Skip to main content

1 Kronieke 27

Dawid en die leiers in sy diens

Hierdie hoofstuk beskryf vier groepe leiers wat in Dawid se diens was. Dit was die leëraanvoerders uit die familiehoofde (vers 1-15), die stamhoofde van die verskillende stamme (vers 16-24), die opsigters oor Dawid se uitgebreide besittings (vers 25-31) en al sy raadgewers (vers 32-34).

Hulle verantwoordelikhede gee ons ’n kykie in die groei van die koninkryk van Dawid en sy finesse met die administrasie en bestuur daarvan. Dit wys ook dat daar nie ’n waterdigte skeiding was tussen godsdiens en die staat nie.

Teks en konteks

Die leëraanvoerders uit die familiehoofde

Vir elke maand van die jaar het elkeen van die 12 leëraanvoerders wat uit die familiehoofde gekies is, opeenvolgend ’n beurt gekry om diens te doen as hoof van die ander leëraanvoerders. Die rotasiebeleid was ’n wyse besluit om inkoop van al die leiers te kry en die verantwoordelikhede só te verdeel dat die leiers ook hulle ander verantwoordelikhede kon nakom. Hulle is gekies uit die aanvoerders van duisend en honderd sowel as die toesighoudende amptenare in diens van die koning, die meeste van hulle uit die lys van Dawid se dapper helde.

Die stamhoofde

Die beheer van die Israelitiese stamme was in die hande van 13 manne, met die Aäroniete wat hier apart gelys is saam met die stam van Levi, en Josef se nageslag waarvan hier drie groepe genoem word, Efraim en die twee halwe stamme van Manasse. Interessant genoeg word Gad en Aser nie genoem nie. Die verwysing na die mislukte sensus is ook interessant, want ’n mens kry die indruk dat Joab so tussen die lyne daarvoor verkwalik word, eerder as Dawid, soos in hoofstuk 21.

Die opsigters oor Dawid se besittings

Drie kategorieë opsigters (12) word genoem wat al vir Dawid se besittings verantwoordelik was:

  1. die opsigters (2) oor die koning se skatte op die platteland, in die stede, dorpe en vestings (vers 25),
  2. die opsigters (5) oor die koning se landbou bedrywighede: arbeiders, wingerde, wynvoorrade, olywe, wildevye en olievoorrade (vers 26-28) en
  3. die opsigters (5) oor die koning se lewende hawe bedrywighede: vee, kamele, donkies en kleinvee (vers 29-31). Let op dat twee van die nageslag van Ismael onder dié opsigters tel: die Ismaeliet Obil en die Hagareër Jasis. Hulle was bekend as ’n nomadiese volk wat goed geweet het hoe om kamele en kleinvee te bestuur.

Dawid se raadgewers

Laaste maar nie die minste nie word Dawid se verskeidenheid raadgewers gelys wat nie net vir Dawid geadviseer het nie, maar ook vir die opvoeding van sy kinders verantwoordelik was. Ook Gusai as Dawid se vriend word genoem en Joab sy leërhoof.

Boodskap en betekenis

Hierdie hoofstuk gee ‘n mens ‘n goeie kykie na die wyse waarop die sekulêre sfeer, soos die geestelike sfeer, onder beheer van die koning was. Hierdie leiers is ook die beste voorbeelde van betroubare Jode wat die volk op alle vlakke kon dien.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…