Skip to main content

1 Konings 6-7; 2 Kronieke 3:1-5:1

Salomo bou die tempel in vervulling van die belofte aan Dawid

Ons lees vandag vier hoofstukke. Die bouwerk aan die tempel word in twee dele beskrywe, die werk aan die buitekant van die tempel, sowel as daarna die binnekant. In die middel van die beskrywing  herinner die Here Salomo aan sy belofte aan Dawid wat ook aan Salomo vervul sal word. Interessant is dat die begin van die bouwerk aan die Uittog uit Egipte (1446 vC) gekoppel word, dws in 966 vC, 480 jaar later. Die tempel het sewe jaar geneem om voltooi te word. Salomo bou in hierdie tyd ook sy paleis wat dertien jaar geneem het om voltooi te word.

Teks en konteks

Die verhaal in Kronieke oor die bou van die tempel word korter weergegee as in Konings. Kronieke laat baie van die detail oor die gebou self uit, veral die dimensies en bouwerk van die omringende platform, en vertel ook die inkleding van die tempel korter en laat bv baie van die werk van Hiram doodgewoon uit. Die Here se gesprek met Salomo, soos vertel in Konings, word ook uitgelaat.

Salomo bou die tempel volgens die grondplan en model wat hy gekry het. Dit was 30 meter by 10 meter groot, en is gebou met baie duursame en kosbare materiaal. Net die Allerheiligste se goud teen die mure het twintig ton geweeg en die brons was so baie dat hulle nie eers die moeite gedoen het om dit te weeg nie.

Die twee pilare voor die tempel is Jakin en Boas onderskeidelik genoem, maar ons weet nie regtig wat die betekenis daarvan is nie. Dit kan na voorouers van Salomo verwys, bv Boas. Dit kan ook verwysings wees na God se vastigheid (Jakin) en krag (Boas). Of dit kan selfs na twee groot donateurs vir die bouwerk verwys.

’n Nuwe belofte word nou ook aan Salomo gemaak dat God tussen die Israeliete sal woon en hulle nie sal verlaat nie. Let op hoe ’n groot verantwoordelikheid die Here tog ook met die belofte op Salomo lê: “As JY volgens my voorskrifte leef … sal Ek my beloftes nakom teenoor jou.”

Let op die betekenis van die plek waar die tempel gebou is. Dit is nie net die plek waar die Here aan Dawid verskyn het op die dorsvloer van Arauna nie en daar versoening vir sy sonde gedoen is nie, maar ook die plek waar die Here Jesus Christus ’n paar 100 meter verder op Golgota die finale versoening vir die wêreld se sondes doen, met die voorhangsel van die tempel op die Moriaberg wat van bo na onder geskeur het.

Boodskap en betekenis

Die verhaal van die bou van die tempel lê klem op die grootsheid van die tempel as ‘n blyk van Salomo se toewyding aan God en sy begeerte om ‘n permanente woning vir die heilige teenwoordigheid van God te bou. Die tempel sou hierna ‘n sentrale plek in die godsdiens van Israel inneem en as teken dien van die vervulling van God se belofte aan Dawid in die opvolgende geslagte.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…