Skip to main content

Psalm 119:49-56

ZAJIN – Onthou tog u woord aan u dienskneg

Die sewende deel van die Psalm tref my op ‘n besondere diep manier. Dit wentel om die krag van God se belofte – sy woord aan sy dienskneg – wat nie net hoop in die verlede gegee het nie, maar altyd sy vertroosting in enige teenswoordige ellende is. God se belofte hou hom letterlik aan die lewe wanneer dit swaar gaan. Dit gee hom die moed om aan te gaan en die toekoms op grond van God se beloftes aan te pak.

En die Psalmis draai nie doekies om oor hoe swaar dit gaan nie. Vermetelde en arrogante mense spot hom tot die uiterste toe oor sy gehegtheid aan God se wet. Tóg het hy nie van God se wet – sy openbaring, sy woord aan die Psalmis – weggedraai nie. In die proses het ‘n groot woede oor goddelose mense hom beetgepak – dié mense wat God se wet verlaat.

Meer nog, die Psalmis stel homself nog meer daarop in om God se beslissings te onthou, dié dinge wat hy van van lank gelede af al weet, en word daardeur getroos. Dit is die liedere wat hom in die vreemde aan die gang gehou het, elke keer wanneer hy in die nag daaroor nagedink het (ietwat anders as die ballinge in die roerende Ps. 137 met wie dit só swaar gegaan het, dat hulle dit nie kon regkry om Sionsliedere in die vreemde te sing nie). En die Psalmis het nie net oor God se wet gesing nie, dit was sy gewoonte om hulle na te kom, elkeen van hulle.

Vanuit hierdie onthou en vashou, skeur daar dan uit hom hierdie kreet: “Onthou tog u woord aan u dienskneg waarmee U aan my hoop gegee het.” (119:49). Want sy troos lê uiteindelik nie in sy eie onthou, óf sy eie woede oor goddeloses, óf sy eie gewoonte om God se woord te onderhou nie.

Sy troos lê in God wat sy beloftes onthou en daarom nakom.

Dít is ook my eie troos. Ek dink vandag ver terug na woorde wat die Here my gegee het as opdragte en beloftes vir my lewe en bediening – woorde wat reeds op baie maniere vervul is, maar ander wat nog tot volle verwerkliking moet kom. Vertroetel dié woorde in jou eie lewe, en bid soos die Psalmis dat God sy woorde aan jou altyd sal onthou.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda