Eksodus 19
As julle My gehoorsaam, sal julle my eiendom wees, ’n koninkryk van priesters
Dit is drie maande na die Uittog uit Egipte. Die Israeliete het uiteindelik by die berg van God kom kamp opslaan, die plek waar hulle die volgende jaar sou deurbring om die wil van God vir die lewe uit sy hand te ontvang. Die hart daarvan sou die Tien Gebooie wees soos op kliptafels vir hulle gegee is om in die Tabernakel te bewaar. Die verdere detail van die wette sou in die sogenaamde verbondsboek, Eksodus 20-24 sowel as die hele boek Levitikus uitgespel word en later uitgebrei word met die verdere boeke van die Tora, die eerste vyf boeke van die OT, die Pentateug.
Die berg Sinai word uitruilbaar as die berg in die Sinwoestyn voorgestel of as in die Sinaiwoestyn self. Sinai word ook Horeb genoem (vgl. Eks. 3:1 – die plek waar Moses die Here die eerste keer ontmoet het; 33:6; Deut. 4:10; Rigt. 5:5; 1 Kon. 8:9; 1 Kon. 19:8 – die plek waar Elia die Here ontmoet het; 2 Kron. 5:10; Ps. 68:9,18; 106:19). In die NT word Sinai twee keer vermeld. In Hand. 7:30,38 in Stefanus se toespraak oor Israel se geskiedenis en in Gal. 4:24-25 waar Sinaiberg as ‘n simbool van die Ou Verbond geneem word.
Om die volk gereed te maak vir hierdie lewensveranderende ervaring by die berg Sinai bly Moses in konstante en direkte gesprek met die Here, soos hoofstuk 19 vir ons vertel. Elke stukkie detail van God se woorde vir die volk sou belangrik raak vir die verhouding wat God nie net tussen Hom en die volk wou tot stand bring nie, maar ook die verhouding wat Hy tussen hulle as volksgenote wou skep.
Let op hoe die doel van God se verlossing uit Egipte en voorsiening in die woestyn, self sy verdelging van die Amalekiete, in die uitnodiging tot ‘n intieme en gehoorsame verhouding met God bereik word: “As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, ’n koninkryk wat My as priesters dien, en ’n gewyde nasie. Die hele aarde behoort immers aan My.’”
Petrus skryf eeue later oor die wyse waarop hierdie doel van God in die geslag gelowiges van die NT op ‘n uitnemende manier verwesenlik word: “Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.” (1 Pet. 2:9-10).
Trouens, ons roeping is om seker te maak ons word as lewende stene in dié geestelike huis van God ingemessel, sê Petrus, sodat ons: “’n heilige priesterdom kan wees wat geestelike offers bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.” (1 Pet. 2:5).
Die beginpunt van hierdie Nuwe Testamentiese droom lê egter diep veranker in die verhaal van Sinai waar die Godsvolk die eerste genade van God se roeping ervaar het.
Moses dra dié boodskap van God se doel met hulle aan hulle oor via die leiers wat in Genesis 18 aangewys is om aan die volk oor te dra. Die volk is baie entoesiasties oor dié uitnodiging van die Here en antwoord, nogal “soos een man”: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen.”
Die Here besluit om meer direk aan die Godsvolk te verskyn in ‘n donderwolk, sodat hulle Hom kan hoor wanneer Hy met Moses praat en dit hulle vertroue in Moses kan versterk. Die Godsvolk moet egter eers gereinig word om dié epifanie, die Godsverskyning, te kan beleef op die derde dag van dan af. Die reiniging het op dié punt weinig meer ingehou as om hulle self en hulle klere te was, hulle te weerhou van seks, sowel as om ‘n grens rondom die berg te trek sodat die volk nie te naby kom aan die heilige grond van God se berg nie.
Die Here verskyn dan met dagbreek die derde dag met donderslae, weerligte en ’n donker wolk op die berg. Daar was ook die sterk, helder klank van ’n ramshoring, die sjofar, wat al hoe harder en helderder geword het soos die Here in vuur na die berg afgekom het, Die rook het opgetrek soos die rook van ’n oond met die hele berg wat geweldig geskud het.
Die grootse gebeure het groot ontsag by die volk ontlok, ‘n gepaste voorbereiding vir die gawe van die wet. Dit is dan ook presies wat gebeur. Die gesprek tussen God en Moses mond uiteindelik uit in die gawe van die Tien Gebooie, soos hoofstuk 20 vertel. Deurgaans is dit duidelik dat die heiligheid van die Here in die gawe van die wet voorop staan, en dat niemand naby Hom moet kom wat op enige manier die heiligheid van die gebeure kan aantas nie. Daarom word selfs die priesters gewaarsku om nie die grens tussen hulle en die Here oor te steek nie.
Oor die gawe van die wet
Die pad met God kan net op een manier bewandel word, en dit is deur ‘n absolute gehoorsaamheid aan sy wil vir die lewe. Die Trek uit Egipte vind sy motivering in die gawe en onderrig van die Tora. God het hulle uit Egipte gelei om hulle tot gehoorsaamheid aan Hom te kan begelei. En die Tora was die hart van sy onderrig van sy wil. Gehoorsaamheid aan die Tora het dus vir hulle die konstante teenwoordigheid van die Here oop gesluit soos dit hierna in die Tabernakel beskikbaar sou wees.
Trouens, die een enkele ontbrekende element in al die verskillende verhale van Genesis word hier in Eksodus gegee. Die helder skriftelike formulering van God se wil vir die lewe. Die Tora. Al die vorige, huidige en selfs toekomstige onsekerheid oor etiese goed, oor die regte aanbidding van God, oor hoe die verskillende tipe sosiale verhoudings moet werk, en nog baie meer word deur die wet, die Tora, aangespreek en uitgesorteer.
Die Tora openbaar dus aan ons hoe ongelooflik ons behoefte aan begeleiding in die weë van die Here is. Die Joodse rabbi’s het 613 wette getel in die Tora – 248 positief (moets) en 365 negatief (moenies) – soos rabbi Simlai in die 3de eeu n.C. die eerste keer in ‘n preek opgemerk het! Dit dui nie op ‘n puntenerige God nie, maar op ‘n vergeetagtige volk wat nie sonder gedetailleerde praktiese geestelike begeleiding aan hulle verhouding met God, mekaar en die wêreld reg kon laat geskied nie.
Die Tora sou mettertyd uitgebrei word soos daar nuwe vraagstukke na vore gekom het, en ook geïnterpreteer word deur die priesters en profete soos daar nuwe situasies ontstaan het deur die loop van Israel se geskiedenis, ‘n proses wat tot die kanon van die OT gelei het, en ook in die NT verder geneem sou word.
Ons moet egter vir geen enkele oomblik dink dat die Tora op enige manier onnodig was of minder geestelik was as bv. die dinamiese verhouding van die aartsvaders met hulle God. Die Israeliete kon nie sonder die wet klaarkom nie, omdat dit die onsekerheid oor die verhouding God en mekaar uit die weg geruim het. Dat dit uiteindelik geblyk het dat die wet nie mense se harte kon verander het nie, soos Paulus uitvoerig in Romeine skrywe, hef nie die noodsaak van die gawe van en gehoorsaamheid aan die wet op nie. Dat Christus ons harte moes kom verander om die wet na te kan kom, bevestig dat die probleem by ons was weens ons sondigheid, nie dat die wet nie nodig en steeds geldig is of was nie. Ons is net in die bevoorregte posisie dat die Here Jesus se nakoming van die wet, sy geregtigheid, ons toegereken word.
Apodiktiese en kasuïstiese wette
Dit sal jou baie help in die leeswerk van die volgende vyf hoofstukke sowel as wanneer ons met Levitikus besig raak, is om van twee breë tipe wette kennis te neem.
Daar is die apodiktiese wette. Dit is absolute bevele soos ons in die Tien Gebooie kry: “Jy mag nie doodslaan nie.” “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Daar kan geen onsekerheid wees oor die uitvoering daarvan nie. Jy moet absoluut gehoorsaam wees daaraan.
Daar is ook kasuïstiese wette. Dit is gevallestudies wat in wetgewing vorm die nakoming van die wet uitspel. Daar is voorwaardes wat vir dié wette uitgespel word wat onder sekere omstandighede toegepas moet word, en onder ander omstandighede juis nie, of anders as die normale uitvoering daarvan. Bv. oor bakleiery: “Wanneer mans aan die stry raak en die een slaan die ander met ’n klip of met die vuis sonder om hom dood te slaan, moet die slaner nie gestraf word nie. As die man wat geslaan is, egter in die bed moet bly en eers later kan opstaan en met ’n kierie buite kan rondloop, moet die slaner hom vergoed vir die tyd wat hy nie kan werk nie en vir hom sorg tot hy behoorlik gesond is.” (Eks. 21:18-19).
