Bybelskool

Psalms – reeks

Hier is al die bydraes oor die Psalms sodat jy dit in volgorde kan lees:

1ste Psalmboek: 1-41

View all posts in this series

2de Psalmboek: 42-72

View all posts in this series

3de Psalmboek: 73-89

4de Psalmboek: 90-106

5de Psalmboek: 107-150

View all posts in this series
     

Comments (12)

  • Avatar

    Carin Brink

    |

    Beste Chris
    Kan die gedeelte en die behandeling daarvan asb per epos aan my gestuur word?
    Sal baie waardeer.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Carin, jy is reeds geregistreer by die webtuiste en sal die bydraes ook in die toekoms per e-pos ontvang. Groete, Chris.

      Reply

  • Avatar

    Rolinda Van niekerk

    |

    Sal dit graag per email will ontvang

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Die enigste manier tans is om dit self op die web te lees. Jammer.

      Reply

  • Avatar

    Pierre Joubert

    |

    Hallo, Chris. Sal jy so gaaf wees om die psalmreeks van jou vir my ook te e-pos. Wil dit graag gebruik by die waardevasleggingperiodes van Hoërkool Vredenburg. Net ‘n laaste vraag? Dis nie dalk ook per geluk in Engels beskikbaar nie? Mooi dag en God’s seën met jou grootse werk. Pierre

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Pierre, dit is ongelukkig nie in Engels beskikbaar nie, hoewel Google Translate ‘n goeie begin vir vertaling is. Die Psalmreeks is op die oomblik net op die webtuiste beskikbaar. Wat presies is jou behoefte?

      Reply

  • Avatar

    Elmarie Allies

    |

    Goeiemiddag ds Chris

    Ons is vriende in ‘n whatsapp geselsgroep wat graag u materiaal wil gebruik vir Bybelstudie. Natuurlik sal u al die erkenning kry. Mag ons dit gebruik asb.

    Vriendelike groete

    Elmarie Allies

    Reply

  • Avatar

    Elmarie Allies

    |

    Baie, Baie dankie. Ds Chris

    Reply

  • Avatar

    Denver

    |

    Middag Chris.. Ek soek graag inligting(preek) oor psalm 42..kan jy my help asb.
    Dankie
    Denver

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Karin, jy kan kyk by https://bybelskool.com/hebreers-511-620-gaan-voort-na-volwassenheid-en-hou-stewig-vas-aan-die-hoop-wat-voorle/ Daar skryf ek onder andere:

    Die begin kwessies van die Christelike geloof kan ’n mens verhinder om geestelik volwasse te word. Hoekom? Nie net omdat hulle só vasgevang kan word daarin dat hulle nie geestelik volwasse word nie, maar omdat dit eintlik onmoontlik is om iemand wat van dié dinge afvallig geword het – nádat hulle die hemelse gawe gesmaak het, deel gekry het aan die Heilige Gees, die goeie woord van God gesmaak het, sowel as die kragte van die komende bedeling – om dié mense weer opnuut tot bekering te bring. Hulle het wat hulleself betref eintlik die Seun van God opnuut gekruisig en openlik tot skande gemaak, sê die skrywer.

    Die boodskap het dan nie sy vrug in hulle gedra nie, en deur weereens op die begin kwessies te fokus, gaan nie maklik enige verandering by hulle bring nie. Dit sal net ’n wonder van God wees wat in sulke gevalle mense tot inkeer kan bring.

    Ek hou van die manier waarop William Lane dit sê: “If those who have enjoyed a full and authentic Christian experience should then fall away, a renewal to repentance is impossible” (Word kommentaar). Let op die “if” en die “should“, want die skrywer dink nie só iets is regtig moontlik nie.

    Hy sê wel: “Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, en wat die goeie woord van God gesmaak, en ook die kragte van die komende bedeling, en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te bring, aangesien hulle wat hulleself betref, die Seun van God opnuut kruisig en openlik tot skande maak,” (Hebr. 6:4-6 in BDV).

    Hoekom sou ons dit só erg wees, as ‘n mens ter wille van die argument sou bedink? Want dit sou beteken dat die lewende God aktief teengestaan word. Dit is egter iets wat eintlik nie kan gebeur nie.

    Daarom is die skrywer nie regtig bekommerd oor die geloofsgemeenskap in Rome nie, want hy is oortuig dat hulle die pad met God na volwassenheid sal stap: “Maar selfs wanneer ons só praat, geliefdes, is ons, wat julle betref, oortuig van beter dinge wat betrekking het op verlossing.” (Hebr. 6:9). Die Here is immers nie onregverdig nie, sien raak wat hulle vir Hom en vir die ander “heiliges” doen. Hy wil net baie graag hê dat elkeen van hulle enduit dieselfde ywer sal toon om die wedloop wat vir hulle voorlê te voltooi, soos dié wat hulle voorgegaan het. In hfst. 11-12 sal hy verder daaroor uitbrei.

  • Avatar

    Karin de Kock

    |

    Goeie more Ds Chris,
    Dankie dat ek uit Namibië ook ń vraag kan vra.
    Hoe moet ń mens Hebreërs 6:4-9 verstaaan?
    Baie dankie
    Groete
    Karin de Kock

  • Avatar

    Sonja

    |

    Hi Chris
    Kan jy moontlik vir my verduidelik hoekom jy die dag van die Here as Sondag uitbeeld. Ek sal ook teksverse wat dit ondersteun waardeer.

  • Avatar

    Rudi

    |

    Baie dankie die het die stuk in JAKOBUS vir my Baie beter laat verstaan, baie dankie geseend is jy met die uitleg

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Willie, nee, ek het nog nie die pad van akkreditasie gestap nie. Dit is net vir privaat verryking.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Spreuke 5:15-21

    In Spreuke 5:7-14 borduur die pa voort op die versoeking van die vreemde vrou en waarsku al sy seuns teen die effek wat ontrouheid in die huwelik op jouself kan hê. Ontrouheid in die huwelik is nie speletjies nie! Dit lei tot ’n private hel en publieke skandes, sê Spreuke. Natuurlik is daar genade en vergifnis – so leer ons in die NT. Maar, voorsorg is beter as nasorg.

    In Spreuke 5:15-21 keer die pa die situasie om. Sal jy nou graag wil hê iemand anders moet by jou vrou kom slaap? Stellig nie, so, waarom dit aan iemand anders doen? Die punt van die verbod op ontrou is om volle vreugde te vind in die huwelik met die vrou (of man) wat die Here vir jou gegee het. Vers 15: “Drink water uit jou eie opgaarput, en lopende water uit jou eie bron.” Jou vrou moet vir jou alleen wees en nie vir ander saam met jou nie!

    Vers 18 herhaal dit: “Mag jou waterbron geseënd wees; verheug jou oor die vrou van jou jeug.”

    Let op dat hier in die enkelvoud gepraat word, want dit was altyd die ideaal dat die huwelik monogaam sal wees, soos Jesus helder in Matteus 19 vir ons leer op grond van Genesis 2. Poligamie het via die nageslag van Kain pos gevat, en selfs die Israeliete het die nasies daarin begin navolg. Maar, dit was nooit God se skeppingsdoel met die mens nie. Laat jou vrou (of man) jou dus bedwelm, en niemand anders nie, want God sien en reageer op alles wat jy doen. Hierdie waarskuwing het daarby ook ‘n geestelike kant, want die Here sien dit alles raak. Jou sonde sal jou inhaal, jy sal sterf deur só ‘n gebrek aan selfbeheersing.

  • Avatar

    Dirk Uys

    |

    Spreuke 5 vers 15 en 18a se uiteensetting asb. hoe moet dit toegepas word in vandag se lewe en persoonlike lewe?

  • Avatar

    Willie

    |

    Kan mens n diploma of sertifikaat verdien na voltooiing van die kursus