Skip to main content

Hooglied 5:9-6:3

Die vreugde van vrywillige versoening

Vandag se leeswerk beslaan 2 dele – Hooglied 5:9-16 en 6:1-3 – wat dieselfde patroon volg:

  • Die 1ste deel begin in Hooglied 5:9 met ‘n vraag oor die man se andersheid al dan nie (om hulle te help om hom te vind – onthou dit is ‘n gedig, nie ‘n werklike verhaal nie!), waarop die vrou met ‘n wasf antwoord en die besondersheid van haar man beskryf, amper soos dié van ‘n goddelike standbeeld.
  • Die 2de deel begin in Hooglied 6:1 met ‘n vraag oor sy afwesigheid en ‘n aanbod van hulp (in antwoord op haar versoek tot hulp in Hoogl 5:8), waarop die vrou antwoord dat hulle verhouding herstel is, want hy is weer af na sy tuin (‘n metafoor vir haar – vgl Hoogl 4:12-5:1) toe.

Hooglied 5:9-16 – Die vrou bewonder haar man se leierskap en krag

Die vraag van die vroue (van Jerusalem) oor die man se andersheid al dan nie, word nie net gevra om hulle te help om hom te vind nie. Dit gee die vrou ook geleentheid om te reflekteer oor wat sy eintlik het aan die man wat sy liefhet, wat haar na hom toe aantrek, wat daar in hulle verhouding is wat hulle spesiaal maak vir mekaar.

Die wasf oor die man (die enigste een oor die man in Hooglied) besing sy vorstelikheid in amperse goddelike terme van bo na onder:

  • Hy is in die eerste plek die man wat sy liefhet. Dit is belangrik om dit raak te sien. Sy het hóm lief, nie net hoe hy lyk nie, hoewel sy doelbewus sy aantreklikheid vir haar in gloeiende terme gaan uitspel in die res van die gedig.
  • Hy is in die tweede plek blakend gesond en blosend van kleur, ‘n toonbeeld van aantreklikheid, die voorkoms van ‘n leier (vgl Klaagl 4:7 wat dié beskrywing op Israel se leiers van toepassing maak). Jy kan hom uitken tussen 10 000 ander! Sy beskryf sy voorkoms in indrukwekkende terme:
    • Sy voorkop is soos suiwer goud, songebrand, goddelik, wat ooreenkom met haar beskrywing van haarself in Hooglied 1:6.
    • Sy haarlokke is soos dadeltrosse, wat die golwende karakter daarvan uitbeeld, en swart soos ‘n kraai, wat die jeugdigheid daarvan beskryf (teenoor die grys of silwer of min hare van ‘n ouer man).
    • Sy is soos glinsterende duiwe (soos haar oë ook – Hoogl 1:5; 4:1).
    • Sy wange is soos lekker-ruik kruiebeddings, wat waarskynlik na sy geurige baard verwys.
    • Sy lippe is soos lelies wat drup van mirre, wat op hulle soenbaarheid dui.
    • Sy hande is soos stawe goud (songebrand, goddelik) met edelstene (glansend) ingelê. Onthou dit is beeldspraak!
    • Sy lyf is soos ‘n blok ivoor, met saffiere ingelê, wat op krag en gesondheid (glans) dui.
    • Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus, wat soortgelyk op slanke krag en gesondheid dui.
    • Sy mond smaak soet (soos hare natuurlik ook – Hoogl 7:9). Onthou Hooglied 1:2: “Soen my, soen my weer en weer!”

Net soos sy (Hoogl 4:7), is alles aan hom reg en begeerlik (Hoogl 5:16). Dít is die man wat sy liefhet, dié een wat haar lewensmaat is. En let op dat sy dit uitspreek teenoor die vroue van Jerusalem, waarin sy die eksklusiewe spesiale band met hom uitspel, iets wat vir hulle nie beskore is nie. Daarmee spel sy ook haar keuse uit teen die insluiting in die harem.

6:1-3 – Die man keer vrywillig terug na haar

Die vraag oor die man se afwesigheid en die vroue se aanbod om haar te help om hom te vind, dien as oorgangsvers na haar vreugdevolle fonds, hy is uit sy eie terug by haar. Hy is terug uit eie vrye keuse, en daarin verheug sy haar. Dit oortuig haar van sy liefde vir haar.

Daarom kan hulle hul liefdesverhouding hervat, uitgedruk met die metafore van “kruiebeddings”, “skape tussen die tuine te laat wei”, “om lelies te pluk”, en “sy skape tussen die lelies laat wei” (vgl Hoogl 4:5 waar dit juis haar borste is wat “tussen die lelies wei”).

Hulle band blyk onbreekbaar sterk te wees: “Ek behoort aan die man wat ek liefhet, en die man wat ek liefhet, is myne” (Hoogl 6:3). Dit is nie vir haar nodig om hom te manipuleer of verlei nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…