Skip to main content

Psalm 20

Mag Hy u gee wat u hart begeer

Psalm 20 is ’n Psalm wat vir oorwinning in oorlog vra. Psalm 21 is weer ‘n Psalm wat van oorwinning en gebedsverhoring in oorlog sing. Dit is waarom ons Psalm 20-21 as ’n eenheid kan hanteer – die een gaan oor voorbereiding, die ander oor verhoring. Dit pas dus goed by Dawid se uittrek in oorlog teen die Arameërs.

Maar, belangrik, die verwysing na die kroon van fyngoud wat die Here op sy kop gesit het in Psaalm 21, is waarskynlik ‘n verwysing na die uiteindelike oorwinning oor die Ammoniete ná die episode met Batseba. Daarvan lees ons eers in 2 Samuel 12:26-31 (vgl 1 Kron 20:2). Daarom plaas ek Psalm 21 ná 2 Samuel 11-12 wat ‘n heel ander perspektief op die Psalm vir ons gee.

Teks en konteks

Psalm 20 is gebruik in die tempel as voorbereiding vir die koning om te gaan oorlog maak – soos wat die inhoud dit duidelik maak (vgl ook 2 Kron 20). Vandag sal ons dit waarskynlik gebruik in enige situasie waar ons lewens bedreig word, of waar ons in metaforiese sin teenstand teen die evangelie moet hanteer.

Let op dat die Psalm deur die geloofsgemeenskap gesing word waarmee hulle hul solidariteit uitspreek met die uitdaging wat wag – al gaan hulle nie self nie – en hulle hul afhanklikheid van God bely. Oorlog was nooit net ’n politiese saak nie. Dit was altyd ingebed in die geloofsverstaan en veral Godsbelewenis van Israel as Godsvolk.

Hulle vermeld ook in die Psalm dat hulle liturgies alles gedoen het wat die Here hulle voorgeskryf het in die proses van oorlog maak – dws hulle het al die offers gebring wat hulle moes, soos vers 4 dit uitspel. Hierdie liturgie en die offer wat gebring is, was ’n integrale en baie belangrike deel van die hele proses van oorlogvoering. Jy kan daaroor lees in 1 Samuel 7 waar Samuel die offers bring, wat tot oorwinning lei by Mispa – en die omgekeerde daarvan, waar Saul nie wag vir hierdie liturgiese handeling nie, en minagtend voorstorm op sy eie pad (1 Samuel 13) wat tot sy verwerping as koning lei. Terloops: 1 Samuel 7 was seker die eerste keer waar ’n kategeet se kategese ’n oorlog gewen het … laat ’n mens dink!

Let ook op dat die Psalm en die gebed om oorwinning sterk verbind is aan die Naam van God, wat die belofte inhou dat Hy in ooreenstemming met Homself en hoe Hy Hom openbaar het in die verlede, sal optree. God se Naam word in die Psalm dus gebruik as beroep op sy beskerming (Naam = Godself – vers 2), om as vaandel vir die veldtog te dien (in u Naam – vers 6) en om hulle vertroue op Hom uit te spreek dat Hy sy beloftes sal nakom (Naam = Godself – vers 8).

Boodskap en betekenis

Die geloofsgemeenskap bely daarom dat die oorwinning nie sal afhang van die strydwaens en perde nie (vers 8) – hoewel dit steeds nie sonder hulle inspanning gebeur nie – maar van God wat die oorwinning gee (vers 8-9), wat dan ook die spits is van hulle gebed: “Here, gee tog aan die koning die oorwinning” (vers 10). Dit is vandag nog waar – ons moet doen wat ons moet doen, maar die sukses hang uiteindelik af van God wat optree.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.