Skip to main content

Psalm 8

Nietig, maar waardig in God se teenwoordigheid

Watter wonderlike Psalm! Dit is ‘n loflied aan die Skepper wat in enige situasie gesing kan word. Maar, dit pas ook uitstekend by die bevryding uit die mag van Saul en die koningskap wat nou ’n werklikheid vir Dawid word.

Teks en konteks

Die Psalm is oorspronklik waarskynlik in beurtsang gesing (Kraus). Vers 2a en 10 is moontlik deur een party (gemeente?) en vers 3-9 deur ‘n ander party gesing (koor?).

Die vertaling van vers 2b kan ook so lui (Loader):

“U lof word hemelhoog besing” en dan vers 3a “uit die mond van kinders en suigelinge”

Vers 3b en vers 4 vorm dan ‘n eenheid:

“U het sterkte teenoor u teëstanders gegrondves om die vyand se werke te vernietig”

Dit beteken dat die Psalm so opgebou is:

  • Opskrif – vers 1
  • God se teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 2a).
    • Eenvoudige kinders bevestig God se werk tot verstomming van arrogante teëstanders (vers 2b-3).
      • In die lig van God se grootheid in die skepping besef mense hul nietigheid (vers 4-5).
      • God bevestig egter mense se waardigheid as die kroon van Sy skepping (vers 6-7).
    • Die mens se invloed sluit alles – diere, voëls en visse – in (vers 8-9).
  • God se Teenwoordigheid (Naam) is wonderbaar oor die hele aarde (vers 10).

Vers 6 is eintlik ‘n ongelooflike vers in die oorspronklike. Daar staan nie dat God van die mens net minder as ‘n “goddelike wese” gemaak het nie, maar dat God van die mens net minder as “God” gemaak het. Die woord Elohîm word gebruik (NIV gee die betekenis in ’n voetnoot weer)! Die Griekse vertaling van die OT (LXX) het hierdie woord vertaal met “engele”, waarskynlik omdat God vir hulle te verhewe was (die teks wat die skrywer van Hebr 2:7 waarskynlik gebruik het). Maar dit is duidelik dat “God” bedoel word in die Hebreeuse oorspronklike.

God het die mens ook konings gemaak, soos blyk uit die koningsterminologie wat gebruik word – “heers”, “kroon”, “onderwerp”. Alles wat God gemaak het, is onder die koninklike voete van die mens gestel (Loader). ‘n Mens hoor hier dus onmiskenbaar die parallel met Genesis 1:26 – God het ons as Imago Dei, as sy beeld gemaak, as sy gelykenis. Geen ander wese het daardie hoë status nie, nie die engele nie, nie die serafs nie, nie enige lewende wese nie.

Maar die kontras tussen die nietigheid van die mens en sy waardigheid beteken dat die grootheid in nietigheid bestaan, presies soos dit van Christus geskrywe word, dat Hy Homself ontledig het, die gestalte van ‘n dienskneg aangeneem het, nietig en klein geword het … en dat God Hom uitermate verhoog het, groot gemaak het, selfs groter as wat Hy was voor sy menswording (Fil 2).

Die een is so belangrik soos die ander.

Boodskap en betekenis

Dit het impak vir ons huidige debatte oor die skuld van die verlede – die waardigheid van mense wat hulle skuld bely moet gehandhaaf word; net so die waardigheid van hulle slagoffers; en almal saam moet hulle nietigheid voor God en voor die skepping besef, en ook bereid wees om hulle diensbaar te stel aan mekaar. Dit is die evangelie! En dit alles moet in die teenwoordigheid van die Here gebeur, soos die Psalm so wonderlik uitspel.

Dit het ook ‘n impak op jou eie lewe – of jy nou sukkel onder vyande, selfs iemand so naby aan jou as jou eie seun (Absalom – Ps 3,4) of misoeste (Ps 4) of onder siekte (Ps 6) of verraaiers en vervolgers (Ps 5,7) soos Dawid met Saul ervaar het – jy het nodig om na te dink oor die 3 dinge:

  • jou nietigheid en jou diensbaarheid;
  •  jou waardigheid en God se sorg;
  • God se teenwoordigheid waarsonder jy nie sin en betekenis in jou lewe kan ervaar nie.

Nietig, maar waardig, in God se teenwoordigheid.

Dit het ook ‘n impak op hoe ons met die aarde en alles daarin omgaan. Ons kan nie onsself daarteenoor opstel en dit gebruik en dink ons kan maak wat ons wil nie. Nee, soos konings, wat verantwoordelikheid het, wat namens God optree as sy verteenwoordigers, moet ons met die diere en oseane en atmosfeer en natuurlik die grond waarop ons bly, omgaan.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda