Bybelskool

Subscribe

Subscribe to Blog via Email

Enter your email address to subscribe to this blog and receive notifications of new posts by email.

Vul jou e-pos adres hier in, klik op Subscribe, klik op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox sal stuur. Jy sal dan alle bydraes per e-pos ontvang. Jy kan ook te enige tyd die bydraes self stop.

NB: Indien jy sukkel om by bybelskool.com te registreer, kan jy dit ook direk doen by WORDPRESS.COM. Registreer daar en vul dan https://www.bybelskool.com by Blogs that I follow in. Dit dien dieselfde doel as om by Bybelskool.com self te registreer en is by die volgende url beskikbaar: BLOGS THAT I FOLLOW.

     

Comments (14)

  • Avatar

    Reth Roux

    |

    Ek kry nou al so lank gereeld my Bybelskool Boodskap van Chris en ek sal leeg wees daarsonde, ht al vir my goeie “file” opgebou

    Reply

  • Avatar

    Nic Botha

    |

    Die Bybelskool het my met preekvoorbereiding gehelp en om die boeke en briewe van die Bybel beter te verstaan.

    Reply

  • Avatar

    brensda

    |

    Ek kan nie een dag mis nie. Ek kry soveel pitkos vir my siel!! Baie dankie vir die insig rondom die Woord. Waardeer dit!

    Reply

  • Avatar

    elsabie

    |

    My man en ek het ‘n behoefte aan sulke leiding tydens Bybelstudie.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Baie van die bydraes op die webtuiste het ‘n boodskap gedeelte aan die einde van die behandeling van ‘n hoofstuk. Jy sou dit kon gebruik. Daar is egter baie hulpmiddels op die web beskikbaar. Kyk by SEISOEN VAN LUISTER waar daar by elke teks wat daar behandel word, ‘n Kindertyd boodskap is. Jy kan ook soek vir die Bybelteks wat jy in gedagte het by: SOEK HIER VIR BYBELGEDEELTES. Jy kan ook by Textweek kyk vir ‘n magdom Engelse hulpmiddels wat per Bybelteks beskikbaar is. Blaai net by elke teks af na die kinder-idees by “With Children”. Daar is ook skakels by hulle na ander kinderboodskap webtuistes. Hoop jy kry iets wat jou kan help.

      Reply

  • Avatar

    cecilia

    |

    Het u nie asb vir my boodskappies vir saalopeninge vir laerskool kinders nie, asb?

    Reply

  • Avatar

    Mariana Nel

    |

    Baie dankie vir hierdie platform, Chris. Ek het Lizzelle de Bruyn se onderhoud met jou oor RSG gehoor en ek word graag deel van die Bybelskool. Mariana Nel van Bloemfontein.

    Reply

  • Avatar

    winifrid

    |

    Ek sal dit waardeer om pitkos daagliks te kry!

    Reply

  • Avatar

    gloria

    |

    Pitkos elke oggend sal WONDERLIK wees!!! So begin ek die dag met SY hand in myne

    Reply

  • Avatar

    Barrie Vermeulen

    |

    Geagte Ds Chris

    Baie dankie vir die voorreg om weereens u webtuiste te gebruik.

    Dit gaan oor die oeroue vraag van saambly. Ek weet die Bybel wys by verkeie plekke dat dit nie so behoort te wees nie. Ek wil egter weet waar in die Bybel:

    1. Dit bepaal word hoe en waar die huwelik moet plaasvind? Is dit ‘n bepaling van God of is dit ‘n menslike verordening soos ons dit doen?
    2. Of dit werklik so ‘n sonde is as die twee werklik mekaar liefhet en getrou gesweer het aan mekaar?
    3. Of die kerk (Dominie) die reg het om sodanige mense onder tug te plaas?
    4. Wat van ‘n skeepskaptein, hy het die reg om huwelikke te doen maar hoe weet die paartjie of sy godsdiens oortuiging reg is? Indien nie, is hierdie huwelik wettig?
    5. Wat van ‘n grondeienaar wat bv. woonstelle uithuur? Moet hy nou ‘n CV eis van elke paar wat van voorneme is om in een van sy woonstelle in te trek?
    6. Is die ouers strafbaar as hulle kinders saambly?
    7. Is dit dan nie maar beter as om sommer oral in die bondel te flankeer nie?

    Ek waardeer u moeite om hierdie vraag te beantwood.

    Groete in Christus.
    Barrie Vermeulen.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Die NG Kerk se mening oor saamwoon kan jy hier bereik.

      Die belangrikste drie punte in dié standpunt (wat ‘n mens as ‘n geheel moet lees) wat met jou vraag verband hou, is die volgende:

      5. Die Algemene Sinode is nogtans daarvan oortuig dat die historiese ontwikkeling van die huwelik in die Bybel en in die geskiedenis vir ons duidelike riglyne bied van wat ’n Christelike huwelik is: ’n vaste, formele ooreenkoms tussen twee persone van die teenoorgestelde geslag om hulle lewens in alle opsigte met mekaar te deel in ’n lewenslange verbintenis waarin seksualiteit ‘n eksklusiewe karakter dra, geseën of bevestig deur die kerk, gesluit in die teenwoordigheid van getuies, sover as moontlik in die gemeenskap van gelowiges en verkieslik erken deur die staat as ’n wettige huwelik.
      6. Die Algemene Sinode oordeel dat, in die lig van bostaande, gelowiges met reg die huwelik ’n gawe van God noem en dat seksuele gemeenskap buite so ’n vaste, formele ooreenkoms nie aan Christelike riglyne voldoen nie.
      8. Die Algemene Sinode wil mense wat in ʼn etiese saamwoonverhouding leef en dus die Christelike norme vir die huwelik uitleef, aanmoedig om die verbintenis nog vaster te maak deur die kerklike en staatkundige aspekte ook in plek te kry.

      In antwoord op jou vrae:

        1. Die huwelik is ‘n gawe van God en nie net ‘n menslike bepaling nie.
        2. Ja
        3. Nee, dit is die taak van die kerkraad en ander amptelike liggame.
        4. ‘n Skeepskaptein tree namens die staat op, nie namens die kerk of geloof nie.
        5. Nee
        6. Nee (behalwe as hulle minderjarig is, uiteraard, dan sal die staat iets te sê hê daaroor)
        7. Nee

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Pieter

    |

    Naand Chris
    Dankie vir die lig in jou woorde

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Johan. Ja, WordPress sou dit gestuur het. Jou e-pos wys by my as geregistreer. So jy het dit waarskynlik al gedoen. Ek sal nie Wes-Kaap bywoon nie. Sterkte vir julle sitting.

  • Avatar

    Johan

    |

    Goeie middag Chris.
    Wardeer dat jy my geregistreer het.
    Gaan WordPress vir my n e-pos stuur wat ek net moet bevestig.
    Gaan julle ons die wes kaap senode bywoon in Mei maand sal graag sal wonderlik wees as ons mekaar daar kan sien.
    Groete
    Johan Swanepoel
    Durbanville bersig gemeente

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Johan. Ek sien nie jou e-pos in my lys nie. Ek sal jou registreer, maar jy moet dit net goedkeur as WordPress vir jou vra dat jy dit bevestig.

  • Avatar

    Johan

    |

    Sal dit so wardeer as ek weer die e-pose gereeld kan ontvang

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Joey. Dit beteken dat die skare die verantwoordelikheid vir Jesus se dood ook op hulleself as ‘n nasie geneem het, sodat dit nie net die Joodse leiers se besluit was om Jesus te kruisig nie, maar ook hulle eie.

    Hulle uitspraak: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!” berus op ‘n metafoor uit Deuteronomium 19:10 wat hulle omkeer en doelbewus op hulleself van toepassing maak, en daarmee sê, Jesus is skuldig aan Godslastering en verdien om gekruisig te word:

    “Daar mag nie onskuldige bloed vergiet word in die land wat die Here jou God aan jou as besitting sal gee nie, want dan sal daar bloedskuld op jou rus.”

    Johannes lewer daarop op kommentaar as hy in die proloog van sy evangelie skryf:

    “Hy het na sy eiendom toe gekom, en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.” (Joh 1:11)

    Gelukkig het Johannes ook verklaar:

    “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh 1:12)

    Johannes voeg daarby dat hierdie geloof nie kom van Joodse afkoms nie, of menslike gedrag of keuses nie, maar van God self af:

    “Hulle is dit nie van nature nie, nie deur die drang van ’n mens of die besluit van ’n man nie, maar hulle is uit God gebore.” (Joh 1:13)

    Dit geld ons almal.

    Die skuld vir die kruisdood het dus gelê op beide die Joodse leiers en die skares van daardie tyd. Hulle het ook hulle eie kinders daarby ingesleep, en sou hierna ook die kerk van Jesus vervolg (Hand 7-8).

    Jesus het dit natuurlik voorspel in die profetiese rede:

    “Julle slange, addergeslag! Hoe sal julle ontkom aan die straf in die hel? Luister dus goed! Ek stuur profete, wyse manne en leraars na julle toe. Julle sal party van hulle doodmaak en kruisig, en party in julle sinagoges gesel en hulle van die een dorp na die ander vervolg. So sal julle verantwoordelik wees vir die bloed van al die vromes wat op die aarde uitgestort is, van die bloed van die onskuldige Abel af tot by die bloed van Sagaria seun van Berekja, vir wie julle tussen die tempel en die altaar vermoor het. Dit verseker Ek julle: Die straf vir al hierdie dinge sal op die mense van vandag neerkom.” (Matt 23:33-36)

    Jesus het dus ‘n straf oor hulle geprofeteer. Hierdie straf is voltrek in die jaar 70 nC op hierdie mense met die verwoesting van Jerusalem deur die Romeinse ryk en die verstrooiing van die Jode oor die wêreld.

    Maar, dit het nie gelei tot ‘n volskaalse verwerping van die Joodse volk daarna nie. Daaroor skryf Paulus in Romeine 9-11. Daar is steeds Jode wat in Jesus glo en daarom deel is van die koninkryk van God.

  • Avatar

    Joey Coetzee

    |

    Goeie dag,
    Vraag: Wat het hulle bedoel met “Laat sy bloed op ons en ons kinders kom”
    Matv27:22-25

  • Avatar

    Fanie Nel

    |

    Hi Chris, baie dankie vir die breedvoerige antwoord. Ek sal dit so oordra.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek antwoord jou in sewe stellings gerugsteun deur aanhalings uit ons belydenisskrifte. Jy kan die Skrifverwysings ook nagaan.

    EEN. God kies ons uit in Jesus Christus, ons Here. Hy wys daardeur dat Hy barmhartig en regverdig is. Hierdie uitverkiesing is uit louter goedheid sonder dat ons dit verdien. Die uitverkiesing staan vas in sy ewige en onveranderlike raad. Hy skryf ons name in die boek van die lewe. Dit is ‘n bron van grenslose vreugde en dankbaarheid.

    “Ons glo dat God, toe die hele geslag van Adam deur die sonde van die eerste mens in die verderf en ondergang gestort is, Hom betoon het soos Hy is, naamlik barmhartig en regverdig. God is barmhartig, aangesien Hy dié wat Hy uitverkies het, uit hierdie verderf trek en verlos; God het hulle, uit louter goedheid en sonder om hulle werke in die minste in aanmerking te neem, in sy ewige en onveranderlike raad uitverkies in Jesus Christus, ons Here. God is regverdig deurdat Hy die ander in hulle val en verderf laat bly waarin hulle hulleself gewerp het.

    Rom. 3:12; 9:16; Deut. 32:8; 1 Sam. 12:22; Ps. 65:5; Mal. 1:2; 2 Tim. 1:9; Rom. 9:29; Tit. 3:4-5; Ef. 1:4-5; Rom. 11:5; Hand. 2:47; 13:48; 2 Tim. 2:20; Rom. 9:11; 1 Pet. 1:2; Rom. 9:21; Joh. 6:27, 44; 17:9,12; Joh. 13:9; 15:16; Rom. 11:34-35; Joh. 18:20; 15:19; Tit. 1:1; Ef. 1:3; Joh. 10:29; Matt. 15:24; 20:23.” (Nederlandse Geloofsbelydenis 16: DIE EWIGE VERKIESING VAN GOD)

    TWEE. God gee deur die werk van die Heiige Gees ‘n opregte geloof in Jesus Christus in ons harte. In Hom besit ons die volle saligheid vir ewig en altyd.

    “Ons glo dat die Heilige Gees ‘n opregte geloof in ons harte laat ontvlam om die ware kennis van hierdie groot geheimenis te verkry. Die geloof omhels Jesus Christus met al sy verdienstes. Dit maak Hom ons eie en soek na niks anders as na Hom nie. Daar is dus net twee moontlikhede: In Jesus Christus is nie alles wat vir ons saligheid nodig is nie, óóf dit is alles wél in Hom, en dan het hy wat wat Jesus Christus deur die geloof besit, sy volle saligheid. Om nou te beweer dat Christus nie genoegsaam is nie maar dat daar buite Hom nog iets meer nodig is, sou gruwelike godslastering wees, want dit sou beteken dat Christus slegs ‘n halwe Verlosser is. Ons sê daarom tereg saam met Paulus dat ons deur die geloof alleen of deur die geloof sonder die werke geregverdig is (Rom. 3:28).

    Om presies te wees: Ons bedoel nie dat die geloof self ons regverdig maak nie, want die geloof is slegs die middel waardeur ons Christus, ons Geregtigheid, omhels, maar wel dat Jesus Christus ons Geregtigheid is. Hýý reken ons sy hele verdienste toe en ook al sy heilige werke wat Hy vir ons en in ons plek gedoen het, terwyl die geloof die middel is wat ons in die gemeenskap aan al sy weldade aan Hom verbind. En as die weldade ons eiendom geword het, is hulle meer as genoeg om vryspraak vir ons sondes te verkry.

    Ps. 51:8; Ef. 1:17-18; 1 Tess. 1:6; 1 Kor. 2:12; Gal 2:21; Jer. 23:6; 1 Kor. 1:20; Jer. 51:10; 1 Kor. 15:3; Matt. 1:21; Rom. 8:1; 3:20, 28; Gal. 2:16; Heb. 7:19; Rom. 8:29, 33; Hand. 13:28; 1 Pet. 1:4; Rom. 10:3, 5, 9; Luk. 1:77; Tit. 3:5; Ps. 32:1; Rom. 4:5; 3:24, 27; Filp. 3:9; 2 Tim. 1:9; Ps. 115:1; 1 Kor. 4:7; Rom. 4:2.” (Nederlandse Geloofsbelydenis 22: ONS REGVERDIGING DEUR DIE GELOOF)

    DRIE. ‘n Ware geloof aanvaar dat alles in die Woord waar is en vertrou God dat Hy in Christus die ewige lewe aan jou geskenk het.

    “‘n Ware geloof is nie alleen ‘n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook ‘n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.

    (a) Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16.” (Heidelbergse Kategismus Vraag 21: Wat is ‘n ware geloof?)

    VIER. Die uitverkiesing raak duidelik waar mense tot bekering en geloof in Christus kom. Dit gebeur deur die verkondiging van die evangelie. Dié wat die evangelie glo, ontvang die ewige lewe.

    “Alle mense het in Adam gesondig en hulle skuldig gemaak aan die vloek en die ewige dood. Daarom sou God niemand verontreg het as dit sy wil was om die hele menslike geslag in die sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel nie. Daarom leer die apostel: die hele wêreld is voor God doemwaardig (Rom 3:19). Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) en: Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:23).

    Die liefde van God is egter hierin geopenbaar dat Hy sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (1 Joh 4:9; Joh 3:16).