Die ooreenkoms met Hetitiese verdrae
Dit is ook interessant dat daar duidelike ooreenkomste is tussen die ses hoofstukke van Eksodus 19-24 en die Hetitiese verdrae wat uit die 18de eeu v.C. afkomstig is. Die Hetiete het ‘n koninkryk gehad in wat ons vandag as die moderne Turkye ken. Hulle het baie keer in die konflikte met ander nasies ooreenkomste met hulle aangegaan wat wedersydse verpligtinge en voordele gehad het.
Die positiewe styl van die historiese proloë van die Hetiete se verdrae toon ooreenkomste met die styl van die Tora soos in hoofstuk 19 gesien kan word. Beide stelle verdrae/wette kontrasteer skerp met die latere Assiriese verdrae van die 10de eeu v.C. wat skerp en dreigend geformuleer is. Dit versterk die argument dat die Tora nie ‘n latere ontwikkeling was nie, soos baie geleerdes aanvoer, maar na die tyd van die Eksodus self teruggevoer kan word. Moses se bekendheid met die koninklike hofhouding in Egipte sou hom heel waarskynlik aan sulke ooreenkomste en verdrae blootgestel het wat daarom deur die Here in die skrifstelling van die Tora gebruik kon word.
Moreel-etiese, burgerlike en seremoniële wette
Dit sal jou ook help om uit ‘n Christelike hoek aan die wette in drie breë kategorieë te dink. Dit sal jou ‘n konseptuele raamwerk gee om die geldigheid van die wette ook vir vandag te kan bepaal (al dan nie), iets wat ook in die Nederlandse Geloofsbelydenis (artikel 25), een van die geloofsbelydenisse uit die Reformasie, ‘n neerslag gekry het.
Dié indeling is in moreel-etiese, burgerlike en seremoniële wette. Sommige wette kan by meer as een kategorie gesorteer word, maar dit gee ‘n mens ‘n handige manier om sin te maak van die geweldige omvang van wette wat hiervandaan in die res van die Pentateug gegee word.
Die moreel-etiese wette is dinge soos die Eerste gebod: “Jy mag naas My geen ander gode hê nie.” Dit lê beslag op jou hele wese. Dit is gewoonlik apodiktiese wette wat op die absolute gesag van die Here self berus. Jy hoef nie eers in ‘n hof te gaan staan om jouself te verweer teen iemand wat jou vir die verbreking daarvan aankla nie. Jy weet dit sommer self vanuit die feit dat die Heilige Gees deur jou gewete jou innerlik oortuig van die sin en waarheid daarvan, ook wanneer jy dit oortree. Dit is daarom ook wette wat regdeur die NT positief bejeën word en as deel van die evangeliese geloof uitgespel word. Vergelyk Romeine 13 en 1 Timoteus 1 vir plekke waar die apodiktiese wette as deel van die evangelie uitgelê word.
Die burgerlike wette is duidelik wette wat die onderlinge sosiale verhoudinge reël, dinge wat in veral die gevallestudies, die kasuïstiese wette, voorkom – as iets wegraak, of jou bees iemand beseer ens. Die inhoud of betekenis daarvan – bv. dat ‘n mens geweld moet beperk in jou reaksie op iets wat verkeerd loop, die primêre rede waarom daar ‘n wet soos “’n oog vir ‘n oog, en ‘n tand vir ‘n tand” was – bly wel geldig, maar nie noodwendig die detail daarvan nie. In die NT is daar ook uitbreidings van dié wette soos bv. dat jy jou vyande moet liefhê, iets wat aansluit by die inhoud van die Lex Talionis wette (bv. oog vir ‘n oog), maar nie in die presiese detail daarvan nie.
Die seremoniële wette reël bv. die wyse waarop die Here in die tabernakel aanbid moet word, die liturgie of erediens, sowel as die wyse waarop Hy in die lewe aanbid moet wat dinge in fyn detail uitspel – dieet, swangerskap, siektes, kleredrag ens. Die inhoud en betekenis daarvan is eweneens van belang vir ons vandag, maar nie die presiese detail waarop dit uitgespel word.
View all posts in this series
- Bekendstelling Kronologiese Bybelleesplan - November 24, 2022
- Genesis 1:1-2:3 - November 25, 2022
- Genesis 2:4-25 - November 26, 2022
- Genesis 3 - November 27, 2022
- Genesis 4 - November 28, 2022
- Genesis 5 - November 29, 2022
- Genesis 6 - November 30, 2022
- Genesis 7 - December 1, 2022
- Genesis 8 - December 2, 2022
- Genesis 9 - December 3, 2022
- Genesis 10 - December 4, 2022
- Genesis 11 - December 5, 2022
- Job 1 - December 6, 2022
- Job 2 - December 7, 2022
- Job 3 - December 8, 2022
- Job 4:1-5:1 - December 9, 2022
- Job 5:2-27 - December 10, 2022
- Job 6 - December 11, 2022
- Job 7 - December 12, 2022
- Job 8 - December 13, 2022
- Job 9 - December 14, 2022
- Job 10 - December 15, 2022
- Job 11 - December 16, 2022
- Job 12:1-13:19 - December 17, 2022
- Job 13:20-14:22 - December 18, 2022
- Job 15 - December 19, 2022
- Job 16 - December 20, 2022
- Job 17 - December 21, 2022
- Job 18 - December 22, 2022
- Job 19 - December 23, 2022
- Job 20 - December 24, 2022
- Job 21 - December 25, 2022
- Job 22 - December 26, 2022
- Job 23 - December 27, 2022
- Job 24 - December 28, 2022
- Job 25 - December 29, 2022
- Job 26 - December 30, 2022
- Job 27 - December 31, 2022
- Job 28 - January 1, 2023
- Job 29 - January 2, 2023
- Job 30 - January 3, 2023
- Job 31 - January 4, 2023
- Job 32 - January 5, 2023
- Job 33 - January 6, 2023
- Job 34 - January 7, 2023
- Job 35 - January 8, 2023
- Job 36-37 - January 9, 2023
- Job 38-39 - January 10, 2023
- Job 40-42:6 - January 11, 2023
- Job 42:7-17 - January 12, 2023
- Genesis 12 - January 13, 2023
- Genesis 13 - January 14, 2023
- Genesis 14 - January 15, 2023
- Genesis 15 - January 16, 2023
- Genesis 16 - January 17, 2023
- Genesis 17 - January 18, 2023
- Genesis 18 - January 19, 2023
- Genesis 19 - January 20, 2023
- Genesis 20 - January 21, 2023
- Genesis 21 - January 22, 2023
- Genesis 22 - January 23, 2023
- Genesis 23 - January 24, 2023
- Genesis 24 - January 25, 2023
- Genesis 25:1-18 - January 26, 2023
- Genesis 25:19-34 - January 27, 2023
- Genesis 26 - January 28, 2023
- Genesis 27:1-45 - January 29, 2023
- Genesis 27:46-28:22 - January 30, 2023
- Genesis 29-30 - January 31, 2023
- Genesis 31 - February 1, 2023
- Genesis 32 - February 2, 2023
- Genesis 33 - February 3, 2023
- Genesis 34 - February 4, 2023
- Genesis 35 - February 5, 2023
- Genesis 36 - February 6, 2023
- Genesis 37 - February 7, 2023
- Genesis 38 - February 8, 2023
- Genesis 39:1-20 - February 9, 2023
- Genesis 39:21-40:23 - February 10, 2023
- Genesis 41 - February 11, 2023
- Genesis 42 - February 12, 2023
- Genesis 43 - February 13, 2023
- Genesis 44 - February 14, 2023
- Genesis 45 - February 15, 2023
- Genesis 46 - February 16, 2023
- Genesis 47-48 - February 17, 2023
- Genesis 49-50 - February 18, 2023
- Eksodus 1 - February 19, 2023
- Eksodus 2 - February 20, 2023
- Eksodus 3:1-4:17 - February 21, 2023
- Eksodus 4:18-31 - February 22, 2023
- Eksodus 5 - February 23, 2023
- Eksodus 6:1-26 - February 24, 2023
- Eksodus 6:27-7:25 - February 25, 2023
- Eksodus 8 - February 26, 2023
- Eksodus 9 - February 27, 2023
- Eksodus 10:1-27 - February 28, 2023
- Eksodus 10:28-11:10 - March 1, 2023
- Eksodus 12:1-42 - March 2, 2023
- Eksodus 12:43-13:16 - March 3, 2023
- Eksodus 13:17-14:31 - March 4, 2023
- Eksodus 15 - March 5, 2023
- Eksodus 16 - March 6, 2023
- Eksodus 17 - March 7, 2023
- Eksodus 18 - March 8, 2023
- Eksodus 19 - March 9, 2023
- Eksodus 20 - March 10, 2023
- Eksodus 21 - March 11, 2023
- Eksodus 22 - March 12, 2023
- Eksodus 23 - March 13, 2023
- Eksodus 24 - March 14, 2023
- Eksodus 25 - March 15, 2023
- Eksodus 26 - March 16, 2023
- Eksodus 27 - March 17, 2023
- Eksodus 28 - March 18, 2023
- Eksodus 29 - March 19, 2023
- Eksodus 30 - March 20, 2023
- Eksodus 31 - March 21, 2023
- Eksodus 32 - March 22, 2023
- Eksodus 33 - March 23, 2023
- Eksodus 34 - March 24, 2023
- Eksodus 35:1-36:1 - March 25, 2023
- Eksodus 36:2-38 - March 26, 2023
- Eksodus 37 - March 27, 2023
- Eksodus 38 - March 28, 2023
- Eksodus 39 - March 29, 2023
- Eksodus 40 - March 30, 2023
- Levitikus 1 - March 31, 2023
- Levitikus 2 - April 1, 2023
- Levitikus 3 - April 2, 2023
- Levitikus 4:1-5:13 - April 3, 2023
- Levitikus 5:14-6:7 - April 4, 2023
- Levitikus 6:8-7:38 - April 5, 2023
- Levitikus 8 - April 6, 2023
- Levitikus 9 - April 7, 2023
- Levitikus 10 - April 8, 2023
- Levitikus 11 - April 9, 2023
- Levitikus 12 - April 10, 2023
- Levitikus 13-14 - April 11, 2023
- Levitikus 15 - April 12, 2023
- Levitikus 16 - April 13, 2023
- Levitikus 17 - April 14, 2023
- Levitikus 18 - April 15, 2023
- Levitikus 19 - April 16, 2023
- Levitikus 20 - April 17, 2023
- Levitikus 21 - April 18, 2023
- Levitikus 22 - April 19, 2023
- Levitikus 23 - April 20, 2023
- Levitikus 24 - April 21, 2023
- Levitikus 25 - April 22, 2023
- Levitikus 26 - April 23, 2023
- Levitikus 27 - April 24, 2023
- Numeri 1-2 - April 25, 2023
- Numeri 3-4 - April 26, 2023
- Numeri 5 - April 27, 2023
- Numeri 6 - April 28, 2023
- Numeri 7 - April 29, 2023
- Numeri 8 - April 30, 2023
- Numeri 9 - May 1, 2023
- Numeri 10 - May 2, 2023
- Numeri 11 - May 3, 2023
- Numeri 12 - May 4, 2023
- Numeri 13 - May 5, 2023
- Numeri 14 - May 6, 2023
- Numeri 15 - May 7, 2023
- Numeri 16 - May 8, 2023
- Numeri 17 - May 9, 2023
- Numeri 18 - May 10, 2023
- Numeri 19 - May 11, 2023
- Numeri 20 - May 12, 2023
- Numeri 21 - May 13, 2023
- Numeri 22 - May 14, 2023
- Numeri 23:1-26 - May 15, 2023
- Numeri 23:27-24:25 - May 16, 2023
- Numeri 25 - May 17, 2023
- Numeri 26 - May 18, 2023
- Numeri 27 - May 19, 2023
- Numeri 28-29 - May 20, 2023
- Numeri 30 - May 21, 2023
- Numeri 31 - May 22, 2023
- Numeri 32 - May 23, 2023
- Numeri 33 - May 24, 2023
- Numeri 34-35 - May 25, 2023
- Numeri 36 - May 26, 2023
- Deuteronomium 1 - May 27, 2023
- Deuteronomium 2 - May 28, 2023
- Deuteronomium 3 - May 29, 2023
- Deuteronomium 4:1-43 - May 30, 2023
- Deuteronomium 4:44-5:33 - May 31, 2023
- Deuteronomium 6 - June 1, 2023
- Deuteronomium 7 - June 2, 2023
- Deuteronomium 8 - June 3, 2023
- Deuteronomium 9 - June 4, 2023
- Deuteronomium 10 - June 5, 2023
- Deuteronomium 11 - June 6, 2023
- Deuteronomium 12 - June 7, 2023
- Deuteronomium 13 - June 8, 2023
- Deuteronomium 14 - June 9, 2023
- Deuteronomium 15 - June 10, 2023
- Deuteronomium 16:1-17 - June 11, 2023
- Deuteronomium 16:18-17:20 - June 12, 2023
- Deuteronomium 18 - June 13, 2023
- Deuteronomium 19 - June 14, 2023
- Deuteronomium 20 - June 15, 2023
- Deuteronomium 21 - June 16, 2023
- Deuteronomium 22 - June 17, 2023
- Deuteronomium 23 - June 18, 2023
- Deuteronomium 24:1-25:4 - June 19, 2023
- Deuteronomium 25:5-19 - June 20, 2023
- Deuteronomium 26 - June 21, 2023
- Deuteronomium 27 - June 22, 2023
- Deuteronomium 28 - June 23, 2023
- Deuteronomium 29 - June 24, 2023
- Deuteronomium 30 - June 25, 2023
- Deuteronomium 31:1-29 - June 26, 2023
- Deuteronomium 31:30-32:52 - June 27, 2023
- Psalm 90 - June 28, 2023
- Deuteronomium 33 - June 29, 2023
- Deuteronomium 34 - June 30, 2023
- Josua 1 - July 1, 2023
- Josua 2 - July 2, 2023
- Josua 3:1 – 5:1 - July 3, 2023
- Josua 5:2-12 - July 4, 2023
- Josua 5:13-6:27 - July 5, 2023
- Josua 7 - July 6, 2023
- Josua 8 - July 7, 2023
- Josua 9 - July 8, 2023
- Josua 10 - July 9, 2023
- Josua 11:1-15 - July 10, 2023
- Josua 11:16-12:24 - July 11, 2023
- Josua 13 - July 12, 2023
- Josua 14 - July 13, 2023
- Josua 15 - July 14, 2023
- Josua 16-17 - July 15, 2023
- Josua 18-19 - July 16, 2023
- Josua 20-21 - July 17, 2023
- Josua 22 - July 18, 2023
- Josua 23 - July 19, 2023
- Josua 24 - July 20, 2023
- Rigters 1:1-2:5 - July 21, 2023
- Rigters 2:6-3:6 - July 22, 2023
- Rigters 3:7-31 - July 23, 2023
- Rigters 4 - July 24, 2023
- Rigters 5 - July 25, 2023
- Rigters 6 - July 26, 2023
- Rigters 7 - July 27, 2023
- Rigters 8 - July 28, 2023
- Rigters 9 - July 29, 2023
- Rigters 10 - July 30, 2023
- Rigters 11-12 - July 31, 2023
- Rigters 13 - August 1, 2023
- Rigters 14-15 - August 2, 2023
- Rigters 16 - August 3, 2023
- Rigters 17-18 - August 4, 2023
- Rigters 19 - August 5, 2023
- Rigters 20 - August 6, 2023
