Obadja
Hoe om die Bybelboek te lees
Die Bybel moet ons lewe vorm. Daarvoor is dit nodig dat ons leer om die Bybel te leef terwyl ons dit lees. Daardeur hoor ons die stem van God in die Bybel, leer ons hoe om Jesus prakties te volg, en skryf die Gees ons in God se verhaal met die wêreld in.
Een van die maniere wat gelowiges deur die eeue gebruik het om die Bybel só te lees, dat dit jou lewe beïnvloed, jou transformeer, is Lectio Divina, geestelike of goddelike lees.
Gebruik die volgende metode om hierdie Bybelboek deur te werk:
RUS
- Raak stil. Dink na oor wat die afgelope 24 uur gebeur het. Dank God vir die goeie. Gee vir Hom die slegte.
HOOR
- Lees die gedeelte in die Bybel soos dit aangetoon word. Fokus op wat jou tref.
- Lees my bydrae oor die gedeelte.
- Kies een gedagte wat jou tref en dink daaroor na. Dink veral oor die praktiese betekenis daarvan vir jou.
- Antwoord die Here in gebed.
- Geniet ‘n paar oomblikke die teenwoordigheid van die Here sonder woorde.
LEEF
- Besluit op ‘n praktiese manier om op God se woord aan jou te reageer.
View all posts in this series
- Obadja – God straf verwaandheid en afsydigheid - February 25, 2015
- Ek eis barmhartigheid, selfs wanneer ek oordeel - August 2, 2020
Carine Pretoruis
As jy die boek lees met jou geestelike oë eñ ore oop, dan besef jy die diepe ereñstige waarskuwiñg wat God gee. Om dinge van Hom te hoor en af te gee, is ñ Godelike gawe wat God uit Sy onverdiende genadegenade aan jou skenk. Moenie hoogmoedig raak nie. God haat hoogmoed. Jy is net die spreukbuis. Moenie die eer wil vat ñie. Hē eerder ñ”servañtwood mentalty”.