Skip to main content

Efesiërs 5:21-6:9

Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek

Paulus vervolg om oor die lewenstyl te gesels wat in die huwelik, huisgesin en werksomgewing gehandhaaf moet word – soos hy dit ook in die brief aan Kolosse gedoen het met die sogenaamde “huistafels”.

Teks en konteks

Die huweliksverhouding – Efesiërs 5:21-33

Die beskrywing van die huweliksverhouding begin by die algemene opdrag dat Christene uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig moet wees. Mans en vrouens het almal as gelowiges hierdie opdrag. Trouens, in die Grieks word die woord hupotassô net in vers 21 gebruik en veronderstel in vers 22 waar van die vroue spesifiek gepraat word. Vers 21 is dus die konteks waarbinne vers 22 uitgelê moet word.

Die woord beteken in die konteks om die belange van die ander eerste te stel en só jouself onder die ander een se gesag te stel: “to bring something under the firm control of someone.” (Louw-Nida in Scripture Direct).

Die Engelse vertaling submit (NIV) of yield (NCV) vir die Griekse woord hupotasso help ons miskien meer as die Afrikaanse vertaling van onderdanigheid. Want die idee agter submit is dat die belange van die ander persoon eerste gestel word.

Ten opsigte van vroue word die onderdanigheid in vers 22 verder uitgespel in terme van hulle huweliksverhouding. Hulle moet die belange van hulle mans eerste stel, soos Christene dit in elk geval vir mekaar doen.

Die man in die huweliksverhouding word met die woord kephalê beskryf. Dit beteken in die konteks “superior”, ‘n figuurlike gebruik daarvan wat beteken: “one who is of supreme or pre-eminent status, in view of authority to order or command.” (Louw-Nida in Scripture Direct) Dit is waar van Christus teenoor sy kerk. Dit is waar van die man teenoor sy vrou.

Maar, onthou dat vers 21 steeds die leidende rol in die teks het. Ons almal word geroep om die ander se belange eerste te stel, uit eerbied vir Christus, wat beteken dat die man ook sy vrou se belange moet eerste stel, want hulle is albei gelowiges.

Dit plaas die opdrag aan die vrou in vers 22 in die konteks van die algemene geloofsoptrede teenoor ander gelowiges. Maar, dit hef nie die spesifieke opdrag binne die huwelik op waarin die onderdanigheid ook aan die man se hoofskap (gesag) gekoppel word.

Buite die huwelik kan ‘n vrou natuurlik gesag dra – Debora het gesag gedra in die geveg van Rigters 4-5; Spreuke 31 se vrou koop en verkoop en doen talle ander dinge wat van gesag in die uitvoering van allerlei praat – maar binne die huwelik word die vrou se rol as die aanvaarding van die gesag van die man uitgespel.

Ten opsigte van mans word die onderdanigheid – om haar belange eerste te stel – uitgespel in terme van hulle liefde, die gee van hulleself in versorging. Die Griekse woord is agapê wat beteken ’n liefde wat egte waardering en omgee uitstraal , ‘n liefde wat standvastig bly ten spyte van uiterlike of innerlike omstandighede. Die mans moet dus ook hulle vroue eerste stel, soos gelowiges dit in elk geval doen.

Onderdanig wees (submit, yield) en liefhê (sincere appreciation – Louw-Nida) is dus eintlik voëls van eenderse vere (vgl. 1 Kor. 7 waar Paulus op soortgelyke wyse praat oor die seksuele verhouding). In albei gevalle kwalifiseer Paulus dit daarby met die frase “soos aan Christus”. Die kwaliteit van die huweliksverhouding moet gebaseer word op hoe ons met Christus in verhouding lewe.

Die gesin – Efesiërs 6:1-4

Let op hoe Paulus oor die wet praat en dit uitlê in terme van die gesinsverhoudinge (5de gebod).  Hy koppel dit aan die belofte van die Here waaraan seën en ‘n lang lewe gekoppel is.  Maar die gebod word uitgebrei om dieselfde tipe aanspraak op die ouers te plaas dat hulle “soos die Here dit wil” by hulle kinders betrokke moet wees en hulle versigtig hanteer sodat hulle nie opstandig raak en die dissipline hulle wegdruk nie.

Gesagsgrense word nie deur geloof in Christus opgehef nie, maar sagter gemaak en beperk in terme van die beoefening daarvan.  Kinders moet uiteindelik groot word soos die Here dit wil, en ouers moet alles in hulle vermoë doen om dit reg te kry.

Die werkplek – Efesiërs 6:5-9

Soos huweliksmaats en gesinne teenoor mekaar met eerbied en liefde moet optree, so moet dit ook in die werkplek gebeur, weereens “soos aan Christus”.  Practicing the Presence of God is nie deur Brother Lawrence uitgevind nie, maar reeds deur Paulus aan slawe voorgeskryf!  En eienaars word aangeraai om te dink daaraan dat die Here niemand voortrek nie, en hulle dus nie beter as hulle slawe in die oë van die Here is nie.  Belangrike gedagtes vir die tyd waarin Paulus-hulle gelewe het.

Boodskap en betekenis

Omdat ons aan Christus behoort, moet ons in alle verhoudings die belange van ander eerste stel – in die huwelik, gesin en werkplek – en so die voorbeeld van sy gesindheid uitleef.

Paulus se voorskrif vir die huwelik wys dat onderdanigheid en liefde twee kante van dieselfde munt is: man en vrou dien mekaar soos hulle Christus dien. In die gesin skryf Paulus voor dat kinders tot gehoorsaamheid begelei word deur hulle ouers se versorging en leiding: “soos die Here dit wil”. In die werkplek beteken sy voorskrifte dat ondergeskiktes en gesagsdraers mekaar met respek en regverdigheid hanteer, omdat hulle almal onder die gesag van Christus staan.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.