Jesus verwyt die dorpe wat nie tot inkeer gekom het waar sy wonderdade plaasgevind het nie
MATTEUS 11:20-24
20 Toe het Hy begin om die dorpe te verwyt waarin die meeste van sy wonderdade plaasgevind het, omdat hulle nie tot inkeer gekom het nie:
21 “Wee jou, Gorasin, wee jou, Betsaida, want as in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lank gelede in sak en as tot inkeer gekom het.
22 Maar Ek sê vir julle: Vir Tirus en Sidon sal dit op die oordeelsdag draagliker wees as vir julle.
23 En jy, Kapernaum, jy sal tog nie tot die hemel verhef word nie? Jy sal tot in die doderyk neerdaal, want as in Sodom die wonderdade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou dit tot vandag toe gestaan het.
24 Maar Ek sê vir julle dat dit vir die gebied van Sodom op die oordeelsdag draagliker sal wees as vir jou.”
Teks en konteks
11:20 Matteus plaas hierdie verwyt van Jesus ná die gesprek oor die wispelturigheid van die Jode in reaksie op beide Johannes die Doper se boodskap as sy eie. Let op dat Jesus die dorpe begin verwyt (oneidizō – bestraf of teregwys) waar die meeste van sy wonderdade plaasgevind het, omdat hulle nie tot inkeer gekom het nie.
11:21-22 Dan spreek Jesus ‘n oordeel uit – ‘n wee (vgl. Openbaring se goue bakke waarvan drie van hulle as ‘n “wee” beskryf word) oor Gorasin (naby Kapernaum) en Betsaida, die dorpie van Andreas en Petrus wat ook naby Kapernaum was. Dit sal vir Tirus en Sidon draagliker wees as vir hulle in die oordeel wat kom, want as hulle dieselfde wonderdade sou gesien het sou hulle lank gelede al in sak en as tot inkeer gekom het. Die voorbeeld van Nineve is duidelik die agtergrond hiervan, al word Jona nie genoem nie.
11:23 Dieselfde geld vir Kapernaum. In ‘n meer duidelike toespeling as in Lukas 10:18 op die oordeel wat Jesaja oor die koning van Babilonië, Nebukadnesar, uitgespreek het (Jes. 14:13-15), word ‘n oordeel oor Kapernaum uitgespreek, omdat hulle tot die hemel verhoog is deur die Seun van God wat hulle stad sy basis gemaak het, maar weens hulle onbekeerlikheid uiteindelik in die doderyk (Hades) sal beland.
Trouens, as die wonderdade van Jesus in Sodom sou plaasgevind het, sou hulle tot vandag toe bestaan het.
11:24 Dit sal daarom vir die mense van Sodom wat deur vuur vir hulle losbandigheid en afvalligheid gestraf is, meer draaglik wees in die finale oordeel as vir die mense van die stede wat Jesus verwerp het ten spyte daarvan dat hulle sy wonderdade kon ervaar.
Boodskap en betekenis
Daar is ‘n valse beeld wat dwaalleraars van Jesus voorhou asof Hy net liefde is en nooit oordeel of veroordeel nie. Hier is dit egter duidelik dat Jesus nie net genade uitdeel nie, maar ook teregwysing. Hy vergewe nie net nie, maar verwyt ook. Hy spreek nie net vry nie, maar verdoem ook.
Die oordeel van Jesus gebeur letterlik in die aanvaarding of verwerping van sy boodskap. Dié wat tot inkeer kom en hulle vertroue op Hom plaas, ontvang die koninkryk van God. Dié wat nie tot inkeer kom nie en hulle vertroue nie op Jesus plaas nie, kom in die oordeel van God.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
- Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense - November 4, 2026
- Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid - November 5, 2026
- Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie - November 6, 2026
- Jesus eer Johannes as Elia wat sou kom - November 7, 2026
- Jesus verwyt die dorpe wat nie tot inkeer gekom het waar sy wonderdade plaasgevind het nie - November 8, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
originalblizzard19aaa84c56
Ek dink so aan my eie lewe se stadige groei en omkeer en inkeer en wegkeer en bekeer.. Maar dankie vir genadige Verlosser.
Chris van Wyk
👍