- Rigters 21 - August 7, 2023
- Rut 1 - August 8, 2023
- Rut 2 - August 9, 2023
- Rut 3 - August 10, 2023
- Rut 4 - August 11, 2023
- 1 Samuel 1 - August 12, 2023
- 1 Samuel 2 - August 13, 2023
- 1 Samuel 3 - August 14, 2023
- 1 Samuel 4 - August 15, 2023
- 1 Samuel 5 - August 16, 2023
- 1 Samuel 6:1-7:1 - August 17, 2023
- 1 Samuel 7:2-17 - August 18, 2023
- 1 Samuel 8 - August 19, 2023
- 1 Samuel 9–10 - August 20, 2023
- 1 Samuel 11 - August 21, 2023
- 1 Samuel 12 - August 22, 2023
- 1 Samuel 13 - August 23, 2023
- 1 Samuel 14 - August 24, 2023
- 1 Samuel 15 - August 25, 2023
- 1 Samuel 16 - August 26, 2023
- 1 Samuel 17 - August 27, 2023
- 1 Samuel 18 - August 28, 2023
- 1 Samuel 19 - August 29, 2023
- Psalm 59 - August 30, 2023
- 1 Samuel 20 - August 31, 2023
- 1 Samuel 21 - September 1, 2023
- Psalm 34 - September 2, 2023
- Psalm 56 - September 3, 2023
- 1 Samuel 22 - September 4, 2023
- Psalm 142 - September 5, 2023
- Psalm 52 - September 6, 2023
- 1 Samuel 23 - September 7, 2023
- Psalm 54 - September 8, 2023
- 1 Samuel 24 - September 9, 2023
- Psalm 57 - September 10, 2023
- Psalm 58 - September 11, 2023
- Psalm 143 - September 12, 2023
- Psalm 144 - September 13, 2023
- Psalm 145 - September 14, 2023
- 1 Samuel 25 - September 15, 2023
- 1 Samuel 26 - September 16, 2023
- Psalm 17 - September 17, 2023
- 1 Samuel 27; 1 Kronieke 12:1-22 - September 18, 2023
- 1 Samuel 28 - September 19, 2023
- 1 Samuel 29 - September 20, 2023
- 1 Samuel 30 - September 21, 2023
- 1 Samuel 31 - September 22, 2023
- 1 Kronieke 10 - September 23, 2023
- 2 Samuel 1 - September 24, 2023
- Psalm 19 - September 25, 2023
- Psalm 29 - September 26, 2023
- Psalm 8 - September 27, 2023
- Psalm 22 - September 28, 2023
- Psalm 23 - September 29, 2023
- Psalm 14 - September 30, 2023
- Psalm 53 - October 1, 2023
- Psalm 16 - October 2, 2023
- 2 Samuel 2 - October 3, 2023
- 2 Samuel 3 - October 4, 2023
- Psalm 140 - October 5, 2023
- Psalm 141 - October 6, 2023
- 2 Samuel 4 - October 7, 2023
- 2 Samuel 5:1-16; 1 Kronieke 11:1-9; 12:23-40; 14:1-7 - October 8, 2023
- 2 Samuel 5:17-25; 1 Kronieke 14:8-17 - October 9, 2023
- 2 Samuel 6 - October 10, 2023
- 1 Kronieke 13 - October 11, 2023
- 1 Kronieke 15 - October 12, 2023
- 1 Kronieke 16 - October 13, 2023
- Psalm 105 - October 14, 2023
- Psalm 96 - October 15, 2023
- Psalm 68 - October 16, 2023
- Psalm 24 - October 17, 2023
- Psalm 26 - October 18, 2023
- Psalm 27 - October 19, 2023
- Psalm 31 - October 20, 2023
- Psalm 28 - October 21, 2023
- Psalm 50 - October 22, 2023
- Psalm 92 - October 23, 2023
- Psalm 93 - October 24, 2023
- Psalm 94 - October 25, 2023
- Psalm 95 - October 26, 2023
- Psalm 97 - October 27, 2023
- Psalm 98 - October 28, 2023
- Psalm 99 - October 29, 2023
- Psalm 100 - October 30, 2023
- Psalm 101 - October 31, 2023
- Psalm 111 - November 1, 2023
- Psalm 112 - November 2, 2023
- Psalm 113 - November 3, 2023
- Psalm 114 - November 4, 2023
- Psalm 115 - November 5, 2023
- Psalm 116 - November 6, 2023
- Psalm 117 - November 7, 2023
- Psalm 118 - November 8, 2023
- Psalm 119:1-8 - November 9, 2023
- Psalm 119:9-16 - November 10, 2023
- Psalm 119:17-24 - November 11, 2023
- Psalm 119:25-32 - November 12, 2023
- Psalm 119:33-40 - November 13, 2023
- Psalm 119:41-48 - November 14, 2023
- Psalm 119:49-56 - November 15, 2023
- Psalm 119:57-64 - November 16, 2023
- Psalm 119:65-72 - November 17, 2023
- Psalm 119:73-80 - November 18, 2023
- Psalm 119:81-88 - November 19, 2023
- Psalm 119:89-96 - November 20, 2023
- Psalm 119:97-104 - November 21, 2023
- Psalm 119:105-112 - November 22, 2023
- Psalm 119:113-120 - November 23, 2023
- Psalm 119:121-128 - November 24, 2023
- Psalm 119:129-136 - November 25, 2023
- Psalm 119:137-144 - November 26, 2023
- Psalm 119:145-152 - November 27, 2023
- Psalm 119:153-160 - November 28, 2023
- Psalm 119:161-168 - November 29, 2023
- Psalm 119:169-176 - November 30, 2023
- Psalm 120 - December 1, 2023
- Psalm 121 - December 2, 2023
- Psalm 122 - December 3, 2023
- Psalm 123 - December 4, 2023
- Psalm 124 - December 5, 2023
- Psalm 125 - December 6, 2023
- Psalm 128 - December 7, 2023
- Psalm 129 - December 8, 2023
- Psalm 130 - December 9, 2023
- Psalm 131 - December 10, 2023
- Psalm 132 - December 11, 2023
- Psalm 133 - December 12, 2023
- Psalm 134 - December 13, 2023
- Psalm 135 - December 14, 2023
- Psalm 136 - December 15, 2023
- Psalm 138 - December 16, 2023
- Psalm 139 - December 17, 2023
- 2 Samuel 7 - December 18, 2023
- 1 Kronieke 17 - December 19, 2023
- Psalm 1 - December 20, 2023
- Psalm 2 - December 21, 2023
- Psalm 15 - December 22, 2023
- Psalm 89 - December 23, 2023
- 2 Samuel 8 - December 24, 2023
- 1 Kronieke 18 - December 25, 2023
- Psalm 60 - December 26, 2023
- Psalm 108 - December 27, 2023
- Psalm 61 - December 28, 2023
- Psalm 62 - December 29, 2023
- Psalm 25 - December 30, 2023
- Psalm 109 - December 31, 2023
- 2 Samuel 9 - January 1, 2024
- 2 Samuel 10 - January 2, 2024
- 1 Kronieke 19 - January 3, 2024
- Psalm 35 - January 4, 2024
- Psalm 20 - January 5, 2024
- 2 Samuel 11 - January 6, 2024
- 2 Samuel 12; 1 Kronieke 20:1-3 - January 7, 2024
- Psalm 21 - January 8, 2024
- Psalm 32 - January 9, 2024
- Psalm 33 - January 10, 2024
- Psalm 38 - January 11, 2024
- Psalm 51 - January 12, 2024
- Psalm 103 - January 13, 2024
- Psalm 104 - January 14, 2024
- 2 Samuel 13 - January 15, 2024
- 2 Samuel 14 - January 16, 2024
- 2 Samuel 15 - January 17, 2024
- 2 Samuel 16 - January 18, 2024
- 2 Samuel 17 - January 19, 2024
- Psalm 3 - January 20, 2024
- Psalm 4 - January 21, 2024
- Psalm 5 - January 22, 2024
- Psalm 6 - January 23, 2024
- Psalm 7 - January 24, 2024
- Psalm 55 - January 25, 2024
- Psalm 63 - January 26, 2024
- Psalm 64 - January 27, 2024
- 2 Samuel 18 - January 28, 2024
- 2 Samuel 19 - January 29, 2024
- 2 Samuel 20; 1 Kronieke 18:14-17 - January 30, 2024
- Psalm 9-10 - January 31, 2024
- 2 Samuel 21; 1 Kronieke 20:4-8 - February 1, 2024
- Psalm 65 - February 2, 2024
- Psalm 66 - February 3, 2024
- Psalm 67 - February 4, 2024
- 2 Samuel 22; Psalm 18 - February 5, 2024
- Psalm 36 - February 6, 2024
- 2 Samuel 23:8-39; 1 Kronieke 11:10-47 - February 7, 2024
- 2 Samuel 24 - February 8, 2024
- 1 Kronieke 21-22:1 - February 9, 2024
- Psalm 11 - February 10, 2024
- Psalm 12 - February 11, 2024
- Psalm 13 - February 12, 2024
- Psalm 30 - February 13, 2024
- 1 Kronieke 22 - February 14, 2024
- 1 Kronieke 23-24 - February 15, 2024
- Psalm 39 - February 16, 2024
- Psalm 40 - February 17, 2024
- 1 Kronieke 25-26 - February 18, 2024
- Psalm 41 - February 19, 2024
- 1 Kronieke 27 - February 20, 2024
- 1 Kronieke 28-29 - February 21, 2024
- Psalm 91 - February 22, 2024
- Psalm 69 - February 23, 2024
- Psalm 70 - February 24, 2024
- Psalm 71 - February 25, 2024
- Psalm 42-43 - February 26, 2024
- Psalm 44 - February 27, 2024
- Psalm 46 - February 28, 2024
- Psalm 47 - February 29, 2024
- Psalm 48 - March 1, 2024
- Psalm 49 - March 2, 2024
- Psalm 84 - March 3, 2024
- Psalm 85 - March 4, 2024
- Psalm 86 - March 5, 2024
- Psalm 87 - March 6, 2024
- Psalm 88 - March 7, 2024
- Psalm 37 - March 8, 2024
- Psalm 110 - March 9, 2024
- 2 Samuel 23:1-7 - March 10, 2024
- 1 Konings 1-2 - March 11, 2024
- 1 Konings 3-4 - March 12, 2024
- 2 Kronieke 1 - March 13, 2024
- 1 Konings 5; 2 Kronieke 2 - March 14, 2024
- 1 Konings 6-7; 2 Kronieke 3:1-5:1 - March 15, 2024
- 1 Konings 8:1-11; 2 Kronieke 5:2-14 - March 16, 2024
- 1 Konings 8:12-61; 2 Kronieke 6 - March 17, 2024
- 1 Konings 8:62-9:9; 2 Kronieke 7 - March 18, 2024
- Hooglied 1:1-11 - March 19, 2024
- Hooglied 1:12-2:7 - March 20, 2024
- Hooglied 2:8-17 - March 21, 2024
- Hooglied 3:1-5 - March 22, 2024
- Hooglied 3:6-11 - March 23, 2024
- Hooglied 4:1-5:1 - March 24, 2024
- Hooglied 4:12-5:1 - March 25, 2024
- Hooglied 5:2-8 - March 26, 2024
- Hooglied 5:9-6:3 - March 27, 2024
- Hooglied 6:4-8:4 - March 28, 2024
- Hooglied 8:5-14 - March 29, 2024
- Psalm 72 - March 30, 2024
- Psalm 127 - March 31, 2024
- Spreuke 1:1-33 - April 1, 2024
- Spreuke 2:1-22 - April 2, 2024
- Spreuke 3:1-35 - April 3, 2024
- Spreuke 4:1-27 - April 4, 2024
- Spreuke 5:1-23 - April 5, 2024
- Spreuke 6:1-19 - April 6, 2024
- Spreuke 6:20-7:27 - April 7, 2024
- Spreuke 8:1-36 - April 8, 2024
- Spreuke 9:1-18 - April 9, 2024
- Spreuke 10:1-32 - April 10, 2024
- Spreuke 11:1-31 - April 11, 2024
- Spreuke 12:1-28 - April 12, 2024
- Spreuke 13:1-25 - April 13, 2024
- Spreuke 14:1-35 - April 14, 2024
- Spreuke 15:1-33 - April 15, 2024
- Spreuke 16:1-33 - April 16, 2024
- Spreuke 17:1-28 - April 17, 2024
- Spreuke 18:1-24 - April 18, 2024
- Spreuke 19:1-29 - April 19, 2024
- Spreuke 20:1-30 - April 20, 2024
- Spreuke 21:1-31 - April 21, 2024
- Spreuke 22:1-16 - April 22, 2024
- Spreuke 22:17-29 - April 23, 2024
- Spreuke 23:1-35 - April 24, 2024
- Spreuke 24:1-22 - April 25, 2024
- Spreuke 24:23-34 - April 26, 2024
- Spreuke 25:1-28 - April 27, 2024
- Spreuke 26:1-28 - April 28, 2024
- Spreuke 27:1-27 - April 29, 2024
- Spreuke 28:1-28 - April 30, 2024
- Spreuke 29:1-27 - May 1, 2024
- Spreuke 30:1-33 - May 2, 2024
- Spreuke 31:1-31 - May 3, 2024
- Prediker 1:1-11 - May 4, 2024
- Prediker 1:12-2:26 - May 5, 2024
- Prediker 3:1-15 - May 6, 2024
- Prediker 3:16-22 - May 7, 2024
- Prediker 4:1-16 - May 8, 2024
- Prediker 4:17-5:6 - May 9, 2024
- Prediker 5:7-6:9 - May 10, 2024
- Prediker 6:10-7:29 - May 11, 2024
- Prediker 8:1-17 - May 12, 2024
- Prediker 9:1-12 - May 13, 2024
- Prediker 9:13-10:15 - May 14, 2024
- Prediker 10:16-11:6 - May 15, 2024
- Prediker 11:7-12:8 - May 16, 2024
- Prediker 12:9-14 - May 17, 2024
- Psalm 49 - May 18, 2024
- 1 Konings 9:10-28; 2 Kronieke 8:1-18 - May 19, 2024
- 1 Konings 10:1-13; 2 Kronieke 9:1-12 - May 20, 2024
- 1 Konings 10:14-25; 2 Kronieke 9:13-28 - May 21, 2024
- Psalm 45 - May 22, 2024
- 1 Konings 11:1-43; 2 Kronieke 9:29-31 - May 23, 2024
- 1 Konings 12 - May 24, 2024
- 1 Konings 13 - May 25, 2024
- 1 Konings 14 - May 26, 2024
- 2 Kronieke 10 - May 27, 2024
- 2 Kronieke 11-12 - May 28, 2024
- 1 Konings 15:1-8; 2 Kronieke 13 - May 29, 2024
- 1 Konings 15:9-15; 2 Kronieke 14-15 - May 30, 2024
- 1 Konings 15:16-24; 2 Kronieke 16 - May 31, 2024
- 1 Konings 15:25-16:28 - June 1, 2024
- 1 Konings 16:29–17:24 - June 2, 2024
- 1 Konings 18 - June 3, 2024
- 1 Konings 19 - June 4, 2024
- 1 Konings 20 - June 5, 2024
- 1 Konings 21 - June 6, 2024
- 2 Kronieke 17 - June 7, 2024
- 1 Konings 22:1-40; 2 Kronieke 18 - June 8, 2024
- 2 Kronieke 19 - June 9, 2024
- 2 Kronieke 20; 1 Konings 22:41-51 - June 10, 2024
- Psalm 83 - June 11, 2024
- 1 Konings 22:52-54; 2 Konings 1
- 2 Konings 2 - June 12, 2024
- 2 Konings 3 - June 13, 2024
- 2 Konings 4 - June 14, 2024
- 2 Konings 5 - June 15, 2024
- 2 Konings 6:1-23 - June 16, 2024
- 2 Konings 6:24-7:20 - June 17, 2024
- 2 Konings 8:1-15 - June 18, 2024
- 2 Konings 8:16-24; 2 Kronieke 21 - June 19, 2024
- 2 Konings 8:25-29; 2 Kronieke 22:1-9 - June 20, 2024
- 2 Konings 9 - June 21, 2024
- 2 Konings 10 - June 22, 2024
- 2 Konings 11; 2 Kronieke 22:10-23:21 - June 23, 2024
- 2 Konings 12; 2 Kronieke 24 - June 24, 2024
- 2 Konings 13 - June 25, 2024
- 2 Konings 14:1-22; 2 Kronieke 25 - June 26, 2024
- 2 Konings 14:23-29 - June 27, 2024
- Jona 1:1-16 - June 28, 2024
- Jona 1:17-2:10 - June 29, 2024
- Jona 3:1-10 - June 30, 2024
- Jona 4:1-11 - July 1, 2024
- 2 Konings 15:1-7; 2 Kronieke 26 - July 2, 2024
- Amos 1:1-2:16 - July 3, 2024
- Amos 3:1 – 4:13 - July 4, 2024
- Amos 5:1-6:14 - July 5, 2024
- Amos 7:1-17 - July 6, 2024
- Amos 8:1-14 - July 7, 2024
- Amos 9:1-10 - July 8, 2024
- Amos 9:11-15 - July 9, 2024
- Hosea 1:1-12 - July 10, 2024
- Hosea 2:1-3:5 - July 11, 2024
- Hosea 4:1-5:7 - July 12, 2024
- Jesaja 1 - July 13, 2024
- Jesaja 2 - July 14, 2024
- Jesaja 3-4 - July 15, 2024
- Jesaja 5 - July 16, 2024
- Jesaja 6 - July 17, 2024
- 2 Konings 15:8-31 - July 18, 2024
- 2 Konings 15:32-38; 2 Kronieke 27 - July 19, 2024
- 2 Konings 16; 2 Kronieke 28 - July 20, 2024
- Jesaja 7 - July 21, 2024
- Jesaja 8:1-22 - July 22, 2024
- Jesaja 8:23-10:4 - July 23, 2024
- Jesaja 10:5-34 - July 24, 2024
- Jesaja 11-12 - July 25, 2024
- Hosea 5:8-7:16 - July 26, 2024
- Hosea 8:1-9:9 - July 27, 2024
- Hosea 9:10-10:15 - July 28, 2024
- Hosea 11:1-11 - July 29, 2024
- Hosea 12:1-15 - July 30, 2024
- Hosea 13:1-14:1 - July 31, 2024
- Hosea 14:2-10 - August 1, 2024
- Miga 1:1-3:12 - August 2, 2024
- Miga 4:1-5:14 - August 3, 2024
- Miga 6:1-7:20 - August 4, 2024
- 2 Konings 17 - August 5, 2024
- Jesaja 13-14 - August 6, 2024
- Jesaja 15-17 - August 7, 2024
- Jesaja 18-20 - August 8, 2024
- Jesaja 21-23 - August 9, 2024
- Jesaja 24-27 - August 10, 2024
- Jesaja 28 - August 11, 2024
- Jesaja 29 - August 12, 2024
- Jesaja 30-31 - August 13, 2024
- Jesaja 32-33 - August 14, 2024
- Jesaja 34-35 - August 15, 2024
- 2 Konings 18:1-12; 2 Kronieke 29 - August 16, 2024
- 2 Kronieke 30-31:1 - August 17, 2024
- 2 Kronieke 31:2-21 - August 18, 2024
- Psalm 80 - August 19, 2024
- 2 Kronieke 32:24; 2 Konings 20:1-11; Jesaja 38 - August 20, 2024
- 2 Kronieke 32:25; 2 Konings 20:12-19; Jesaja 39 - August 21, 2024
- 2 Kronieke 32:1-19; 2 Konings 18:13-37; Jesaja 36 - August 22, 2024
- 2 Kronieke 32:20-23, 26-33; 2 Konings 19; 20:20-21; Jesaja 37 - August 23, 2024
- Psalm 76 - August 24, 2024
- Jesaja 40-41 - August 25, 2024
- Jesaja 42-43 - August 26, 2024
- Jesaja 44:1-45:8 - August 27, 2024
- Jesaja 45:9-46:13 - August 28, 2024
- Jesaja 47-48 - August 29, 2024
- Jesaja 49-50 - August 30, 2024
- Jesaja 51:1-52:12 - August 31, 2024
- Jesaja 52:13-53:12 - September 1, 2024
- Jesaja 54 - September 2, 2024
- Jesaja 55 - September 3, 2024
- Jesaja 56-57 - September 4, 2024
- Jesaja 58 - September 5, 2024
- Jesaja 59 - September 6, 2024
- Jesaja 60 - September 7, 2024
- Jesaja 61 - September 8, 2024
- Jesaja 62 - September 9, 2024
- Jesaja 63 - September 10, 2024
- Jesaja 64 - September 11, 2024
- Jesaja 65 - September 12, 2024
- Jesaja 66 - September 13, 2024
- 2 Konings 21; 2 Kronieke 33 - September 14, 2024
- Nahum 1 - September 15, 2024
- Nahum 2 - September 16, 2024
- Nahum 3 - September 17, 2024
- Sefanja 1 - September 18, 2024
- Sefanja 2:1-3:8 - September 19, 2024
- Sefanja 3:9-20 - September 20, 2024
- 2 Kronieke 34; 2 Konings 22:1-20; 23:1-3 - September 21, 2024
- 2 Kronieke 35; 2 Konings 23:4-30 - September 22, 2024
- Jeremia 1 - September 23, 2024
- Jeremia 2 - September 24, 2024
- Jeremia 3:1-4:4 - September 25, 2024
- Jeremia 4:5-31 - September 26, 2024
- Jeremia 5 - September 27, 2024
- Jeremia 6 - September 28, 2024
- Habakuk 1 - September 29, 2024
- Habakuk 2 - September 30, 2024
- Habakuk 3 - October 1, 2024
- Joël 1 - October 2, 2024
- Joël 2 - October 3, 2024
- Joël 3 - October 4, 2024
- Jeremia 8:4-9:2 - October 5, 2024
- Jeremia 9:3-26 - October 6, 2024
- Jeremia 10 - October 7, 2024
- Jeremia 11:1-17 - October 8, 2024
- Jeremia 11:18-12:17 - October 9, 2024
- Jeremia 13 - October 10, 2024
- Jeremia 14:1-15:9 - October 11, 2024
- Jeremia 15:10-21 - October 12, 2024
- Jeremia 16 - October 13, 2024
- Jeremia 17 - October 14, 2024
- Jeremia 18 - October 15, 2024
- Jeremia 19:1-13 - October 16, 2024
- Jeremia 19:14-20:18 - October 17, 2024
- 2 Konings 23:31-24:6; 2 Kronieke 36:1-8 - October 18, 2024
- Jeremia 7:1-8:3 - October 19, 2024
- Jeremia 26 - October 20, 2024
- Jeremia 35 - October 21, 2024
- Jeremia 25 - October 22, 2024
- Jeremia 36 - October 23, 2024
- Jeremia 45 - October 24, 2024
- Jeremia 46 - October 25, 2024
- Jeremia 47 - October 26, 2024
- Daniël 1-2 - October 27, 2024
- Daniël 3-4 - October 28, 2024
- 2 Konings 24:7-17; 2 Kronieke 36:9-10 - October 29, 2024
- 2 Konings 24:18-25:7; 2 Kronieke 36:11-21 - October 30, 2024
- Jeremia 24 - October 31, 2024
- Jeremia 27 - November 1, 2024
- Jeremia 28 - November 2, 2024
- Jeremia 29 - November 3, 2024
- Jeremia 48 - November 4, 2024
- Jeremia 49 - November 5, 2024
- Obadja - November 6, 2024
- Jeremia 50-51 - November 7, 2024
- Esegiël 1 - November 8, 2024
- Esegiël 2-3 - November 9, 2024
- Esegiël 4-5 - November 10, 2024
- Esegiël 6 - November 11, 2024
- Esegiël 7 - November 12, 2024
- Esegiël 8 - November 13, 2024
- Esegiël 9 - November 14, 2024
- Esegiël 10-11 - November 15, 2024
- Esegiël 12 - November 16, 2024
- Esegiël 13 - November 17, 2024
- Esegiël 14 - November 18, 2024
- Esegiël 15 - November 19, 2024
- Esegiël 16 - November 20, 2024
- Esegiël 17 - November 21, 2024
- Esegiël 18 - November 22, 2024
- Esegiël 19 - November 23, 2024
- Esegiël 20:1-44 - November 24, 2024
- Esegiël 20:45-21:32 - November 25, 2024
- Esegiël 22 - November 26, 2024
- Esegiël 23 - November 27, 2024
- Esegiël 24 - November 28, 2024
- Esegiël 25 - November 29, 2024
- Esegiël 26:1-28:26 - November 30, 2024
- Jeremia 21 - December 1, 2024
- Jeremia 22 - December 2, 2024
- Jeremia 23 - December 3, 2024
- Jeremia 30:1-31:1 - December 4, 2024
- Jeremia 31:2-40 - December 5, 2024
- Jeremia 32 - December 6, 2024
- Jeremia 33 - December 7, 2024
- Jeremia 34 - December 8, 2024
- Jeremia 37 - December 9, 2024
- Jeremia 38 - December 10, 2024
- Jeremia 39:1-40:6 - December 11, 2024
- Jeremia 52; 2 Konings 25:8-21; 2 Kronieke 36:17-21 - December 12, 2024
- Jeremia 40:7-41:18; 2 Konings 25:22-26 - December 13, 2024
- Jeremia 42 - December 14, 2024
- Jeremia 43 - December 15, 2024
- Jeremia 44 - December 16, 2024
- Klaagliedere 1 - December 17, 2024
- Klaagliedere 2 - December 18, 2024
- Klaagliedere 3 - December 19, 2024
- Klaagliedere 4 - December 20, 2024
- Klaagliedere 5 - December 21, 2024