    Om mense tot geloof te bring, stuur God uit louter goedheid verkondigers van hierdie vreugdevolle boodskap na wie Hy wil en wanneer Hy wil. Deur hulle diens word die mense geroep tot bekering en geloof in Christus, die gekruisigde, want: Hoe kan hulle in Hom glo van Wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (Rom 10:14,15).

    Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie. Dit alles kan nooit vooraf as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis word nie. Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ensovoorts. Daarom is die uitverkiesing die fontein van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan voortvloei. Die apostel getuig immers: Om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees (Ef 1:4), en nie ómdat ons alreeds so was nie.” (Dordtse Leerreëls 1.1.1-3,9)

    VYF. Dié wat hierdie evangelie nie glo nie het self skuld aan hulle ongeloof en sal die ewige lewe nie beërwe nie. Hulle name is nie opgeskryf in die boek van die lewe nie.

    “Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met ‘n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16).

    Die oorsaak of skuld van daardie ongeloof, net soos van alle ander sondes, lê beslis nie by God nie, maar by die mens. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter ‘n genadegawe van God. Soos geskrywe is: Uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God (Ef 2:8), ook: Dit is aan julle genadiglik gegee om in Christus te glo (Fil 1:29).” (Dordtse Leerreëls 1.1.4-5)

    SES. Die uitverkiesing is ‘n bron van sekerheid wat die dryfkrag gee vir ‘n heilige lewe voor die aangesig van God.

    “Vir die kinders van God is die besef en die sekerheid van hierdie uitverkiesing daagliks steeds meer rede om hulle voor die aangesig van God te verootmoedig, om die diepte van sy barmhartigheid te aanbid, om hulleself te reinig en om Hom, wat hulle eerste so uitnemend liefgehad het, ook van hulle kant vurig lief te hê. Dit is dan ook onmoontlik dat hierdie leer van die uitverkiesing en die besinning daaroor die kinders van God sal laat ophou om die gebooie van God te gehoorsaam of dat hulle onverskillig sou word deur ‘n sondige lewe te lei. Deur die regverdige oordeel van God is dit juis die geval met hulle wat die genade van die uitverkiesing ligtelik vir hulleself toe-eien of ydellik en ligsinnig daaroor praat, sonder dat hulle begeer om in die weë van die uitverkorenes te
    wandel.” (Dordtse Leerreëls 1.1.13)

    SEWE. Hierdie evangelie word aan alles mense verkondig sonder enige onderskeid. In die praktyk kom sommmige tot bekering en geloof, en ander nie.

    “Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof.

    Baie wat deur die evangelie geroep is, bekeer hulle nie, glo nie in Christus nie, maar sterf in ongeloof. Dit gebeur, nie omdat die offer wat Christus aan die kruis volbring het, gebrekkig of onvoldoende is nie, maar deur hul eie skuld.

    Almal wat egter waarlik glo en deur die dood van Christus van die sonde bevry en van die verderf gered word, ontvang hierdie weldaad slegs uit die genade van God. Hierdie genade is van ewigheid af in Christus aan hulle gegee, sonder dat Hy dit aan enigiemand verskuldig is.

    Dit was immers die volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God die Vader, dat die lewendmakende en saligmakende krag van die uiters kosbare dood van sy Seun al die uitverkorenes tot voordeel sal strek. So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak. Dit wil sê: Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis – waarmee Hy die nuwe verbond bevestig het – uit elke volk, stam, geslag en taal húúlle en hulle alleen kragdadiglik sal verlos, wat van ewigheid af tot die saligheid uitverkies en deur die Vader aan Hom gegee is. Ook was dit die wil van God dat Christus aan hulle die geloof sal gee wat Hy, soos ook die ander saligmakende gawes van die Heilige Gees, deur sy dood vir hulle verwerf het. Verder, dat Hy hulle van al hulle sondes – sowel die erfsonde as
    die daadsonde wat náá en vór die geloof begaan is – deur sy bloed sal reinig. Ten slotte, dat Hy hulle tot die einde toe getrou sal bewaar, en uiteindelik sonder enige vlek of rimpel in heerlikheid by Hom sal neem.” (Dordtse Leerreëls 1.1.5-8)

Prontuit die Waarheid