Skip to main content

Spreuke 22:17-29

Wysheid leer jou om God te vertrou

Ná die eerste bundel van 375 Salomo spreuke is daar 2 bundels van die gesegdes van die wyses in Spreuke opgeneem (Spr 22:17-24:22; 24:23-34).

  • Die eerste bundel het ‘n inleiding (Spr 22:17-19) en dan 30 spreuke van wisselende lengte, afhangende van hoe jy die spreuke indeel.
  • Die tweede bundel is ‘n kort addendum tot die eerste een met ‘n inleiding (Spr 24:23) en bevat 5 spreuke.

Spreuke 22:17-19

Let op die persoonlike gesprekstyl waarin die spreuke aangebied word – “wat ek jou wil leer”. Op dieselfde wyse as wat die seun deur sy pa onderrig is om:

  1. na sy pa, en sy ma te luister om die regte pad te kies, en
  2. veral Vrou Wysheid aan hom voorgehou is as die stem van die Here self (Spr 1-9),
  3. só word die woorde van die wyses aan die seun voorgehou as ‘n stem om na te luister.

Die luister na wysheid is nie net voordelig nie, maar doodgewoon lekker.

Spreuke 22:20-21

Spreuk 1 – Spits jou ore vir die woorde van wyses.

Dit is noodsaaklik om jou ore vir wysheid te spits, want dit is help jou om self wyse woorde kwyt te raak in geselskap. Dit is ook die primêre manier waarop ‘n mens leer om op die Here te vertrou. Dit is sekerlik die belangrikste funksie van die wysheid. Die bevestiging van die wysheid lê in die vrug wat dit oplewer.

Spreuke 22:22-23

Spreuk 2 – Tree met deernis op teenoor arm en hulpelose mense.

Deernis met arm en hulpelose mense is ‘n teken van wysheid, nie net omdat dit vir hulle iets beteken nie, maar omdat jy daarmee aan die kant van die Here gaan staan. God is op ‘n besondere manier die God van die armes en hulpeloses.

Spreuke 22:24-25

Spreuk 3 – Wees baie versigtig vir opvlieënde mense.

Die probleem van opvlieënde mense is dat jy baie maklik soos hulle kan word. Daarom moet jy baie versigtig wees om vriende met só iemand te wees. Dit kan jou in lewensgevaar laat beland. Soos Spreuke 22:19 gesê het, dit is selfs ‘n probleem om só iemand met sy woede te help, omdat dit baie gou ‘n konstante verantwoordelikheid word.

Spreuke 22:26-27

Spreuk 4 – Moenie borg staan vir ‘n ander se skuld nie.

Dié spreuk kom in verskillende vorms regdeur die boek Spreuke voor (vgl Spr 6:1-5; 11:15; 17:18; 20:16). Dit het veral met die borgstaan vir vreemdes te make. Die punt is dat ’n mens versigtig moet wees aan wie jy jou verbind, veral uit die hoek van die mag wat ander dan oor jou kan hê. Dit geld uiteraard nie wanneer ’n mens iemand anders iets kwytskeld of as ’n geskenk gee nie. Dit het die pa reeds in sy vierde lewensles vir sy seun geleer, dat hy nie ’n weldaad moet weerhou van iemand wat dit toekom nie (vgl Spr 3:27-28).

Spreuke 22:28

Spreuk 5 – Moenie antieke grense verlê nie.

Die boek Genesis werk met die kernwaarheid dat God ons gemaak het om die aarde te bewoon, bewerk en bewaar. God se bedoeling met die aarde was en is dat almal ‘n plek daarop vind, ‘n habitat, ‘n tuiste. Dit geld mense, diere en plante.

Dit sien ons reeds in die feit dat die Bybel diere en plante nie klassifiseer volgens hulle anatomie en morfologie nie, maar volgens hulle ekologie, hulle habitat, die plek waar hulle bly (Gen 1-2), die voëls in die lug, die visse in die see. Dit wys hoe fundamenteel alles wat leef, verbind is aan waar hulle leef.

God se bedoeling met die mens was, en is nou hieraan verwant. God het mense gemaak om Hom in die aardse ekologie te verteenwoordig (Gen 1:26), om die “tuin” met alles daarin te bewoon, te bewerk en te bewaar (Gen 2:15). Dit is waarom God die mens in die tuin van Eden plaas en seën. Dit beteken ook dat bewoon, bewerk en bewaar fundamenteel is tot die mense se bestaansdoel en werk in hulle tuiste op aarde.

Dit is waarom ’n mens nie antieke grense moet verlê nie, want jy ontneem mense hulle verbintenis aan die grond, aan die plek waar hulle ’n ruimte het om tot hulle reg te kom, om God se opdrag na te kom, om die aarde te bewoon, bewerk en bewaar (vgl Lev 25:23).

Die volk is byvoorbeeld met die Intog in Kanaän gewaarsku dat hulle nie in die beloofde land hulle bure moes mislei deur grenspale te verskuif om vir hulleself meer grond te gee nie (vgl Deut 19:14; 27:17; Jes 5:8; vgl ook Spr 23:10-11).

Netso mag ‘n mens nie sommer so van jou geboortegrond afstand gedoen het nie. ’n Mens hoor daarom in hierdie spreuk ook die wysheid wat agter die baie belangrike verhaal van Nabot se wingerd sit, waar koning Agab hom van sy grond wou vervreem, en so grense wou verlê wat al lankal daar is nie (vgl 1 Konings 21).

Hierdie spreuk in Spreuke 22:28 is ’n belangrike teks om oor na te dink in ons land.

Spreuke 22:29

Spreuk 6 – Verhoog jou vaardigheid, en verhoog só jou invloed.

Hoe mooi sê die wyse nie: “Jy sien self …”. Dit is tog ‘n algemene waarheid dat vaardige mense se invloedsfeer groei. Hulle kom in die diens van konings en mense van aansien. Daarom is die onuitgesproke aanbeveling van dié vers: verhoog jou vaardigheid, en verhoog só jou invloed (vgl Spr 27:18).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…