- Psalm 102 - December 22, 2024
- Esegiël 29-32 - December 23, 2024
- Esegiël 33:1-20 - December 24, 2024
- Esegiël 33:21-33 - December 25, 2024
- Esegiël 34 - December 26, 2024
- Esegiël 35-36:15 - December 27, 2024
- Esegiël 36:16-38 - December 28, 2024
- Esegiël 37 - December 29, 2024
- Esegiël 38-39 - December 30, 2024
- Esegiël 40-42 - December 31, 2024
- Esegiël 43-44 - January 1, 2025
- Esegiël 45-46 - January 2, 2025
- Esegiël 47-48 - January 3, 2025
- Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese Bybelleesplan
- Psalm 106 - January 4, 2025
- Psalm 73 - January 5, 2025
- Psalm 74 - January 6, 2025
- Psalm 75 - January 7, 2025
- Psalm 77 - January 8, 2025
- Psalm 78 - January 9, 2025
- Psalm 79 - January 10, 2025
- Psalm 81 - January 11, 2025
- Psalm 82 - January 12, 2025
- 2 Konings 25:27-30 - January 13, 2025
- Daniël 7 - January 14, 2025
- Daniël 8 - January 15, 2025
- Daniël 5 - January 16, 2025
- Daniël 6 - January 17, 2025
- Daniël 9 - January 18, 2025
- 2 Kronieke 36:22-23; Esra 1 - January 19, 2025
- Esra 2-3 - January 20, 2025
- 1 Kronieke 1 - January 21, 2025
- 1 Kronieke 2:1-4:23 - January 22, 2025
- 1 Kronieke 4:24-5:26 - January 23, 2025
- 1 Kronieke 6-7 - January 24, 2025
- 1 Kronieke 8-9 - January 25, 2025
- Psalm 137 - January 26, 2025
- Psalm 126 - January 27, 2025
- Esra 4:1-5, 24 - January 28, 2025
- Daniël 10 - January 29, 2025
- Daniël 11-12 - January 30, 2025
- Esra 5:1-6:13 - January 31, 2025
- Haggai 1 - February 1, 2025
- Haggai 2 - February 2, 2025
- Sagaria 1:1-2:13 - February 3, 2025
- Sagaria 3:1-4:14 - February 4, 2025
- Sagaria 5:1-6:15 - February 5, 2025
- Sagaria 7:1-8:23 - February 6, 2025
- Sagaria 9:1-11:17 - February 7, 2025
- Sagaria 12:1-14:21 - February 8, 2025
- Esra 6:14-22 - February 9, 2025
- Psalm 107 - February 10, 2025
- Ester 1-2:18 - February 11, 2025
- Ester 2:19-5:14 - February 12, 2025
- Ester 6-7 - February 13, 2025
- Ester 8 - February 14, 2025
- Ester 9-10 - February 15, 2025
- Esra 4:6-23 - February 16, 2025
- Esra 7 - February 17, 2025
- Esra 8 - February 18, 2025
- Esra 9 - February 19, 2025
- Esra 10 - February 20, 2025
- Nehemia 1 - February 21, 2025
- Nehemia 2 - February 22, 2025
- Nehemia 3-4 - February 23, 2025
- Nehemia 5 - February 24, 2025
- Nehemia 6-7 - February 25, 2025
- Nehemia 8 - February 26, 2025
- Nehemia 9 - February 27, 2025
- Nehemia 10 - February 28, 2025
- Nehemia 11-12 - March 1, 2025
- Nehemia 13 - March 2, 2025
- Maleagi 1:1-2:16 - March 3, 2025
- Maleagi 2:17-4:6 - March 4, 2025
- Psalm 146 - March 5, 2025
- Psalm 147 - March 6, 2025
- Psalm 148 - March 7, 2025
- Psalm 149 - March 8, 2025
- Psalm 150 - March 9, 2025
- Lukas 1 - March 10, 2025
- Volgorde waarin ek die hoofstukke van die vier Evangelies hanteer
- Matteus 1 - March 11, 2025
- Lukas 2 - March 12, 2025
- Matteus 2 - March 13, 2025
- Lukas 3 - March 14, 2025
- Matteus 3 - March 15, 2025
- Markus 1 - March 16, 2025
- Matteus 4 - March 17, 2025
- Lukas 4 - March 18, 2025
- Lukas 5 - March 19, 2025
- Johannes 1 - March 20, 2025
- Johannes 2 - March 21, 2025
- Johannes 3 - March 22, 2025
- Johannes 4 - March 23, 2025
- Markus 2 - March 24, 2025
- Markus 3 - March 25, 2025
- Lukas 6 - March 26, 2025
- Matteus 5 - March 27, 2025
- Matteus 6 - March 28, 2025
- Matteus 7 - March 29, 2025
- Matteus 8 - March 30, 2025
- Lukas 7 - March 31, 2025
- Johannes 5 - April 1, 2025
- Lukas 8 - April 2, 2025
- Markus 4 - April 3, 2025
- Markus 5 - April 4, 2025
- Lukas 9 - April 5, 2025
- Markus 6 - April 6, 2025
- Markus 7 - April 7, 2025
- Markus 8 - April 8, 2025
- Markus 9 - April 9, 2025
- Johannes 6 - April 10, 2025
- Johannes 7 - April 11, 2025
- Johannes 8 - April 12, 2025
- Johannes 9 - April 13, 2025
- Johannes 10 - April 14, 2025
- Johannes 11 - April 15, 2025
- Lukas 10 - April 16, 2025
- Lukas 11 - April 17, 2025
- Lukas 12 - April 18, 2025
- Lukas 13 - April 19, 2025
- Lukas 14 - April 20, 2025
- Lukas 15 - April 21, 2025
- Lukas 16 - April 22, 2025
- Lukas 17 - April 23, 2025
- Matteus 9 - April 24, 2025
- Matteus 10 - April 25, 2025
- Matteus 11 - April 26, 2025
- Matteus 12 - April 27, 2025
- Matteus 13 - April 28, 2025
- Matteus 14 - April 29, 2025
- Matteus 15 - April 30, 2025
- Matteus 16 - May 1, 2025
- Matteus 17 - May 2, 2025
- Matteus 18 - May 3, 2025
- Matteus 19 - May 4, 2025
- Markus 10 - May 5, 2025
- Matteus 20 - May 6, 2025
- Lukas 18 - May 7, 2025
- Lukas 19 - May 8, 2025
- Markus 11 - May 9, 2025
- Matteus 21 - May 10, 2025
- Johannes 12 - May 11, 2025
- Matteus 22 - May 12, 2025
- Markus 12 - May 13, 2025
- Matteus 23 - May 14, 2025
- Lukas 20 - May 15, 2025
- Lukas 21 - May 16, 2025
- Markus 13 - May 17, 2025
- Matteus 24 - May 18, 2025
- Matteus 25 - May 19, 2025
- Matteus 26 - May 20, 2025
- Markus 14 - May 21, 2025
- Lukas 22 - May 22, 2025
- Johannes 13 - May 23, 2025
- Johannes 14 - May 24, 2025
- Johannes 15 - May 25, 2025
- Johannes 16 - May 26, 2025
- Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie af
- Johannes 17 - May 27, 2025
- Johannes 18 - May 28, 2025
- Johannes 19 - May 29, 2025
- Matteus 27 - May 30, 2025
- Markus 15 - May 31, 2025
- Lukas 23 - June 1, 2025
- Matteus 28 - June 2, 2025
- Markus 16 - June 3, 2025
- Lukas 24 - June 4, 2025
- Johannes 20 - June 5, 2025
- Johannes 21 - June 6, 2025
- Handelinge 1 - June 7, 2025
- Handelinge 2 - June 8, 2025
- Handelinge 3 - June 9, 2025
- Handelinge 4 - June 10, 2025
- Handelinge 5:1-6:7 - June 11, 2025
- Handelinge 6:8-7:60 - June 12, 2025
- Handelinge 8 - June 13, 2025
- Handelinge 9 - June 14, 2025
- Handelinge 10 - June 15, 2025
- Handelinge 11 - June 16, 2025
- Handelinge 12 - June 17, 2025
- Jakobus 1:1-18 - June 18, 2025
- Jakobus 1:19-2:26 - June 19, 2025
- Jakobus 3 - June 20, 2025
- Jakobus 4 - June 21, 2025
- Jakobus 5 - June 22, 2025
- Handelinge 13 - June 23, 2025
