Skip to main content

Esra 6:14-22

Met Darius se ondersteuning kon die tempel voltooi word

Ek hoop die lees van hierdie profesieë van Haggai en Sagaria binne hulle Bybel-historiese kontekste het hulle boodskap vir jou in die werklikheid van die lewe geanker. Want, al is daar aspekte daarvan en perspektiewe daarin wat moeilik verstaanbaar is, moet ‘n mens altyd probeer om dit in konteks te verstaan. Dan raak die boodskap daarvan lewend en kan ‘n mens die brug na jou eie tyd probeer slaan.

Ons het begin met Daniël se gebede en visioene wat die terugkeer uit ballingskap in 539 vC begelei het, natuurlik gebaseer op die Skrifprofete soos Jesaja, Jeremia, en Esegiël se beloftes. Tussen-in het ons die worstelinge en wroeginge van die teruggekeerde ballinge gelees wat uiteindelik tot die begin van die bouwerk aan die tempel gelei het, soos Esra dit vir ons opgeteken het.

Nou kom ons nou by die inwyding van die tempel in 515 vC wat deur die hulp van die Here met die wêreldheersers, die teregwysing en bemoediging van die profete, en die gehoorsaamheid van die leiers en die Joodse volk moontlik gemaak is.

Teks en konteks

Esra vertel vir ons in sy memoires – onthou hy het dit eers in die volgende eeu opgeteken – dat die Jode aangehou bou het aan die tempel en uiteindelik dit kon voltooi: “danksy die profetiese prediking van die profeet Haggai en Sagaria.”

Die voltooiing van die tempel het die basis geskep vir die normalisering van hulle godsdienstige lewe. Hulle het dus almal saam die tempel met groot vreugde ingewy met honderde offerdiere en só ook hulle geloofsgemeenskap gereinig.

Daarby het die teruggekeerde “ballinge” die Pasga saam met al die priesters en Leviete op die veertiende dag van die eerste maand gevier. Trouens, “almal wat hulle afgeskei het van die onreinheid van die volk van die land, om die wil van die Here die God van Israel te soek, het dit ook gedoen.”

Die Here het hulle blydskap laat ervaar  gemaak deurdat Hy die gesindheid van die wêreldheersers teenoor hulle verander het. Die konings het dus hulle hande gesterk vir die werk aan die huis van God, die God van Israel.

Die verwysing na Assirië is waarskynlik omdat die koning van Persië uiteraard oor die vroeëre Assiriese gebied geheers het en daarom as opvolgers van die Assiriërs gesien is.

Die tempel is dus voltooi en ingewy in 515 vC, ses jaar na Darius koning geword het en 23 jaar ná die opdrag deur koning Kores daartoe gegee is.

Boodskap en betekenis

Let op hoe die opdragte van die Here saamgeval het met die opdragte van die wêreldheersers van hulle tyd. Dit is nie net die profete wat hulle tereggewys en aangemoedig het nie. Die konings het ook hulle hande versterk om die grootse projek van die tempelbou ten uitvoer te kan bring.

Dit dui op die “dubbele oorsaaklikheid” van alles wat ons ervaar. Die menslike en die Goddelike. Iets wat ons ook in ons tyd voor kan bid, en op kan vertrou. Dit lê agter Paulus se oproep aan Timoteus:

“dat smekinge, gebede, voorbidding en dankgebede vir alle mense gedoen word, vir konings en vir almal wat gesagsposisies beklee, sodat ons ‘n rustige en stil lewe, in alle godvresendheid en waardigheid, kan lei. Dit is goed en reg in die oë van God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense verlos word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim 2:1-4)

Laat die profesieë van Daniël, Haggai, en Sagaria en die memoires van Esra ook jou inspireer om met hierdie perspektiewe te begin bid sodat jy ook blydskap kan ervaar in wat jy begin raaksien hoe God agter die skerms werk en jou met meer ywer betrokke te raak by wat Hy doen in hierdie wêreld.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…