Skip to main content

Handelinge 25:1-22

Paulus verkondig die evangelie aan Festus in Caesarea

Festus se regering het êrens tussen 59-60 nC. begin, en die hantering van Paulus se saak, wat nou al 2 jaar in die tronk in Caesarea was, neem baie dieselfde verloop as onder Feliks se regering. Die Jode probeer konkel om Paulus te vermoor, maar dit word gefnuik, hierdie keer deur ‘n kombinasie van Festus se besluit om in Caesarea te gaan gesels, en Paulus wat hom op die Romeinse keiser beroep.

Teks en konteks

Festus laat nie gras onder sy voete groei nie, en besluit om spoedig en persoonlik aandag te gee aan Paulus se saak. Sy besluit om Paulus in Caesarea te woord te staan, fnuik aanvanklik die bose gekonkel van die Joodse leiers.

Paulus kon hom toe verdedig teen die valse aanklagte van die Joodse leiers waarin hy kon getuig dat hy niks verkeerds gedoen het teenoor die Joodse godsdiens of teen die keiser nie. Maar, omdat Festus tog die Joodse leiers, ten spyte van hulle ongegronde klagtes, ter wille wou wees, het hy voorgestel dat Paulus in Jerusalem verhoor word.

Paulus beroep hom egter op die keiser, d.w.s. om in Rome verhoor te word, want hy het die woord van die Here Jesus gehad dat hy in Rome vir Hom moet getuig, en daarby waarskynlik geweet dat die Jode hom op pad terug Jerusalem toe sou wou uitwis.

Hulle boosheid het geen perke geken nie, want toe die Joodse leiers nie kon slaag om Paulus om die lewe te bring nie, het hulle hul fokus na Jakobus, die broer van Jesus, geskuif en ‘n tyd hierna vir hom van die tempel se dak af laat gooi, en met knuppels doodgeslaan (Eusebius).

Festus staan Paulus se versoek toe, en met die nuwe koning Herodes, Markus Julius Agrippa II, en sy suster Bernice se beleefdheidsbesoek in Caesarea, trek hy hulle ook in Paulus se saak in. Hy gee ‘n goeie oorsig aan hulle oor die detail van die saak wat Agrippa se belangstelling prikkel en die tafel dek vir Paulus om ook sy getuienis teenoor Agrippa te lewer.

Boodskap en betekenis

Dit is steeds opmerklik hoe die Here die godsdienstige komplotte van die Joodse leiers en die politieke intriges van die Romeinse en Joodse regering gebruik om Paulus nie net sy getuienis te laat lewer nie, maar hom ook in die proses te beskerm.

Dit is ook opmerklik hoe Paulus vasgryp aan die belofte/opdrag van die Here dat hy vir Hom sal getuig in Rome, en self bydra dat dit kan gebeur. Paulus se gehoorsaamheid en God se voorsiening dryf die evangelie vorentoe uiteindelik tot in die hartjie van die wêreldryk van daardie tyd.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…