- Handelinge 14 - June 24, 2025
- Galasiërs 1 - June 25, 2025
- Galasiërs 2 - June 26, 2025
- Galasiërs 3 - June 27, 2025
- Galasiërs 4 - June 28, 2025
- Galasiërs 5 - June 29, 2025
- Galasiërs 6 - June 30, 2025
- Handelinge 15:1-35 - July 1, 2025
- Handelinge 15:36-16:5 - July 2, 2025
- Handelinge 16:6-40 - July 3, 2025
- Handelinge 17 - July 4, 2025
- Handelinge 18:1-17 - July 5, 2025
- 1 Tessalonisense 1 - July 6, 2025
- 1 Tessalonisense 2:1-16 - July 7, 2025
- 1 Tessalonisense 2:17-3:13 - July 8, 2025
- 1 Tessalonisense 4 - July 9, 2025
- 1 Tessalonisense 5 - July 10, 2025
- 2 Tessalonisense 1 - July 11, 2025
- 2 Tessalonisense 2 - July 12, 2025
- 2 Tessalonisense 3 - July 13, 2025
- Handelinge 18:18-28 - July 14, 2025
- Handelinge 19:1-40 - July 15, 2025
- 1 Korintiërs 1 - July 16, 2025
- 1 Korintiërs 2 - July 17, 2025
- 1 Korintiërs 3 - July 18, 2025
- 1 Korintiërs 4 - July 19, 2025
- 1 Korintiërs 5 - July 20, 2025
- 1 Korintiërs 6 - July 21, 2025
- 1 Korintiërs 7 - July 22, 2025
- 1 Korintiërs 8 - July 23, 2025
- 1 Korintiërs 9 - July 24, 2025
- 1 Korintiërs 10:1-11:1 - July 25, 2025
- 1 Korintiërs 11:2-34 - July 26, 2025
- 1 Korintiërs 12:1-31a - July 27, 2025
- 1 Korintiërs 12:31b-13:13 - July 28, 2025
- 1 Korintiërs 14 - July 29, 2025
- 1 Korintiërs 15 - July 30, 2025
- 1 Korintiërs 16 - July 31, 2025
- Handelinge 20:1-2a; 2 Korintiërs 1:1-2:11 - August 1, 2025
- 2 Korintiërs 2:12-3:18 - August 2, 2025
- 2 Korintiërs 4:1-5:10 - August 3, 2025
- 2 Korintiërs 5:11-6:13 - August 4, 2025
- 2 Korintiërs 6:14-7:1 - August 5, 2025
- 2 Korintiërs 7:2-16 - August 6, 2025
- 2 Korintiërs 8-9 - August 7, 2025
- 2 Korintiërs 10 - August 8, 2025
- 2 Korintiërs 11 - August 9, 2025
- 2 Korintiërs 12 - August 10, 2025
- 2 Korintiërs 13 - August 11, 2025
- Handelinge 20:2b-3a; Romeine 1 - August 12, 2025
- Romeine 2 - August 13, 2025
- Romeine 3 - August 14, 2025
- Romeine 4 - August 15, 2025
- Romeine 5 - August 16, 2025
- Romeine 6 - August 17, 2025
- Romeine 7 - August 18, 2025
- Romeine 8 - August 19, 2025
- Romeine 9 - August 20, 2025
- Romeine 10 - August 21, 2025
- Romeine 11 - August 22, 2025
- Romeine 12 - August 23, 2025
- Romeine 13 - August 24, 2025
- Romeine 14 - August 25, 2025
- Romeine 15 - August 26, 2025
- Romeine 16 - August 27, 2025
- Handelinge 20:3b-38 - August 28, 2025
- Handelinge 21:1-36 - August 29, 2025
- Handelinge 21:37-22:29 - August 30, 2025
- Handelinge 22:30-23:35 - August 31, 2025
- Handelinge 24 - September 1, 2025
- Handelinge 25:1-22 - September 2, 2025
- Handelinge 25:23-26:32 - September 3, 2025
- Handelinge 27 - September 4, 2025
- Handelinge 28 - September 5, 2025
- Kolossense 1:1-14 - September 6, 2025
- Kolossense 1:15-23 - September 7, 2025
- Kolossense 1:24-2:5 - September 8, 2025
- Kolossense 2:6-23 - September 9, 2025
- Kolossense 3:1-4:1 - September 10, 2025
- Kolossense 4:2-18 - September 11, 2025
- Filemon - September 12, 2025
- Efesiërs 1 - September 13, 2025
- Efesiërs 2 - September 14, 2025
- Efesiërs 3 - September 15, 2025
- Efesiërs 4:1-16 - September 16, 2025
- Efesiërs 4:17-5:20 - September 17, 2025
- Efesiërs 5:21-6:9 - September 18, 2025
- Efesiërs 6:10-24 - September 19, 2025
- Filippense 1:1-11 - September 20, 2025
- Filippense 1:12-2:4 - September 21, 2025
- Filippense 2:5-30 - September 22, 2025
- Filippense 3:1-4:1 - September 23, 2025
- Filippense 4:2-23 - September 24, 2025
- 1 Timoteus 1 - September 25, 2025
- 1 Timoteus 2 - September 26, 2025
- 1 Timoteus 3:1-13 - September 27, 2025
- 1 Timoteus 3:14-4:16 - September 28, 2025
- 1 Timoteus 5 - September 29, 2025
- 1 Timoteus 6 - September 30, 2025
- Titus 1 - October 1, 2025
- Titus 2 - October 2, 2025
- Titus 3 - October 3, 2025
- 1 Petrus 1 - October 4, 2025
- 1 Petrus 2 - October 5, 2025
- 1 Petrus 3 - October 6, 2025
- 1 Petrus 4 - October 7, 2025
- 1 Petrus 5 - October 8, 2025
- Judas - October 9, 2025
- 2 Petrus 1 - October 10, 2025
- 2 Petrus 2 - October 11, 2025
- 2 Petrus 3 - October 12, 2025
- 2 Timoteus 1:1-18 - October 13, 2025
- 2 Timoteus 2:1-26 - October 14, 2025
- 2 Timoteus 3:1-17 - October 15, 2025
- 2 Timoteus 4:1-22 - October 16, 2025
- Hebreërs 1 - October 17, 2025
- Hebreërs 2-3:11 - October 18, 2025
- Hebreërs 3:12-4:13 - October 19, 2025
- Hebreërs 4:14-5:10 - October 20, 2025
- Hebreërs 5:11-6:20 - October 21, 2025
- Hebreërs 7:1-28 - October 22, 2025
- Hebreërs 8:1-13 - October 23, 2025
- Hebreërs 9:1-22 - October 24, 2025
- Hebreërs 9:23-10:18 - October 25, 2025
- Hebreërs 10:19-39 - October 26, 2025
- Hebreërs 11 - October 27, 2025
- Hebreërs 12 - October 28, 2025
- Hebreërs 13 - October 29, 2025
- 1 Johannes 1 - October 30, 2025
- 1 Johannes 2:1-27 - October 31, 2025
- 1 Johannes 2:28-3:24 - November 1, 2025
- 1 Johannes 4 - November 2, 2025
- 1 Johannes 5 - November 3, 2025
- 2 Johannes - November 4, 2025
- 3 Johannes - November 5, 2025
- Openbaring 1 - November 6, 2025
- Openbaring 2 - November 7, 2025
- Openbaring 3 - November 8, 2025
- Openbaring 4 - November 9, 2025
- Openbaring 5 - November 10, 2025
- Openbaring 6 - November 11, 2025
- Openbaring 7:1-8:5 - November 12, 2025
- Openbaring 8:6-13 - November 13, 2025
- Openbaring 9 - November 14, 2025
- Openbaring 10 - November 15, 2025
- Openbaring 11 - November 16, 2025
- Openbaring 12 - November 17, 2025
- Openbaring 13 - November 18, 2025
- Openbaring 14 - November 19, 2025
- Openbaring 15 - November 20, 2025
- Openbaring 16 - November 21, 2025
- Openbaring 17 - November 22, 2025
- Openbaring 18 – 19:10 - November 23, 2025
- Openbaring 19:11-21 - November 24, 2025
- Openbaring 20 - November 25, 2025
- Openbaring 21 - November 26, 2025
- Openbaring 22 - November 27, 2025
- Lees Dawid se lewe en Psalms kronologies deur met hierdie hulpmiddel - January 8, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Onlangse kommentaar