilbly nie, al was hy baie jonger as hulle, sê Elihu.  Hy was huiwerig omdat hulle grysaards was en hy die wysheid van die grysheid die voordeel van die twyfel wou gee.  Maar helaas het hy agter gekom dat die gewig van die jare nie die gewig van die wysheid bepaal nie.

Maar nog dieper as dit – uit die ontvouing van die aanloop van sy motivering om te praat – kom ‘n mens agter dat daar ‘n meer fundamentele rede agter sy woede sit: “My gees dwing my om te praat.” (32:18).  Dié gees identifiseer hy self in vers 8 as die gees wat van die Almagtige af kom.

Die Hebreeuse woorde wat hy gebruik kan op óf die menslike gees óf die goddelike Gees dui: “Maar dit is die gees (ruachGees, soos in Genesis 1:1, wat op die goddelike Gees dui) in die mens wat die mens insig gee, die gees (nesjâmâhasem, soos in Genesis 2:7, wat op die menslike gees dui) wat van die Almagtige af kom.”  Omdat albei “geeste” se oorsprong God self is, maak dit egter nie eintlik saak watter interpretasie jy aan die betekenis van “g(G)ees” toeken nie.

Ek hel bv. oor na die betekenis van God se Gees, omdat Elihu in 33:4 weer van die Gees praat en dit daar baie duidelik God se Gees is.  Omdat hy die uitspraak oor God se Gees daar so direk verbind aan sy toespraak aan Job, dink ek dat hfst. 32 se verwysings ook na God se Gees verwys.

Hoe jy egter ook al daaroor dink, Elihu se punt is dat hy sy insig van God self af ontvang het.

Of Elihu reg is in sy interpretasie, is natuurlik ‘n volgende vraag, want Elifas het ‘n soortgelyke aanspraak gemaak in Job 4:15-16.

  • In Elifas se geval het ons egter gesien dat die gees wat hy beskryf, waarskynlik ‘n leuengees was, veral gemeet aan die inhoud van hoe hy oor God gepraat het. Elihu se toesprake weerspieël ‘n beduidend meer genuanseerde teologie (Godskennis), soos ons sal sien.  Elihu se aanspraak het dus meer om die lyf.  Hy word ook nie deur die Here tereggewys aan die einde van die verhaal nie, teenoor die drie vriende vir wie daar versoening gedoen moet word.
  • Daar is ook ‘n interessante verskil tussen dié twee se ervarings. Elifas het bang geword vir sy ervaring en het die gees as ‘n eksterne werklikheid, ‘n verskyning, ervaar.  Elihu is daarenteen van binne af geïnspireer om op te tree en het die g(G)ees se werking dus as ‘n interne werklikheid ervaar.  Dit is meer in lyn met hoe die Gees in die NT ook opgetree het.  Paulus praat bv. van sy gewete: “wat deur die Heilige Gees gelei word,” en die Gees wat saam met hom getuig (Rom. 9:1).  Daar was egter ook ander ervarings (bv. Hand. 8:39 – “Toe … het die Gees van die Here vir Filippus weggeneem.”).

Elihu wil daarom ook sy sê sê, want Job het nog nie met hom in gesprek getree óf na hom geluister nie.  Hy sien die vriende is verslae, en het stil geword.  Hy wil nou ook ‘n beurt hê om te praat: “Ek wil ook sê wat ek weet.” (32:17).  Om die waarheid te sê: “Dit kook in my soos wanneer wyn nie klaar gegis het nie en selfs nuwe wynsakke wil laat oopbars.” (32:19).

Hy belowe dat hy nie partydig sal wees of enigiemand sal voortrek nie.  Hy sal net sê wat die Here op sy hart lê.  Want, só kan dit darem nie aangaan nie!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda