Skip to main content

Titus 2

Gesonde leer verseker die praktiese toepassing van geloof

Paulus begin die hoofstuk met die klem op die gesonde leer (hugiainoo didaskalia).  Hiermee bedoel hy nie soseer die sistematisering van die Christelike geloof wat ‘n mens aan ‘n kweekskool of universiteit sou leer nie, maar eerder die praktiese toepassing van die geloof, waarin hulle deur Paulus onderrig is.  ‘n Mens sou ook daarvan as dissipelskap kon praat, as’t ware die praktiese implikasies van jou geloof in Jesus Christus.

Let op hoe hy hierdie praktiese toepassing van die geloof uitspel vir dieselfde groepe as wat hy in 1 Timoteus 5:1-2 en 6:1-2 ook genoem het: ouer mans, ouer vroue, jonger vroue, jonger mans en slawe.  Die geloof moet dus praktiese gestalte kry in ‘n verskeidenheid van sosiale groeperinge.

Teks en konteks

Paulus roep almal op om nugter (van gedagte) te wees, waardig te lewe (eerbaar en respekvol), en verstandig (selfbeheers) sowel as gesond in geloof, liefde en standvastigheid.

Dit geld mans sowel as vrouens, want hulle moet leef soos dit heiliges betaam. Die vroue moet ook nie kwaadpraters wees, of verslaaf aan wyn nie, maar (let op!) moet onderrig kan gee in wat goed is sodat hulle die jong vroue kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, sodat die woord van God nie belaster word nie.

Titus moet self in alles ‘n voorbeeld vir hulle wees deur goeie dade, onvervalste leer en gesonde en onaanvegbare prediking. Niemand moet kan uitwys dat hy nie in alles ooreenstem met die waarheid nie.

Selfs die slawe word opgeroep om betroubaar in alles te wees, sodat hulle in alles die leer van God, ons Verlosser, aantreklik maak.

Dit is duidelik dat Paulus se motivering vir hierdie opdrag lê in die impak wat dit sal hê op mense wat nog buite die gemeente staan. Só verskyn die verlossende genade van God aan alle mense sodat hulle ook soos die gelowiges sal kies om godvresend te leef en die goddeloosheid te verwerp.

Let ook op hoe Paulus – weereens soos hy in 1 Timoteus geskrywe het – ‘n verdere motivering vir hierdie opdrag gee deur na God se werk in die verlede te wys, sowel as na wat in die toekoms vir ons wag.  God se doel met ons is om ons van alle ongeregtigheid vry te maak, van ons sonde te reinig, sodat ons nie net aan sy volk kan behoort nie, maar ook ywerig sal wees om die goeie te doen.

Praat oor hierdie sake, sê Paulus, met volle gesag, bemoedig en wys tereg. Moenie dat iemand op jou neersien nie.

Boodskap en betekenis

Paulus beklemtoon hier dat die gesonde leer nie blote kennis is nie, maar die praktiese toepassing van die geloof. Paulus wys hoe dissipelskap sigbaar moet word in die alledaagse lewe van alle groepe in die gemeente: ouer mans, ouer vroue, jonger mans en vroue, en selfs slawe. Elke gelowige se lewe moet die Evangelie geloofwaardig maak.

Die fokus val op nugterheid in gedagtes, waardigheid en selfbeheersing in lewenstyl, liefde en betroubaarheid in die geloofslewe. Vroue word aangemoedig om ander te onderrig in wat goed is, en Titus self moet ’n voorbeeld wees in woord en daad. Só word die leer van God aantreklik vir buitestanders.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronologiese Bybelleesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda